Hoë fases van beurtkrag net tydelik, hoor kabinet

Ntshavheni Khumbudzo (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Ntshavheni Khumbudzo, die minister in die presidensie, sê die kabinet is die versekering gegee dat die huidige hoër fases van beurtkrag nie lank sal duur nie.

Volgens Khumbudzo is daar tydens vandeesweek se kabinetsvergadering gesê dat die hoër fases beurtkrag slegs “op kort termyn” toegepas sal word.

“Die instelling van fase 6-beurtkrag die afgelope week was ʼn insinking vanaf die verbeterings wat in die vorige weke van laer fases beurtkrag geheers het,” het Khumbudzo Donderdag tydens ʼn mediakonferensie gesê.

“Die kabinet is verseker dat die huidige instelling van verhoogde fases van beurtkrag net ʼn korttermynfase is aangesien Eskom voorberei vir meer ondersteuning en verminderde fases van beurtkrag in die nabye toekoms.”

Die opposisieparty bestempel die kabinet se terugvoer as “ʼn verstommende bewys van onverskilligheid oor wat Suid-Afrikaners tans moet deurmaak”.

“As daar ooit ʼn toekenning daarvoor was om die middelvinger in 2023 te wys, sal hierdie beledigende kabinetsverklaring die beker ontvang,” sê Samantha Graham-Maré, die DA se woordvoerder oor elektrisiteit.

Graham-Maré meen Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, het in sy taak misluk, terwyl pres. Cyril Ramaphosa in sy afwesigheid skitter.

“Vandat hy Ramokgopa in die elektrisiteitsportefeulje aangestel het, het Ramaphosa hom heeltemal daaraan onttrek om pogings te lei om ʼn permanente oplossing vir die krisis te vind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Harley Davidson ·

En Chancellor house maak miljoene vir die anc regime en dit is hoekom hulle nie die krag krisis wil uitsorteer nie.

KB ·

Ek wens mens kon dit van die ANC, die minister van elektrieseteit en vele ander probleme sê….”Dit is net tydelik”!????????
(Ons glo julle nie meer nie…loop vang ʼn haan!)

Adri ·

As hulle iets ontken, kan jy maar weet dit kom. Hulle glo in “talk things into being”.

Isobel ·

Hulle lieg sonder om te blik of te bloos en dink ons moet dit glo. Klug man n klug

Koos 100 ·

De Ruiter was weg gejaag omdat beurtkrag verhoog het terwyl hy aan die stuur was. Nou het ons ‘n minister in beheer en beurtkrag word net meer en meer. Wanneer gaan sy kop rol?

Di ·

Geen Afrika land waar hulle aan bewind is, is ‘n sukses nie! Moral of the story? Dink ons almal ken die antwoord hierop

Amelia ·

die ministers is nie gepla of daar fase 1 of 10 beurtkrag is nie hul het krag en water ens wat die belasting betaler betaal mense wat nie eers hul eie klein kragopwekker het nie moet betaal vir hulle sin

Lourens ·

In terme van die heelal se bestaan van ±13 miljard jaar, kan 30 jaar seker as “tydelik” beskou word.

Grassie ·

My voorletters is D R – ek is al baie kere verkeerdelik as “dokter” aangespreek. My standaard antwoord is “Ek is nie ‘n dokter nie, maar dankie dat jy so gedink het.” Ek kan nou maar aan hierdie alwyse madam sê “Ag foeitog, maar dankie dat jy so gedink het.”

Chris ·

Tyd dat die Minister van Nie-elektrisiteit saam met die ANC regering in die pad gesteek word!

anko ·

reeds meer permanent as tydelik. Kyk hoe lyk ander entiteite lankal permanent

Surfer ·

Net tydelik vir die volgende 5 jaar tot daar niks is nie. Julle is hopeloos.

Andries ·

Ons het nie meer ‘n minister van elektrisiteit nie, dis nou die minister van beurtkrag!

JohanR ·

Ntshavheni Khumbudzo, die minister in die presidensie – nog ‘n intelligente kader!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.