Hof moet bepaal of ou landsvlag ‘verontmenslik’

Die ou Suid-Afrikaanse vlag.

Die regspan van die Nelson Mandela-stigting (NMS) het Dinsdag in die gelykheidshof in Johannesburg in antwoord op regsargumente van AfriForum en die FAK gesê adjunk-regter‑president Phineas Mojapelo moet beslis of die vertoon van die ou vlag meer as net aanstootlik is en eerder ’n simbool van “verontmensliking” van swart mense is.

Adv. Tembeka Ngcukaitobi, namens die NMS, het gesê “AfriForum het misluk in sy pogings om te verduidelik waarom die ou vlag nie verban moet word nie en die FAK ‘dans’ om die werklikheid oor wat die betekenis van die ou vlag vir die meerderheid van mense in die land is.”

Ngcukaitobi het gesê daar is eenvoudig geen regverdiging vir die vertoon van die ou vlag wat swart mense misken en hul menswaardigheid krenk nie. Hy meen dit behoort ook nie in private huishoudings vertoon te word nie waar die meerderheid huiswerkers swart mense is en deur daaraan blootgestel te word, herinner word aan wat hulle onder apartheid deurgemaak het.

Ngcukaitobi het ook sover gegaan om AfriForum van blatante rassisme te beskuldig.

Adv. Iain Currie, wat namens die FAK betoog het, het gesê die verbanning van die ou vlag sal vryheid van spraak inperk.

Hy het gesê die Grondwet beskerm spraakvryheid, ook vryheid van spraak wat deur sommige as aanstootlik ervaar word. “Verdraagsaamheid vir aanstootlike idees beteken nie dit moet aanvaar word nie. Die politieke ‘markplein’ van idees het nie staatsinmenging nodig nie. Idees wat verkeerd of onaanvaarbaar is, sal deur ope debat gedevalueer word.”

Currie het dit duidelik gemaak dat AfriForum en die FAK glad nie vir vertoon van die vlag vra nie, maar wel dat dit ook nie verbied word wanneer dit gebeur nie. AfriForum en die FAK moedig mense ook onder geen omstandighede aan om die vlag te vertoon nie.

Die gelykheidshof het vandeesweek ‘n aansoek van die Nelson Mandela-stigting en die Menseregtekommissie aangehoor om ’n verklarende bevel te kry oor duidelikheid oor die definisie van haatspraak. (Foto met vergunning van Forum Nuus)

Die argument is dat indien onsmaaklike, aanstootlike vryheid van spraak verbied word, dit vryheid van spraak in wese inperk. “Haatspraak is iets anders en daar is duidelike wetgewing wat uitstippel dat dit gepaard gaan met aanhitsing van geweld en haat en dat dit propaganda vir oorlog insluit. Daar moet duidelik tussen haatspraak en aanstootlike of skadelike spraak onderskei word.”

Die NMS en die Menseregtekommissie (MRK) het ’n aansoek gebring om ’n verklarende bevel te kry oor duidelikheid oor die definisie van haatspraak, soos vervat in art. 10 van die gelykheidswet (die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die voorkoming van Onregmatige Diskriminasie).

Die NMS het die aansoek aanvanklik teen AfriForum gebring nadat die NMS aangevoer het dat lede van die burgerregte-organisasie die ou vlag op Swart Maandag-protesoptogte teen plaasmoorde in 2017 vertoon het. AfriForum staan die aansoek teen en ontken ook die aantygings dat sy lede die vlag vertoon het.

Adv. Wim Trengrove, namens die MRK, het aangevoer AfriForum en die FAK het die verkeerde benadering in die saak gevolg en dat dit nie slegs oor vryheid van spraak gaan nie. Volgens hom moet beslis word of die vertoon van die ou vlag wat mense verneder en hul menswaardigheid aantas, nie wel op haatspraak neerkom nie.

Uitspraak in die saak is voorbehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Judge Dredd ·

Die hofsaak: Wat gaan ons eet?

Advokaat 1 : Skaap
Advokaat 2 : Wolf
Regter : Wolf

Wat dink julle gaan die uitslag wees?

Marius ·

Hulle het die verkeerde vlag my 4 kleur sal nog mooi wapper.

Cobus.panther ·

Die uitslag sal beslis wees as n kriminele oortreding.. enigiets om ons geskiedenis uit te wis….

marco polo ·

Kan vir jou een van China af saambring, jy kry dit hier op die internet te koop.

Joe Olivier ·

As die vlag dan nou so aanstootlik vir hulle is dan gaan ek myne meer opsigtelik hang sodat hy as ” voelverskrikker” ook kan dien om hulle van my erf af te hou.

Bekommerd ·

Julle kan maar se wat julle wil. Dit IS DIE MOOISTE VLAG.

Johannes ·

Stem 100% saam. Die regte Republiek van Suid Afrika vlag plus die Boere Republieke se vlae maak ‘n trots en respek in my wakker wat ek nie kan beskryf.

Bees ·

As n mens nou die nuwe vlag ontleed sou dit soos volg wees:
Die rooi is die vir die mooi SA son opkoms.
Die Blou is die water/see
Die Groen is ons landerye/wy velde ens.
Die Wit is die vryheid tot al die bo-genoemde.
Die Goud is die electric fence om die om die swartes uit te. ☺☺

Roger ·

Howe in SA het geen geloofwaardigheid nie, want hul is lakeie van ‘n korrupte regering.

Andreas ·

Per Netwerk24 vanmiddag en ek haal aan:

“Rioolstelsels in SA danksy apartheid, sê Malema
As dit nie vir die apartheidsregering was nie, sou Suid-Afrika onder die leierskap van die ANC geen rioolstelsel gehad het nie.”

Nou ja toe, daar het ons dit, uit die perd se bek. Ek weet nou nie waarom uitspraak voorbehou moet word nie, dis nos nou so helder soos daglig.

Martin ·

Dis ‘n vlag!!!! Wat maak dit tog saak??? Of hulle dit verban of nie gaan dit nie regtig iets aan ons menswaardigheid doen nie

Johannes ·

Tog definieer ‘n vlag ‘n volk as ‘n eenheid nê…

? leser ·

enigiemand wat my SA VLAG sien moet maar anderpad kyk, dis myne en ek sal dit hang in my erf waar ek wil. dis my erf, my huis, my geskiedenis en MY VLAG
ek hou nie van die “nuwe” vlag nie, en sien dit skaars raak en ek haat dit

Willehond ·

Ek sal hom koester! Dis my vlag, nie hierdie sarong wat niemand verteenwoordig nie. Verban hom, en kom sluit my toe!

Hendrik ·

As wat in die VSA gebeur het enige aanduiding is vir die uitspraak in SA, lyk dinge nie goed nie. Baie state het die vertoon van die Conferate flag verbied na klagtes deur super-linkse groepe. En dis nie waar dit eindig nie. Standbeelde van Confederate Generals en helde word uit alle openbare parke en spasies verwyder. Wat sê dit vir ons? Dat daar nie plek in die wêreld is vir minderhede nie. Afrikaners sal alleen bly voortbestaan waar ons ‘n geografiese meerderheid kan wees, en waar ons self ons eie hande-arbeid doen. Lank lewe Orania.

Hendrik Havenga ·

Die vlag is nie net ń verdrukte vlag vir swart mense nie maar vir my ook. Die engelse vlag daarin is verdruking en moord op ons boere volk

Heinrich ·

Dit is juis wat dit so belangrik maak, ons het nodig om ons geskiedenis te onthou en nie te herhaal nie, dit help nie om die baba saam met die badwater uit te gooi nie! Dit sal ook help om die ANC, EFF en BLF se feetjieverhale wat hulle as geskiedenis voorhou te weerlê.

Thinus ·

So sal hulle alles wat die Afrikaner volk ‘n greintjie hoop gee vernietig. Persoonlik maak dit my net meer trots. Dit bevestig net weer hulle minderwaardigheid, en hulle oneindige vrees vir ‘n sterk Afrikaner.

Dion ·

My vlag toe ek gebore was, my vlag as ek dood. Hy wapper in my huis en sal daar wees solank God my spaar. Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra, wat beteken jou vlag dan Suid Afrika

Niek ·

Die vertoon van die vlag is protes.

As alle dinge vlot verloop het in die vyf en twintig jaar van ANC regering sou die vlag feitlik glad nie meer gesien word nie.

ww ·

Die spies en skild as kenteken van ANC is net so sleg vir my, want dit laat my dink aan die moorde op my voor ouers. Die kenteken moet dan ook verban word

Anoniem ·

Kyk man die vlag gaan waai en wapper altyd in my hart, in my gees hulle kan hom verban, hulle kan hom brand maar in my afrikaner hart sal hy altyd wees doen wat julle wil maar my identiteit as wit afrikaner, afrikaans sprekende ,christen beginsels wat vertrou op my God my drie enige God en nie n god nie wat my sal beskerm ,my sal bekragtig wanneer die ramshoring gaan blaas om die mure van die bose in hierdie land af te breek. Wanneer n klein handjie sal opstaan en n land sal opreis om aan my God eer te gee soos dit hoort want huidiglik is ons oorgegee aan die verkragters en moordenaars maar opstaan sal ons opstaan. Ons sal lewe ons sal sterwe vir jou Suid Afrika. Waai vlag waai sodat my boerebors bollemakiese maak van trots en opgewondenheid

Nick ·

Die Vlag het n veel groter betekenis vir die ware Suid Afrikaners van die geskiedenis maar vandag se afrikanertjies is elk geval te lafhartig en bangat om enige iets onder die vaandel te doen. Vat hom weg want die huidige mense van die land kan glad nie vir hulself opstaan nie!!! Die vlag behoort tot die verlede en met respek want ons nasie (slap) verdien nie om die vlag of DIE STEM te erken nie.Ons dae van saamstaan vir ons volk en geloof is lankal by die deur uit!!!! Post maar eerder julle braafgeid op sosiale media want did al wat afrikanertjies kan doen!

Anoniem ·

Stem saam met jou Nick. Waar is ons dae toe ons as jong manne by die skool se hek uitstap binne in die weermag se hek in .jy was 16 as jy std 8 uit gegaan het en klaar dan in die weermag en word opgelei . Wat doen n seun van 16 vandag. Speel video games, drink sy pa se drank uit en hang saam sy vriende uit. Weet nie eintlik wat hy wil bereik nie en gee ook nie om nie. En dit is slapgat en nie net van sy kant nie maar ook van sy ouers se kant want daar is nie waardes gewees by sy opvoeding nie.

Andreas ·

Die ou vlag pla nie waar hy hier in die studeerkamer hang nie, ek is nie ‘n vlagwaaiende persoon nie, nie in die openbaar nie, ook nie by die huis nie, ek verlang ook nie na hom nie, want hy is dan hier.

Log-IK ·

So nou wil die spul polities korrekte fasciste tot voorskriftelik wees oor wat jy binne die privaatheid van jou eie woning mag vertoon?

Hulle kan gaan dans op die treinspoor.

Hans ·

Die Anc en Sakp vlae gee net so aanstoot en derhalwe mag dit ook geensins vertoon te word. Ek vereenselwig die vlae met geweld teen weerlose en onskuldige mense.

Geskiedenis ·

Die vlag is deel van die land se geskiedenis en sal deel daarvan bly of mense daarvan hou of nie…. Dus is dit deur ‘n nuwe vlag vervang en verstaan ek nie hoekom mens nog enigsins dit sal wil gebruik as ‘n simbool in die huidige Suid Afrika nie.

Dink nie ons leef in elk geval meer in ‘n samelewing waar in ‘n vlag as simbool enigsins iets beteken nie…. Vir my persoonlik maak dit nie saak hoe ons vlag lyk nie! My waardigheid as Afrikaanse Wit man raak def nie deur ‘n vlag gemaak of breuk nie.

Eks trots op my land of die vlag nou blou, veel of groen is…. Dis die mense van ‘n land wat dit laat werk of nie, nie ‘n stukkie lap nie

PPP ·

Ek weet nie of ek nog reg kan wees nie, toe die nuwe vlag gehys is het iemand gesê (ANC) dit is net n oorgangs vlag nou wat nou, het hulle dit dalk in die staats koerand gepubliseer so dat Ek en Jy nie daarvan weet, sodat die ding ek ek sê met reg die ding aanvaar is, in die anderkant hoeveel van ons word nou nie onder die ding geonder druk nie .

Johanna Botha ·

Wat van die struggle liedjies wat vol haat besaai is …..WAT VAN DIT DAN ?

Oom Kalahari ·

Dit is darem verbasend dat alles net alles na Apartheid verwys, maar vandag is daar meer Apartheid en onderdrukking.
Ek sal nie afsien van my Suid Afrikaanse ou vlag nie en het ‘n eed aan my my land afgelê onder daardie Oranje/Blanje/Blou en die eenheid van Suidwes Afrika en Suid Afrika en al sy inwoners ongeag van kleur en herkoms. Ons het op Angola grens almal beskerm sonder enige uitsonderinge. Wat dan van die vrywillge vertoning van die SAKP vlag? Ons voel ook verdruk en verdeeld onder die huidige Apartheids vlag wat BEE/AA/BBBEE ens onderskryf asook onder ‘n kommunistiese stelsel en korrupsie mort die. Ek is trots op my ou SA vlag en my Christenskap as Voortrekker wat daarmee gepaard gaan. Saluut aan my ou vlag en sal in my hart gekoester word.

Vr ·

Kan nie dink dat n lied en ‘n vlag ‘n hele nasie se broeke laat bewe nie. Dis my geboorte land en die van my kinders en dis tyd ons weer die betekenis en waarde van Die Slag van Bloedrivier en Gelofte dag besef en onthou en aan ons kinders oordra. Ons vir jou Suid Afrika.

Waarheid ·

My Oranje Blanje Blou gaan nerens nie!
Ek sal dit met trots wapper!

ChrisE ·

Ek slaan my hande in ongeloof saam. Waar kom die mense wat durf dink aan ‘n verbod plaas op die ou vlag, om dit af te dwing. As jy my hare wil laat regop staan sê net vir my jy gaan dit nie doen nie. Ek daag enige persoon om my te arresteer of wat ook al te doen as ek die ou Suid Afrikaanse vlag laat wapper. Ek neem aanstoot teen die ANC en SAKP vlag.

Wildeboer ·

SA is nie meer die witman se land nie. Ons is irrelevant en jong swartes dink ons is van lotjie getik. Eintlik hoort ons nie in hierdie land nie, want dit is Afrika. In plaas van kerm en kla moet ons bou aan ‘n volkstaat, waar ons van vooraf kan begin. Ons mors te veel tyd en energie net al die hofsake en SA politiek.

Stiks ·

Wat vd ANC vlag wat moord op onskuldige mense in die verlede en terrorisme verteenwoordig? Die sg struggle is mos verby of hoe?

Siener van Melbourne ·

Die ‘grond’wet beskerm niks meer nie veral gesien in die lig van ‘grond’onteiening. Die grondwet is ook al onteien.

Andreas ·

Per Netwerk24 sê berig gister middag laat:

‘Verbied ou vlag ook in huise,’ hoor hof
Die ou Suid-Afrikaanse vlag moet ook in die privaatheid van mense se huise verbied word, “want byna almal het nog ’n huiswerker of ’n tuinwerker” wat dan oor en oor aan die verdrukking van die apartheidsjare herinner word.

Dan vra ek hoe absurd moet dit nog raak en die verskonings deur die teëstanders op ons laat reën word.

Dit gaan nie oor die vlag nie ·

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan Suid-Afrika?

Rooijan ·

Selfs na die 2de wêreldoorlog is Duitsland se vlag nie verban nie. Slegs die Nazi simbool. Hulle kon die SA vlag gelos het en die Nasionale Party se wapen verban het.

Swartwolf ·

Mooiste vlag ooit. Op aandag verstaan onder daai vlag en ook uit eerbewys die vlag salueer. Op 27 April 1994 was die vlag die laaste keer offisieel gestryk en die nuwe SA bontlappie gehys. Hartseer dag, maar die orange, blanje en blou saam met die vierkleur bly leef in ons harte. Wonder onder watter vlag die meeste onreg en bloedvergieting plaasgevind het ?

Martin ·

Dis nie net die vlag nie, als wat blank of Afr is of wat deur of wat deur Afrikaners tot stand gebring het is rassisties vir hulle. Hulle sal nie rus voor dit alles uit die weg geruim is nie.

Zumie ·

“vryheid van spraak” in die NSA beteken dat jy enigiets mag se wat die regering wil hoor

dr. Sakkie van der Merwe ·

‘n Klip in die bos . Ernst Roets van Afriforum vra dat die beweging se lede nie die vlag moet vertoon nie. Willie Spies op TV onderhoud se dat vlag slegs in beperkte ruimtes gebruik moet word???? Waarvoor dan ‘n hofsaak as jy self die vlag nie wil vertoon nie,.

Andreas ·

As die vlag nou pak kry, dan is nie net ander simbole in gevaar nie, maar ook vryheid van spraak, so dit gaan om baie, baie, meer as net die vlag, EN dan gaan dit om die Afrikaner en sy geskiedenis by te kom. Ook weereens ‘n oorwinning van die ANC se vlag en waarvoor hulle gestaan het, ongeag die bloed wat aan daardie vlag kleef, maar wat hulle in die proses smoor. Apartheid mag immoreel gewees het, maar mens kan nou nie die hele Afrikaner nasie en sy geskiedenis oor daardie kam skeer nie. Hier sit meer agter die dryf van die NMS en sy ondersteuners as wat ons in vaskyk.

Krappie ·

Dit was n landvlag nie n apartheid vlag nie. Los tog die mense wat daarmee assosieer uit. die nuwe een lyk in elk geval meer na n tafeldoek as n landsvlag tog het ons dit aanvaar laat mense in vrede wat vasklou aan die verlede

Theoman ·

My Oranje Blanje Blou vlag wapper nie in my huis nie maar letterlik in my tuin vlagpaal en al en ja, dis in Pretoria in die Moot. Die vlag is skoon, raffel nie uit nie en word met trots gehys. Vir die MRK net die volgende, dis my vlag, dis my erf ten volle betaal en dis my kultuur en liefde teenoor n vlag en sy geskiedenis waaroor ek geensins skaam voor is nie.
My vlag pla niemand nie, want sien ek doen als self op my erf geen vreemdeling werk vir my nie. Groete ORANJE BLANJE BLOU

Carel Breytenbach ·

Kan ‘n vlag wat ek al vir 73 jaar ken, eerbiedig het, vertrou het met my toekoms, meer “verontmenslik” wees as die “verontmenslike, siel en liggaam verkragtelike” aanvalle op plaasboere, hoewe bewoners en ou mense onder die gewapper van ‘n sogenaamde demokratiese vlag en demokratiese regering? Vraa maar net.

Cornel ·

Nou my vraag sal wees. My pa was ‘n trotse SANDF lid gewees en met sy begrafnis was die ou landsvlag op sy kis wat mooi gevou is en in ons huis is as deel van sy herinnering. Hulle kan dit nie gebruik as “haat spraak” of wat ook al nie dit is iets geliefds in ons huis as deel van my pa se herinnering en tyd in die SANDF.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.