Hier is die 30 dorpe en stede waarheen Afrikaners trek

connie-mulder-en-flip-buys-tweede-groot-trek

Connie Mulder, hoof van die SNI, en Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, antwoord vrae oor ‘n verslag wat verduidelik waarheen Afrikaners trek. Foto: Reint Dykema.

  • Die volledige lys van 30 dorpe waarheen Afrikaners tans verhuis is onder aan hierdie berig geplaas.

Twee uit elke vyf Afrikaners bly in Gauteng en dit sal so bly tot 2031. Intussen is daar ʼn bevolkingsverskuiwing onder Afrikaners vanaf ongeveer 300 dorpe oor die land heen na sowat 30 dorpe en stede. Dié verskuiwing neem bykans die vorm van ʼn hedendaagse “Groot Trek” aan.

Dit is die gevolgtrekking waartoe ʼn omvattende bevolkingstudie kom wat die afgelope twee jaar deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) onderneem is. Die volledige navorsingsverslag oor waarheen Afrikaners deesdae in Suid-Afrika trek, is Woensdag in Centurion bekendgemaak en volg op ʼn vorige bevolkingstudie wat in Augustus deur die SNI bekendgestel is.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, is Afrikaners se uitdaging nie hul getalle nie, maar veel eerder hul yl verspreiding.

“Hierdie yl verspreiding gee daartoe aanleiding dat Afrikaners byna orals in die noorde van die land ʼn minderheid met dieselfde probleme is. Hierdie studie toon dat ʼn natuurlike konsentrasieproses aan die gang is, met mense wat vanself begin konsentreer op ‘ankerdorpe’ wat aan sekere maatstawwe vir volhoubaarheid voldoen,” sê Buys.

“Hoewel dit kommerwekkend is dat die meeste kleiner dorpe in die land so agteruitgaan dat mense die dorpe verlaat, maak die groter konsentrasie op hierdie 30 plekke beter dienste en groter getalle vir byvoorbeeld die daarstelling en bedryf van Afrikaanse skole moontlik en meer volhoubaar. Die voordeel is dat meer as 80% van die bykans 500 000 lede van die Solidariteit Beweging in en om hierdie ankerdorpe woon en werk.”

connie-mulder-tweede-groottrek

Mulder verduidelik die metodologie wat gebruik is om die bevolkingstudie te doen. Foto: Danie Brink/Twitter.com

Dienste aan kleiner dorpe

Buys sê die grootste uitdaging vir die Solidariteit Beweging is die onmoontlike taak om “staatsdienste” landwyd sonder staatsinkomste en ʼn doeltreffende staatsdiens te lewer.

“Ledeorganisasies van ons beweging, soos AfriForum en die Helpende Hand, word daagliks genader om te help met munisipale, maatskaplike, veiligheids-, opvoedkundige en ander dienste aan die gemeenskap. Die behoefte kan toegeskryf word aan die verswakking en selfs die verval van die staat se dienste op talle plekke in die land.

“As toekomsgerigte organisasie bied hierdie navorsing vir ons riglyne oor waar ons gemeenskapsdienste kan konsentreer om dit meer volhoubaar en kostedoeltreffend te maak. Weens die toenemende druk op Afrikaans en Afrikaners in die openbare sfeer, is dit onafwendbaar dat die vestiging van burgerlike alternatiewe nodig gaan wees. Hierdie studie gaan ons lei om te weet waar ons moet belê in die toekoms,” benadruk Buys.

Hy voeg by dat ʼn konsentrasiestrategie die beweging ook in staat stel om noodsaaklike dienste vanaf die onderskeie ankerdorpe te lewer aan mense wat in die omliggende kleiner dorpies woon.

“Dit is insiggewend dat feitlik die hele land binne twee uur se ry vanaf die naaste ankerdorp geleë is. Dit sal die verlening van bystand aansienlik makliker maak.”

demografiese-verslag-kaapstad-statistiek

Die demografiese verslag het gekyk na waar Afrikaners in Kaapstad woon. Foto: Reint Dykema.

Raadplegingsproses

Volgens Connie Mulder, hoof van die SNI, is demografie en migrasie ʼn wisselvallige veld wat deurlopend kan verander.

“Die ankerpunte wat deur die SNI bekendgemaak is, kan dus nie as finaal beskou word nie. Dit dien slegs as ʼn begin; ʼn bloudruk vir moontlike ankerpunte waar ons as beweging kan belê ten einde ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms vir die volgende geslagte te verseker,” sê Mulder.

Dit blyk dat die ankerdorpe mense trek vanweë die betreklike groter veiligheid, beter munisipale dienste, onderwys, gesondheid-, ekonomiese en kulturele dienste wat dit bied. Groter konsentrasies verskaf die ekonomie van skaal om hierdie dienste op ʼn privaat- of gemeenskapsbasis te kan aanbied.

Barend Uys, adjunk- uitvoerende hoof van gemeenskapsake by AfriForum, sê dat die bevinding van die navorsing gedurende die volgende paar maande met AfriForum-takke landwyd bespreek gaan word om seker te maak dat aandag aan alle tersaaklike faktore gegee word.

“Ná hierdie raadplegingsproses sal ons in staat wees om die lys van ankerdorpe te finaliseer. Dit sal ons ook in staat stel om te bepaal watter dienste op watter dorpe benodig en moontlik gelewer kan word, en hoe die ankerdorpe ondersteuning aan inwoners van die kleiner dorpe sal moet kan bied. AfriForum gaan natuurlik volstoom voort om bestaande werklikhede op grondvlak positief te beïnvloed waar ons ook al takke het.”

Buys het verder bevestig dat die Solidariteit Beweging druk besig is om te werk aan tasbare planne wat hulle kan uitvoer ten einde hierdie migrasiestrome te ondersteun en in volhoubare ankerpunte te versterk.

“Ons gaan in Februarie aanstaande jaar ʼn groot beraad oor die aangeleentheid hou. Heelwat meer besonderhede oor watter dienste op watter ankerdorpe aangebied gaan word, sal dan aangekondig word. Ons sal dan ook aandui hoe die Solidariteit Beweging se beleggingsmaatskappy in ankerdorpe gaan belê en hoe so ʼn ankerdorp daaruit gaan sien.”

Hy meen volhoubare dorpe en stede sal terselfdertyd ook ʼn raamwerk bied wat met die regering en ander gemeenskappe bespreek kan word om samewerking tussen almal in die land te verbeter.

“Die moontlikheid bestaan ook dat daar met die regering onderhandel kan word om binne die raamwerk van bestaande munisipale en ander wetgewing, wat voorsiening maak vir spesiale ekonomiese sones, die ontwikkeling van die ankerdorpe as ontwikkelingspunte te beding en te versnel. Planne om buitelandse beleggings vir hierdie ankerdorpe en vir noodsaaklike dienslewering op die dorpe te verkry, gaan ook bekendgemaak word.”

• Lees die volledige navorsingsverslag.

ankerdorpe-en-punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

65 Kommentare

Eish ·

Ek is mateloos dankbaar vir die 4 Vrystaatse areas! Nou hoef ek nie te trek nie. Kan nie wag om my gewig in te gooi nie! Hier was twee jaar laas n Afriforum tak!

Faan ·

Eish, as die mense in die dorpe nie aktief help opbou nie, gaan jul dorp ook verval. Die verslag maak dit duidelik dat aktiewe betrokkenheid die deurslag gee, en nie ‘n naamlys van dorpe nie. As mense nie eers ‘n tak wil stig nie, moet jy eerder betyds trek.

Sarel van Orania ·

Ons sal n volkstaat kry sodra genoeg mense die sin van Afrikaner arbeid verstaan en op grootskaal in Orania en omliggende omgewing belê. ‘n Volkstaat word los gewerk, nie net eensydig geëis nie. Israel dien as voorbeeld.

…niks groter offer as immigrasie nie, maar skynbaar soveel moeiliker.

Willie ·

Leon, nee- jy gaan ongelukkig nie ‘n volkstaat kry nie, want daar bestaan nie een wat net ‘gegee’ kan word nie. Afrikaners het nie ‘n natuurlike ‘Skotland’ wat gegee, gevat, geskiet, gepraat of gestem kan word nie. Diegene wat een wil hê, sal dit moet ontwikkel in ‘n gebied waar die demografie volhoubare meerderheidsbesetting moontlik maak. Luister maar mooi na wat Sarel hier skryf, en weeg die alternatiewe op.

Estelle ·

Hoe strategies veilig kan ñ volkstaat wees? Almal gesentraliseer in 1 area, dit vat 1 goed beplande aanval en almal is in hul kas in.

Marianne Lotter ·

Dis nou so interressant! Ek is n omroeper by LuisterFM 90.6, n Afrikaanse gemeenskapsradio in Port Elizabeth. Ons luisteraarsgetal groei daagliks!

Randburger ·

En wat van Randburg i.e. Linden en omgewing? ons sit met 6 Afrikaanse laerskole en 2 Afrikaanse hoërskole. Lyk my hierdie lys kort hersiening

CG ·

Laat asb. Orania buite rekening vir die doel van my kommentaar hieronder. Die bevinding is dat van 2011 tot 2031 die Afrikaners in die groeipunte met 3% gaan groei – dit is niks meer as normale verstedeliking wat by alle bevolkingsgroepe voorkom nie. In werklike getalle gaan die Afrikaners in die groeipunte feitlik onveranderd bly. Dit terwyl ander groepe se werklike getalle baie vinnig groei. Die Afrikaners is die minderheid in hierdie groeipunte en word elke dag ‘n kleiner minderheid. Tog is dit Solidariteit se reddingplan om die Afrikaner in hierdie plekke te “red”. Ons sal baie vinnig na ander organisasies moet soek wat meer ‘n meer sinvolle reddingsplan het.

Hendrik ·

CG ek het tot dieselfde gevolgtrekking gekom. Ek voel dat op ‘n staduim moet ons klein dorpies ontruim moet word van Afrikaner (as hul wil) en dan in nuwe dorpe plaas wat ons self ontwikkel het, buite bestaande dorpe. (Soos Orania en ander bekende afrikaner ontwikkelde gebied) . Die wet laat dit toe en is gebasseer op die aandeleblokskema maatskappy met gerigistreerde titelaktes by akte kantoor. Enige plaas kan ontwikkel word in ‘n dorp. Ons het al die vaardighede vanaf stadsbeplanners, bou industrie ens om dit te doen. Wit arbeiders moet opgelei word om hierdie ontwikkeling te doen. Soos Sarel van Orania noem word so area los gewerk en nie gekry by die regering nie. Miskien is die Solidariteits beweging nie die regete organisasie om hierdie ontwikkeling te dryf nie. (Ek is lid) In elke gebied moet die afrikanermense hul hande opsteek en dit self begin doen. Ek weet, ons doen dit , dit werk en ons bly nie in die Noord Kaap nie..

MTSteyn ·

Korrek opgesom. Ek waardeer Soli-forum se goeie werk, en boer-maak-‘n-plan benadering, en dan veral in die laaste 2 jaar, hul nuutgevonde onverskrokkenheid, maar om die reddingsboei uit te goo na Afrikaners in ‘n groter-wordende see (lees die groeipunte en stede wat ALLE SAners gaan trek), is nie ‘n doeltreffende oplossing nie.

Terloops, hoe lyk Afrikanergetalle in die volgende groeipunte? Sydney, Perth, Melbourne, Auckland (NZ), Londen, Amsterdam, Brussel, New York, Vancouver, ens.? Nou daai sal ‘n interessante vooruitskatting wees!

Reinhardt ·

Stem met MTSteyn. Ek dink dit sal n baie beter oefening wees om te kyk hoe ons getalle in die buiteland lyk.

LouE ·

As mens mooi na die syfers kyk is daar geen duidelike tendens te bespeur nie. Ek dink dit alles sê NIKS.

John ·

Hulle wil sowaar hierdie redenasie onder Afrikaners bemark; ander mense buite hou of ander uitwerk… Ha-ha. Het Rip van Winkel vanoggend eers wakker geskrik. Ek dog so. Koop ‘n slag ‘n koerant vriend, of kyk tv… ja, t… v…

jaco ·

Solidariteit se denkpatroon, beleid, uitsprake ens ens is 99% dieselfde as dié van die Vryheidsfront Plus. Solidariteit het 500 000 lede, maar die VF-Plus kry maar iets soos 170 000 stemme in ‘n algemene verkiesing. Ek weier om te glo dat die ontbrekende 330 000 almal DA stem. Ek vermoed dis eerder ‘n geval van “ons stel nie belang daarin om te stem nie” en “watse verskil sal dit tog maak. So tussen an die gekla deur van hoe” sleg” dit met ons gaan en hoe SA al hoe meer by ‘n afgrond aftuimel, help ons Afrikaners se eie apatie en gebrek aan politieke deelname ook maar lekker ons eie ondergang aan.

Arthur v Vuuren ·

Solidariteit het minder as 200 000 lede, VF+ se ledetal kwyn daagliks en sal beswaarlik ‘n setel wen in 2019. Hul ledetal tans word op minder as 50 000 gereken en hulle sal nie veel meer stemme as dit kan trek nie.

Kapenaar ·

Die bevolkingstudie en die gevolgtrekkings is interessant, maar in die bevindings word heelparty groot dorpe in die voormalige Kaapprovinsie weggelaat. Kan dit wees omdat die ankerpunte uit ’n noordelike beskouing gekies is?
Neem ’n mens die getal NG lidmate op Wes- en Oos-Kaapse dorpe en maal dit met twee – want in die ou Kaapprovinsie is die persentasie NG lidmate van die Afrikaanse bevolking veel hoër as die nagenoeg 30% in die noorde, waar die Hervormde en Gereformeerde Kerk veel sterker is – moet minstens nog 10 “Kaapse” dorpe of groepe dorpe by die lys ingesluit word.
Worcester het 9 000 NG lidmate; dus sowat 18 000 Afrikaners. Gebruik ’n mens dieselfde som, het Oudtshoorn 10 000 Afrikaners, Malmesbury 7 000, Vredenburg/Saldanha/Langebaan 11 600, Hermanus/Onrusrivier 6 800, Wellington 9 600, Stellenbosch 12 800, Mosselbaai/Hartenbos 18 000. Vredendal/Klawer/Lutzville/Vanrhynsdorp 9 000 en Robertson 5 000.
Elders in die land moet Jeffreysbaai/Humansdorp (12 000), Kimberley (14 400), Oos-Londen (7 400), Kroonstad (10 000), Uitenhage/Despatch (12 400) tog sekerlik ook in ag geneem word?
Iets waarvan ook nie in die studie se bevindings melding gemaak word nie, is die “omgekeerde Groot Trek”, waartydens binnelanders die afgelope 30 jaar as ’t ware terugtrek na dorpe en stede binne ’n kusstrook van Vredenburg aan die Weskus tot Jeffreysbaai in die Oos-Kaap en selfs verder tot by Port Alfred.
Dié tendens moet in ag geneem word wanneer Afrikaners se vestigingspatrone bespreek word, want dit versterk Wes- en Oos-Kaapse kusdorpe en verswak dorpe in die binneland.

Op my Seepkis ·

Hierdie “navorsing” resultate is soos n sif.
Dra ook geen water nie. Stem saam met jou. Dan word verwys na Afrikaans sprekendes. Waarom word die sg dan volgens ras aangedui?

stem ·

Kapenaar, ek stem saam. Ek kom baie in noorde en het nog eiendom daar – omtrent elke tweede dorp in die Weskaap is in ‘n beter toestand en het beter skole as van die dorpe op die lys. Hoekom is Worcester en Stellenbosch nie daar nie . Riversdal het een van die beste landbou skole in die land. Hulle groepeer Bela Bela, Nylstroom saam, dan is dit mos nie reg dat hulle dieselfde maak met George/Mosselbaai/Oudtshoorn. Ek hoor heeltyd by my eiendoms agent kennisse van die mense wat na die Weskaap dorpies trek. Dis eindlik ‘n biedjie ‘n klap in die gesig vir hierdie dorpe wat maklik beter bestuur het, veiliger, beter skole, sterk staan in landbou oorgesien word.

Reinhardt ·

Stem saam met jou, seepkis. Weet regtig nie waarom ras van toepassing is nie. Dit dui op n verskuilde agenda. Ek wil nie deel wees van n rasgedrewe beweging nie. Sal maar my donasies moet kanselleer.

Esme ·

Ek sien nie Hartebeespoort op die lys nie. n Munsipaliteit wat onder administrasie is en meer Afrikaners as in Orania wat hier bly, maak ons n goeie kandidaat…

Gerhard ·

Dit gaan oor persentasie van die algehele bevolking nie getalle nie. Dit help nie daar bly 100 000 Afrikaners in ‘n bepaalde gebied maar hulle maak 1% van die bevolking uit nie.

CG ·

Ek verstaan regtig nie. In 16 van die dertig plekke gaan daar volgens die projeksies minder Afrikaners in 2031 wees as in 2011. Met een uitsondering gaan daar reeds in 2021 minder Afrikaners daar woon. Tog word dit as ‘n Groot Trek soontoe beskryf? Glo Solidariteit hulself?

Gerhard ·

Dit is omdat daar ‘n ander plek is waarheen baie meer Afrikaners trek, die groot Oorsee. Sien dit eerder as ‘n alternatief vir die wat oorbly. Ek vermoed hulle kon veel eerder al die dorpe op daardie lys behalwe Orania uitgelos het aangesien die res ‘n mors van tyd is.

Hendrik ·

Onthou dat die Solidariteits Beweging wil he die huidge strukture moet werk. Dus die stadsrade moet werk. Daarmee het ek geen probleem daarmee nie, maar dit kan nie gewaarborg word nie omdat die meerderheid kiesers in die ankerdorpe nog steeds die verkeerde kandidate verkies. Die enigste manier om ‘n meerderheid afrikaner in ‘n dorp te verseker is om nuwe dorpe te ontwikkel op die aandeleblokmaatskappy skema, waarop Orania en Kleinfontein geskoei is. Dit is die nuwe SPLIMA wetgewing waarop dorpe ontwikkel word met omgewingimpakstudie, stadsbeplanning, water, ens. Onthou Afrikaners in elke gebied moet dit self ontwikkel en dit kan naby ankerdorpe ontwikkel word op ‘n wettige manier.

Francois vRvO ·

@Hendrik, Kleinfontein is” the best kept secret” in Gauteng. Selfs Verseker se hulle verseker nie in daardie area nie , wys net hoe “van die grid af” ons is.

LL ·

Dit is goed en wel om die 30 dorpe te identifiseer – alle sukses daarmee. Myns insiens is die langtermyn beter opsie vir Afrikaners om toenemend in die Wes en Noord Kaap te sentreer. Dit gaan oor die handhawing van taal en kultuur (lewenswyse) en godsdiens. Met die bruin mense heel waarskynlik as die senior vennoot – is dit ons beste opsie tot verantwoordelike selfregering en om te ontsnap van die ANC/EFF se korrupsie,verval, uitbuiting, haat en ewige teitering. Stel die ideaal van ”Vrye Kaaplanders” en werk in daardie rigting oor baie jare – miskien dekades ? Dit sal baie en moeilike opofferinge verg. Die alternatief is wat ons nou het – n minderheid verswelg en uitgewerk na die kantlyne van die samelewing.

CJ ·

In die meerderheid van die “ankerpunte” word Afrikaners minder, nie meer nie (volgens die data hier verskaf). Tog word dit beskryf as die dorpe en stede waarheen Afrikaners verhuis. Dit maak glad nie sin nie.

Koeloe ·

Daar word mos nou JUIS ‘n beroep op Afrikaners gedoen om NA DIE PLEKKE toe te beweeg omdat dit besig is om dood te loop, so OF jy het nie die stuk gelees nie OF jy verstaan dit nie..

CJ ·

Koeloe. Ek lees nerens in die stuk dat daar “….’n beroep op Afrikaners gedoen (word) om NA DIE PLEKKE te beweeg…” nie. Jou verbeelding is op hol. dit word wel gestel dat Solidariteit die migrasiepatrone wil ondersteun. Dit beteken dat daar in 16 groeipunte nog minder Afrikaners moet wees, want dit is die huidige migrasiepatroon. Hierdie “plan” is totale onsin!

'n Bok, Amarula en 'n Fontein ·

As hierdie berig gaan oor bevolkingsgroepe lyk dit so in die volgende drie dorpe t.o.v die wit bevolkingsgroep wat inwoners is:

Boknesstrand – 92,1%
Phalaborwa – 56,4%
Yzerfontein – 81,4%

Skaap ·

Stilbaai is ook 92% maar die populasie is 3500 in vergelyking met 300 van Boknesstand.

In elk geval, as julle trek en nie jul lewens keuses verander nie gaan die selfde net weer en weer gebeur. Die massas volg solank ons aanhou werk uitgee, grasny, tuinskoon maak, bouwerk, huiskoonmaker ens. En net omdat jou bure dit doen beteken nie jy maak nie ‘n verskil om self jou gras te sny en wasgoed te was ens. Ons moet entlik ‘n privaat ‘Afri’ werk geleenteheid skep vir die arme of jong afrikaaners.

Poot ·

As ek my hoofrekeninge doen. Dan beteken dit wanneer die bokke op Loftus speel is 10% van Pretoria se inwoners dronk op straat na die game. LOL!!

Leon ·

As ek sien hoe meer en meer en meer huise in die mark kom in Meyerton, dan weet ek nie so mooi hoe die syfers gaan styg nie. En daai huise bly vir laaaaank in die mark.

Francois vRvO ·

Ag nee , ons wag nou al so lank vir hierdie lys , ons het al ons bokse weer begin uitpak.
Maar hierdie syfers maak nie sin nie , of het hulle @Kapenaar se formule gebruik om Afrikaners te kwalifiseer (NG en Herformers maal 2)
Nee wat , Durban ‘n Afrikaner groeipunt ? Nou het ek als gehoor.
Ons kyk vergeefs na Solidariteit vir planne ,Solidariteit is ‘n werkers unie , Afriforum is ‘n menseregte organisasie. Die Vryheids Front is omtrent die naaste organisasie wat eintlik iets kan uitrug , maar hulle het ook nie ons mandaat nie. Nou wat nou ?
Oom Sarel van Orania praat die meeste sin , ons moet daarvoor werk en volkseie arbeid is die sleutel. Daar is genoeg kundigheid onder ons om onsself te regeer , ons moet net hierdie kennis oordra aan ons heug , anders sal ons bekend wees as die laaste ginerasie Afrikaners.

HendrikvKlfn ·

@FrancoisvRvO , janee ek wag ook al lank vir hierdie lys en ek moet se ek is teleurgesteld. Dit is asof die mense naief glo dat die munisiplaiteite gaan regkom. Wie slaan die kitaar en hoe slaan hulle die kitaar? Die meerderheid kiesers sal eenvoudig nie die regte mense kies in die raadsale nie en soos die afgelope 24 jaar ons gewys het word die dienste nie gelewer nie want die mense wat dit doen is nie gekies op meriete nie. Hoekom sal die hele situasie nou anders word in die toekoms?

Hendrik ·

Onthou dat die Solidariteits Beweging wil he die huidge strukture moet werk. Dus die stadsrade moet werk. Daarmee het ek geen probleem daarmee nie, maar dit kan nie gewaarborg word nie omdat die meerderheid kiesers in die ankerdorpe nog steeds die verkeerde kandidate verkies. Die enigste manier om ‘n meerderheid afrikaner in ‘n dorp te verseker is om nuwe dorpe te ontwikkel op die aandeleblokmaatskappy skema, waarop Orania en Kleinfontein geskoei is. Dit is die nuwe SPLIMA wetgewing waarop dorpe ontwikkel word met omgewingimpakstudie, stadsbeplanning, water, ens. Onthou Afrikaners in elke gebied moet dit self ontwikkel en dit kan naby ankerdorpe ontwikkel word op ‘n wettige manier.

Francois vRvO ·

@ Hendrik slaan die spyker op die kop. As Solidariteit maar eerder hierdie twee gebiede teiken en Durban uitlos. Imigrasie is nogsteeds die beste opsie maar vir die wat dit nie kan bekostig nie , moet ons ten minste ‘n veilige toevlug bou , en hoekom moet daar toesteming gevra word om te kan oorleef , bou solank , ons sal die papierwerk later doen.

CG ·

Die kernprobleem met Solidariteit se “bouplanne” is fat hulle wil probeer om met baie beperkte Afrikanerfondse onwikkeling en instandhouding wil doen (regeringsfunksies wil vervang) in gebiede waar die Afrikaner in die minderheid is. Dit is ‘n bodenlose put waarin ons verswelg gaan word. Ek gaan nie dat hulle my baie beperkte bydraetjie so vermors nie. Afrikanerfondse moet gebruik word om Afrikaner belange te dien, met die uiteindelike oogmerk om ons eie onafhanklike staat te bou.

marco polo ·

Julle is seker nie ernstig nie. Om te trek na n plek sodat daar baie Afrikaners is, maar steeds baie meer anderes, maak mos nie sin nie. Ons moet eerder trek na waar ons die meerderheid kan wees en daarvoor is net die Noord en Weskaap realistiese opsies.

Moyepi ·

Dankie! MP jy praat waar.
Nou het die ANC die lys van dorpe so hulle kan op die regte tyd ‘n blink nedersetting daar naby oprig om nog meer siele te versondig…
Kies gebiede nie dorp nie.

Staak saam ·

Ja Jaco, daar is n rede hoekom baie mense en ek is een van hulle nie stem nie.
1) Ek kan verder as 10 tel sonder om my tone en vingers te gebruik.
2) Politiek en die stembus het ons in die gemors in, en as jy dink politiek en stem is die antwoord dan lewe jy in n droom wereld.
3) As jy deelneem aan n verkiesing dan vereenselwig jy jou met die uitkoms van die verkiesing, dit is hoe demokrasie werk.
Die kiesers het gepraat en hulle wou die ANC met alles wat vout is gehad het, nou waarom al die ongelukkigheid van die kiesers, jy kry elke vyf jaar kans om jou politieke verdediging en aanval te loots, die res van die tyd mor julle ook maar lekker saam oor dit waarin julle n hand het.

Derek Meyer ·

Ek weet darem nie. Julle het nie die Roodepoort/Muldersdrift omgewing genoem nie. Daar bly baie meer Afrikaners as in Johannesburg.

Paul ·

Interessant al die kommentare. As mens dan nou wel aan ‘n spesifieke ras moet dink, en iemand hier bo het ook van Israel genoem, waarom is dit so dat Indiërs in eie gebiede saamtrek? Het hulle so ‘n eie kultuur en godsdiens wat hulle in daardie gebiede uitleef, dat ander nie daar pas nie?

Paul ·

En kyk hoe floreer hul besighede in daardie gebiede, in winkelsentrums en tussen die ander besighede.

Soliariteit/Afriforum het julle al daar gaan kersopsteek?

Paul ·

Esté, ek is baie, baie ernstig, dalk moet julle navors waarom dit so is, of is die oorwig teen die Afrikaner dan so groot dat hy geteiken word om sy kultuur en geloof af te breek. Dan vra ek, en die Chinese, as hulle hul die dag hier in SA gaan vestig, gaan dit ook soos die Indiërs wees? Die Chinese in Namibië het dan nou al eie kleuterskole?

Paul ·

Esté, ek sal waardeer as jy my kommentare hier vir Flip Buys kan laat kry.

Cherokee ·

Wat egter vreemd is in dieselfde Indiër-groeperings waarvan jy praat (die grootste groep Indiërs in die hele wêreld buite Indië, woon *soos die kraai vlieg* sowat 15 kilos van hier) is dat hulle lede is van uiteenlopende gelowe. Miskien is dit nie algemene kennis dat daar meer hindus as moslems tussen hulle en vele van hulle is lede van die Christelike geloof.

Kosie Kramer ·

Daar is nie `n suiwer homogene Indiërgroep nie. Party is Hindoes, ander Christene of Moslems. Toe die apartheidsregering `n swembad in Lenasia vir hulle bou, was daar amper oorlog; die verskillende groepe haat mekaar soveel, daar moes drie swembaddens gebou word. Baie kom van Pakistan, en oorleef met die minste. Een groep sal iemand van `n ander groep sien verdrink, maar nie help nie. Die families spog teen mekaar, en elke familie wil meer “shine” vang as die ander. Hulle migreer nou na gebiede soos Oakdene (The Glen winkelsentrum) of Linmeyer, bv.

Johanw ·

Die inisiatief van Solidariteit/Afriforum is ‘n bol strooi. Uit die kommentare is daar darem heelwat denkende Afrikaners. Die enigste oplossing vir misdaad, regstellende aksie, vervalle dienste, volksmoord, en Afrikaner oorlewing is ‘n onafhanklike volkstaat/ Eksterne selfbeskikking/Sesessie. Daar is maniere om daarby uit te kom. Beslis nie met die demografiese studie soos hierbo verduidelik nie en ook met die ongedefinieerde saambou gedagte nie. Ek is nie teen Solidariteit of Afriforum nie maar asseblief.. kry julle prioriteite reg. Is snaaks Flip het nie weer met groot omhaal verduidelik dat ‘n volkstaat nie haalbaar is nie. Ek bevraagteken julle motiewe!

marco polo ·

Ek stem 100% saam met jou. n Volkstaat beteken een gebied waar ons die meerderheid sal wees. Hoe op aarde gaan ons by n volkstaat en selfbeskikking uitkom as ons oral bietjie-bietjie bly in 30 dorpe verspreid oor al die provinsies?

Kallie Grafie ·

Ek sien Meyerton en Sasolburg op die lys; Vereeniging hoort ook daar. Is na 55 jaar in Jhb nou in Vereeniging, en het menige Afrikaners saam sien trek. Weet ook van aantal wat Koppies toe is.

Werner ·

Vanderbijlpark is nie in die lys nie. Volgens die 1992 demografiese statistiek was Vanderbijl op daardie stadium die witste, mees Afrikaanse dorp in die land.

Anita ·

Die demografie van die Afrikaner is al baie lankal ‘n gegewe. Dit is presies die teenoorgestelde van meeste ander in land. Die uitwissing in Tweede Vryheidsoorlog, verstedeliking en aanhang van suiwer materialisme, emigrasie veral sederr 1990’ asook lae profiel oorlog wat voortwoed onder ANC is maar enkele faktore wat bydra tot dalende tendens.
Hoe lank is die ontvolking van die platteland al aan die gang? Van die redes daarvoor is enersyds die dalende demografie van blankes. Andersyds toon res van Afrika dat almal probeer om stede toe te gaan. Onlangse berriggewing toon dat Johannesburg ‘n gewilde bestemming is vir buitelanders sonder die nodige dokumente. Verder is dit ‘n gewilde plek vir sommige om natoe te migreer.
Die punt is; slegs behoorlike wetenskaplike navorsing kan realistiese gegewens op die tafel sit.
Boonop mos dit net die aanry van ‘m paar busvragte vol professionele brandstigtende ontevredenes om enige groeipunt in puin te lê.
Die gemiddelde groep opereer met 4 tot 5 tydens sogenaamde huisrooftogte. Dink net wat ‘n paar busvragte vol professioneles kan verrig.
Sal omtrent voorbereid moet wees op skaal van Bloedrivier.

Kleintoon ·

Hier word baie sinvolle en realistiese kommentaar gelewer; veral Hendrik, Francois vRvO en Anita. Ek het Mulder van Solidariteit se SNI voorheen ook oor die radio gehoor. Hy het niks genoem oor langtermyn aanwaskoerse nie, maar wel genoem dat heelwat Afrikaanses in hul 30’s wat in die buiteland werksaam was, na SA terugkeer om hul kinders hier te laat skoolgaan en vir die kulturele ondervinding. My mening is dat dit ‘n bogpratery en net politiekery is. Langtermynprojeksies dui aan dat die wit bevolkingsgroep ‘n al kleiner minderheid gaan word en in reele terme binne een honderd jaar gaan halveer (as dit nie gouer gaan wees nie). Die totale wit geboortekoers in SA is 1.5; dit moet 2.1 wees om elke geslag te ‘vervang’ of die bestaande bevolkingsgroep in stand te hou. Enigeen met normale logika behoort te sien waarop dit afstuur. Die SNI, soos ook heelwat politici, probeer ons in die duister hou en die werklikheid wegpraat.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.