Hlaudi se appèl teen miljoene slaag nie

Hlaudi Motsoeneng. (Argieffoto: news.iafrica.com)

Die appèlhof het Hlaudi Motsoeneng se aansoek om ʼn bevel van die hooggeregshof in Johannesburg om te keer en daardeur nie R11,5 miljoen aan die SAUK terug te betaal nie, met koste van die hand gewys.

Die betrokke regters het verlede week beslis dat die omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK se aansoek afgekeur word omdat daar geen redelike vooruitsig op sukses in ʼn appèl is nie.

“Daar is ook geen ander rede waarom ʼn appèl aangehoor moet word nie,” lui die bevel.

Motsoeneng probeer al maande lank om die oorspronklike bevel om te keer omdat hy van mening is dat dit “buitensporig” is. Hy het destyds aangevoer dat hy die miljoene rand se sogenaamde suksesbonus verdien het, gegewe sy “buitensporige bydrae” tot die SAUK.

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het Woensdagaand die jongste bevel verwelkom.

“Die bevel het die weg gebaan vir die eenheid om verdere finansiële verliese wat die SAUK gely het weens onwettige en ongeldige besluite te verhaal,” lui die SOE se kort verklaring.

Pres. Cyril Ramaphosa het destyds die SOE gelas om alle bewerings van korrupsie, wanadministrasie, wanpraktyke en onregmatige betalings wat deur die SAUK gemaak is, tesame met die gedrag van sy werknemers te ondersoek en al die finansiële verliese wat gely is te verhaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jack ·

Gee maar terug.Jou soustrein het jou sakke vol gemaak.Kyk waar is die SABC vandag ? Bestaan dit nog ? Kyk iemand nog SABC ?

Strandloper ·

Is dit dan nie die anc norm om swak prestasies te beloon nie?

Nie Verbaas ·

Hy is reg, hy het n buitensporige bydrae gelewer maar ongelukkig tot die ondergang van die SAUK.

Gerhard ·

Betaal boetie betaal…….jy het nie dit verdien nie, die SAUK is ook in sy tjops, soos julle alles opgeneuk het met julle bonusse en korrupsie.

KB ·

Hy het uit die staanspoor geweet dit sal nie slaag nie…hy het net vir tyd gespeel.

Blikke ·

Tyd dat die mannetjie nou behoorlik op sy plek gesit word. “Pay back the money “ – “Pay back the money “!

Nommer 7 ·

Moenie op die stoof bie nie, daar was vuur gemaak in die oond.

Suzette ·

Wys wat sit in die koppie as hy van mening is dat hy so suksesvol is en ‘n buitensporige bydrae gelewer het en dit ‘n bonus regverdig. Daar is ‘n vakuum van oor tot oor.

Di ·

Wat ‘n ARROGANTE skelm!! Hoop hy word in die tronk gestop waar hy hoort. DIE kaders dink mos hulle kan wegkom met alles. Daai gesig spreek boekdele

Lurock ·

Kry vir jou katvis. Pay back the money. Maar of dit ooit sal gebeur is ‘n ope vraag. Hy sal alles in sy vermoeë doen en dit met dieselfde geld beveg en dan uiteindelik bankrotskap pleit. Maar my ma het altyd gesê, al draai die meule stadig hy draai gewis en dit maal deeglik.

Jakkie ·

Wet van Transvaal……………of Stalingrad taktiek met een appèl na die ander, mediese sertifikate ens.ens.ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.