Herrie oor entstofvereiste vir huurders

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Herrie woed nadat die maatskappy Bondev ʼn brief aan ʼn groep huurders in Gauteng gestuur het wat lui dat hulle huurkontrakte opgeskort sal word indien hulle nie teen 31 Augustus teen Covid-19 ingeënt is nie.

Die brief is vroeër vandeesmaand aan huurders van Midstream Barracks in Midrand gestuur. Dit lees dat die huurders se gesondheid en veiligheid belangrik is en dat Covid-19 mense geleer het dat indien een mens siek word, ander ook vinnig geraak kan word, veral wanneer hulle na aan mekaar woon.

“Dit is bewys dat die entstof ʼn positiewe manier is om die gevaar te verminder om óf baie siek weens Covid-19 te word óf die alternatief, om dit verder te versprei.

“Om die Covid-19-risiko te bestuur is besluit dat almal wat in die barakke wil aanbly, teen 31 Augustus 2021 ingeënt moet wees,” lui die skrywe.

Dit lui voorts hoewel dit mense se keuse bly of hulle die entstof wil ontvang of nie, die besluit om dit nié te ontvang nie, die onderneming geen ander keuse laat as om die huurder se kontrak op te skort nie.

Die brief is reeds op 9 Julie deur Willem Zeederberg uitgestuur. Dit is die afgelope paar dae op sosialemediaplatforms gedeel en het groot woede veroorsaak.

Maroela Media het ʼn navraag aan Zeederberg oor die motivering vir die brief gestuur en sal die maatskappy se reaksie bywerk sodra dit ontvang word.

Hendrik van Staden, ʼn Pretoriase advokaat, sê dit is belangrik om te kyk wat in die huurkontrak tussen die verhuurder en huurder staan. Hy waarsku egter dat ʼn verandering nie eensydig aangebring of afgedwing kan word nie.

Van Staden sê dit is hierdie stadium ook nie verpligtend ingevolge wetgewing om die Covid-19-entstof te ontvang nie en dat die vereiste op sigwaarde waarskynlik op verskeie gronde in die hof betwis sou kon word.

“Jy kan nie eens strafregtelik daarvoor aangekla word nie.”

Volgens hom is daar verskeie redes waarom mense verkies om nie teen die koronavirus ingeënt te word nie. Dit sluit in geloofsgronde en onderliggende siektetoestande.

Van Staden sê sekere artikels in die Grondwet, die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, die Wet op Arbeidsverhoudinge en die Wet op Beroepsveiligheid en -gesondheid beskerm mense wat verkies om nie die entstof te ontvang nie se regte.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof by Solidariteit, het vroeër ook gesê ʼn kernbeginsel wat nie ondermyn mag word nie, is vryheid van keuse en dat elke mens die reg op liggaamlike integriteit het.

“Geen regering en geen werkgewer mag iemand verplig om ingeënt te word nie,” het Hermann gesê.

Van Staden stem saam en meen ook dit sal aangevoer kan word dat daar inbreuk op dié reg op liggaamlike integriteit gemaak word indien ʼn werkgewer iemand byvoorbeeld probeer dwing om ingeënt te word.

“Ek dink nie hulle sal hiermee in die hof slaag nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Pierre ·

Baie teenstrydige wette hang maar net af van watse kant daarna gekyk word.

Robert ·

Die brief druis in op die huurders se basiese grondwetlike regte, totaal onanvaarbar.

VaalDonkie ·

Inspuitings keer nie dat jy ander kan aansteek nie. Wens die mense wil dit deur hulle digte koppe kry. En dit wys jou net hoe gretig sekere magsbeheptes is om te wil septer swaai in hulle klein koninkrykies.

Anoniem ·

Miskien moet jy bietjie oplees oor inentings, dit is nie onmoontlik nie maar hoogs onwaarskeinlik dat jy iemand sal aansteek

Jessey ·

Bly steeds elkeen se vrye keuse, indien daar toegegee word vir als, gaan almal soos skapies optree. Wat ‘n wonderlike wereld sal dit tog nie wees nie, veral vir die Politikuste wat net reels sal maak soos hulle lus kry

Leah ·

Ai ek wens mense wil dit in hulle gedigte koppe kry dat die verskil tussen mense wat die inenting kry en COVID opdoen en die wat nie die inenting kry en COVID opdoen soveel anders is. Niemand het ooit gese dat jy 100% immuun gaan wees teen COVID na die inenting nie, dit verminder net jou kans om in die hospitaal of ICU te beland. Ek sal graag wil weet Vaal Donkie of jy die inenting teen polio gekry het as kind en wanneer laas een van jou naasbestaandes polio gehad het?

Vlooitjie ·

Die covid inenting en die polio inentings is totaal en al verskillend. Gaan lees daaroor.

Charles ·

As jy vir polio ingeent is kry jy dit nie, is dit vir jou duidelik genoeg.

VaalDonkie ·

Leah, ek het al my inentings gekry wat op die staat se kaartjie staan. Maar ek het met COVID sommer die middelman ge-baaipaas en COVID direk opgedoen op die boeremanier: ek het dit by ‘n persoon aagesteek. Ek het nie eens nodig gehad om te registreer of om verlof aansoek te doen nie. Ek het dit sommer in my vrye tyd in Hermanus opgetel.

Maar dit daar gelaat. die nie-vaksiene keer nie dat jy ander mense kan aansteek nie, so dis onsinnig om dit ‘n vereiste te maak. Niemand is in ekstra gevaar nie behalwe jy self.

MakersMark ·

Kyk hoeveel afduime kry ‘n perfekte korrekte en logiese aanmerking. Hier is maar ‘n tipe……

Michael ·

Polio en covid inentings is 2 verskillende goed-gaan lees asb daaroor na voordat jy oningeligde opmerkings maak.

Kaptein67 ·

Hierdie Willempie Zeederberg gaan nou ‘n klomp mensies mos omkrap… sal graag wil hoor hoe hy uit die een gaan kom. Of is hy weer verplig om dit te doen agv eienaar of aandeelhouers…

Natasha ·

Dis net ‘n kwessie van tyd voor SA in Frankryk en China se voetspore gaan volg…

MakersMark ·

Ek ook. Wetenskap en logika sal middeleeuse bygelowe uitskop.

SjN ·

Stem saam dat dit elkeen se eie keuse is, as die huurders nie instem nie dan kan hul mos trek, dis hul keuse, so maklik soos dit.

Leah ·

Stem saam! As n mens ‘n keuse kan maak oor ‘n vaccine kan mens mos vir hulle ‘n keuse gee om te bly of te ry ook is dit nie?

Robert ·

Verkeerd Koos. Die grondwet beskerm JUIS indiwiduele se regte in die verband.

Anoniem ·

Dit is hoekom daar wette is om die groep se regte te beskerm. Anders kon elkeen maar sy eie ding doen.

Drico ·

Ek wens die mense wat die inenting gekry het wil asb tog nou ook ophou met kerm. Dit was jou keuse om hom te kry en dis n ander se keuse om hom nie te kry nie. Jy is mos nou gewaarborg dat jy nie so ernstig siek gaan word na die inenting nie, so wat is jou probleem? Dink jy nou vir een simpel oomblik, dat as almal ingeent is niemand ooit weer covid gaan kry nie? Die regering het van die begin af beoog om net 65% van die bevolking in SA die inenting te gee. So wat gaan julle maak, die ander 35% uit die land jaag, dood maak of in n konsentrasiekamp plaas? Ten spyte daarvan dat jy ingeent is, is jy nogsteeds verplig om jou maskertjie te dra en jou handjies te was en afstand te hou.

Leatitia ·

Ek wens die mense wat nie die inenting wil kry nie, hou ook op kerm. Liewe aarde!!!

LANA is ELANè ·

En om te dink ek bly hier in dieselfde landgoed. Wie is hy om te dink hy kan mense forseer om dit te neem, is dit nou skielik ‘n Nazi Kamp waarin hy beheer vat oor elke persoon se reg tot vrye keuse tov jou eie liggaam?
Wat is die verskil tussen ‘n oningeënte eienaar en ‘n oningeënte huurder, hy lei aan “klas~siekte” deur te dink covid raak net huurders as dit by verspreiding vd ding kom…. Belaglik is nie eens die woord hier nie.

Elinette ·

Ons stuur al hoe meer af op ‘n kommunistiese staat waar die regering vir jou in ALLES voorskryf. Hierdie is maar die beginpunt. Ek voorsien dat ons weldra iets soos ‘n inentingsplakker op ons ID-dokumentasie of paspoorte sal moet dra, amper soos geelkoors-inenting.

Robert ·

Destyds met HIV het mense dieselfde standpunt ingeneem as die wonderlike agentskap… toe kry die klomp op hulle herrie aangesien dit ‘n gruwelike skending van menseregte is om op grond van gesondheid status teen iemand te diskrimineer.

Danie ·

I like! Dis jou reg om te spuit of nie. Dis ook die eienaar se reg om die wat wel gespuit het veilig te probeer hou sover dit in sy vermoee is. So gaan al hoe meer mense wat wel gespuit word voordele kan geniet wat die ander wat niks omgee vir ander nie kan geniet nie.

Hendrik ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie! Ek mag nie die entstof neem nie agv sekere bestandele en ook ander redes. So om te beweer ek gee nie om vir ander nie is verregaande!

Cherokee ·

Jy’s heeltemal reg Danie. Rede vir jou om te like, sê jy. Die wat nie geënt is nie, sal nie kan winkels toe gaan om te koop, of werk om geld te verdien nie. Die wat geënt is, sal daardie voordele hê. En hulle sal ‘n merk moet dra om te bewys dat hulle geënt is. Skrikwekkend as jy dit vergelyk met wat Johannes mees as 2000 jaar gelede geskryf het, nê!

Duck ·

En die 4 de vlaag is oppad, kyk maar na die US en ander lande

Anoniem ·

Daardie lande se hospitalisasie is laer omdat mense ingeënt is. In Amerika is 97% van die hospitalisasies mense wat nie ingeënt is nie

Spook ·

Wat is volgende? Jou dwing om ‘n griepinspuiting ook te kry? Is jou Ebola en geelkoors op datum? In het jy al pampoentjies of ingroei toonnaels gehad. Waterpokkies?
Dit raak nou belaglik.

M.P. ·

Ek en my man is ook nie n keuse gegee om te gaan vir die inenting nie. Ons is mondelings gesê ons moet gaan en dan het die werk ons gerigstreer vir die inenting. Daar is gesê of ons kry die inenting ons ons verloor ons werk. As ek my werk verloor dan verloor ek my behuising als. En hoe sorg ek dan vir my 2 kinders. En is ook gesê as ons dit probeer teenstaan kan ons maar ook gaan. Baie ongelukkig oor dat werkers gedwing word.

MakersMark ·

Hele wêreld sal aanbeweeg. Uiteindelik sal meeste die inenting kry, en die wat weier gaan nie openbare plekke kan besoek nie. En 100% korrek. As na al die jammer stories en sameswerings teorieë geluister is bly ongeente individue “variant fabrieke” wat almal om hul in gevaar stel. Sien uit dat die “entingspaspoort” in werking kom.

Wonder ·

Ek het ook giregistreer vir vaccine, maar met die wat ek gelees het van hoeveel mense oorlede is na die vaccine gaan ek nie meer gaan nie, ek het ook gedink dit is die selfde as polio ens vavinne, maar ja ek sal maar rusting wag tot hull die ding lank genoeg getoets het… Ek waag eerder my kans met Covid, dank Vader ek het dit nig Nie gehad nie…

Ria ·

Wat het nou geword van die belofte dat niemand gedwing mag word om ingeënt te word nie

Belinda ·

Nou waar is die mense-regte? hul se jy is nie verplig nie ens maar tog wil hul jou forseer om die inenting te neem? Hoe is dit wettig as dit jou “human-right”is…???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.