Hof hoor oor grondwetlikheid van Rampbestuurswet

Argieffoto (Foto: congerdesign/Pixabay)

Die VF Plus sal Vrydag virtueel in die hof verskyn om die geldigheid van die Nasionale Rampbestuurswet te betwis en aan te voer dat die regering dié wet misbruik te midde van die Covid-19-pandemie.

Die saak was aanvanklik op die dringende hofrol vir Woensdag, 17 Junie, maar die waarnemende adjunk-regterpresident het intussen besluit dat die aansoek voor ‘n volbank regters aangehoor moet word. Wouter Wessels, woordvoerder vir die VF Plus, het gesê dit dui op die belangrikheid van die saak.

Die saak gaan nou op 26 Junie om 10:00 voor regterpresident Dunstan Mlambo, regter Jody Kollapen en regter Raylene Keightley aangehoor word. Die aansoek gaan virtueel plaasvind en nie in die ope hof nie.

Maroela Media het vroeër berig die VF Plus het reeds in Mei aangedui dat hy ʼn dringende hofaansoek by die hooggeregshof gaan indien rakende die voortgesette algehele landwye afsondering. Dit het gevolg nadat pres. Cyril Ramaphosa in daardie stadium aangedui het dat vlak 4 van die koronavirus-afsonderingstydperk nog vir twee weke sou geld voordat vlak 3 in groot dele van die land ingestel kon word. Vlak 3 is uiteindelik op 1 Junie ingestel.

Volgens Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, is dit baie belangrik om ʼn sinvolle balans te vind tussen die verspreiding van die nuwe koronavirus en die ontsluiting van die land se ekonomie.

Die hofaansoek kan Vrydag op die volgende YouTube-skakel gevolg word:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Dunstan Mlambo, regter Jody Kollapen en regter Raylene Keightley aangehoor word. Se maar niks! Sal die uitslae van die saak ook soe lank as die twak saak vat? Hoor hier en daar dat sigarette weer van 1 Julie af mag verkoop word, soe lyk my die twak saak sal dan ook’n skynpunt wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.