Hermanus-walvisfees gekanselleer

(Foto: Hermanus-walvisfees/Facebook)

Die organiseerders van die hoogs verwagte 32ste Hermanus-walvisfees het Donderdag aangekondig dat die fees vir dié jaar gekanselleer is. Die fees sou die komende naweek plaasgevind het.

“Die besluit is geneem ná sorgvuldige oorweging en ʼn vergadering vanoggend met die Overstrand-munisipaliteit se geleentheidspan en burgemeester,” lui ʼn verklaring. “ʼn Volledige risiko-assessering is gedoen insluitend die waterkwessie en ʼn evaluering van die moontlike impak op openbare gesondheid en veiligheid.”

Tydens die vergadering het beamptes die organiseerders in kennis gestel dat die gebied nou ʼn rampgebied is. “Tesame met ʼn assessering van alle veranderlikes, het ons die besluit geneem om die fees te kanselleer.”

Die organiseerders sê die gesondheid en welstand van sy besoekers, rolspelers, stalletjiehouers en vrywilligers geniet die hoogste prioriteit. “Gegewe die voortgesette uitdagings en onsekerhede wat betref die nadraai van die Kaapse storm die afgelope naweek, glo ons dit is die verantwoordelike en wyse besluit om die Hermanus-walvisfees dié jaar te kanselleer.”

Die organiseerders het onderneem om die gemeenskap op hoogte te hou van enige toekomstige planne vir die walvisfees. Besoek die webwerf www.hermanuswhalefestival.co.za of stuur ʼn e-pos aan [email protected] vir enige navrae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Ag, George, trek dan Gauteng-êleng-êleng toe as jy dink dit gaan so sleg in die Wes-Kaap.

Bolandse Nooi ·

Dis eenvoudige logika. ‘n Dorp wat op die nippertjie-na byna weggespoel het slegs 4 dae gelede, kan onmoontlik die veiligheid van besoekers aan die dorp a.g.v. normale toegangsroetes, herstel (en veiligheid!) van watertoevoer en behoorlike behuising vir besoekers verseker.

Duck ·

Aag nee man! Ek hoop julle het alle pogings aangewend om die walvisse ook in te lig, hul moet nou van vèr af swem om uit te vind die fees is af…sad!

Karoo ·

Na 31 suksesvolle jare is dit natuurlik ‘n terleursteling vir besoekers, maar meer ongerief vir die wie daar woon en wat sukkel met infrastuktuur. Gelukkig weet die walvisse van niks en die hele kus tot en met Mosselbaai is hulle oral te sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.