Hof sê departement mag ras as maatstaf gebruik

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. (Foto: AfriForum)

Solidariteit en AfriForum gaan die Grondwethof direk nader met ’n appèlaansoek teen die uitspraak van regter Jody Kollapen van die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria. Dit volg nadat Kollapen Donderdag beslis het dat die departement van toerisme ras wel as kriterium vir die toekenning van finansiële hulp aan klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s) kan gebruik.

Regter Kollapen het beslis dat die kriteria nie aan sekere kandidate ’n onregverdige voordeel op grond van ras bied nie, maar bloot aan dié kandidate ʼn voorsprong gee. Kollapen het ook beslis dat die raskriteria so ʼn klein persentasie van die besluit oor die toekenning van finansiële hulp uitmaak dat ander ondernemings dus steeds ʼn kans gegun word om in aanmerking hiervoor te kom.

Die organisasies het die hof genader toe dit bekend word dat die departement van toerisme die bepalings van swart ekonomiese bemagtiging gaan gebruik om te bepaal watter ondernemings finansiële bystand kry weens die verliese wat hulle tydens algehele afsondering ly.

Solidariteit het geargumenteer dat die pandemie nie op grond van ras teen sy slagoffers diskrimineer nie en dat dit dus immoreel van die regering is om hulp op hierdie gronde aan te bied. “Dit is nie net wit eienaars van ondernemings wat geraak word nie, maar ook alle werknemers in die bedryf waarvan twee uit elke drie swart is. Honger en nood ken geen kleur nie,” voer die vakbond aan. Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, eis AfriForum en Solidariteit grondwetlike sekerheid oor hierdie uitspraak en het daarom besluit om op ’n dringende basis die Grondwethof te nader.

“Dit is skrikwekkend dat daar tydens ʼn krisistyd regsruimte kan wees vir die toekenning van hulp op grond van ras. Indien daar bevind sou word dat daar wel grondwetlike ruimte is vir hierdie tipe rasbenadering binne ʼn ramptoestand, dan het Suid-Afrika nie regstaat nie, maar wel ʼn staat gegrond op ras,” sê Hermann.

Hermann sê indien die Grondwethof die hooggeregshof se uitspraak sou handhaaf, sal Solidariteit sonder twyfel die Verenigde Nasies (VN) se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie oor die saak nader.

“Ons sien hierdie saak as ʼn growwe vorm van rassediskriminasie. Hierdie optrede van die regering kan op geen manier geregverdig word nie en daarom sal Solidariteit dit nie daar laat nie,” sê Hermann.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê klein toerisme-ondernemings, wat deur lede van minderheidsgemeenskappe besit word, het tans net soos alle ander klein toerisme-ondernemings dringend finansiële hulp nodig.

“As die saak sloer, sal talle kleinsakeondernemings ondergaan en sal die regering aandadig wees daaraan,” sê Kriel.

Kriel sê hulle sal duidelikheid by die Grondwethof moet kry of dit daadwerklik die geval is dat die huidige grondwetlike bedeling in so ’n mate minderhede se regte ondermyn dat daar selfs tydens krisistye teen wit mense gediskrimineer mag word.

“Indien dit wel so is, sal minderheidgemeenskappe moet besef dat hulle slegs op hul eie gemeenskappe aangewese is en dat stappe gedoen sal moet word sodat lede van minderheidsgemeenskappe mekaar kan ondersteun om oorlewing te verseker,” sê Kriel.

Solidariteit en AfriForum was op 28 April in die Noord-Gautengse hooggeregshof om te vra dat die rassemaatstaf van die departement van toerisme hersien moet word. Dit volg nadat Solidariteit op 25 Maart ʼn klagte by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien het nadat die regering bekend gemaak het dat ras, eerder as nood, die bepalende faktor vir die toekenning van noodfondse sal wees. ʼn Dringende aansoek is op 30 Maart op die departement beteken.

Solidariteit argumenteer dat die pandemie nie op grond van ras teen sy slagoffers diskrimineer nie en dat dit dus immoreel van die regering is om hulp op hierdie gronde aan te bied.

“Dit is nie net wit eienaars van ondernemings wat geraak word nie, maar ook alle werknemers in die bedryf waarvan twee uit elke drie swart is. Honger en nood ken geen kleur nie,” het Hermann vroeër gesê.

Die departement van toerisme se verweer was dat hy wetlik verplig is om swart ekonomiese bemagtiging toe te pas, ongeag die gevolge van beweerde verpligting.

Volgens Kriel het AfriForum voorsien dat die regering sy rug op ondernemings vanuit minderheidsgemeenskappe gaan draai en het gevolglik reeds www.afriforumnetwerk.co.za tot stand gebring waar kleinsakeondernemings gratis kan registreer sodat lede van hul plaaslike gemeenskappe hulle daar kan opspoor en ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Frans ·

Ek hoop die wit mense wat busnes besit se oe gaan nou oop neem jou eie ras indiens en kyk na mekaar

Andre ·

Geen voordeel, net ‘n voorsprong. Ace, ek verstaan dit net as ek nie daaraan dink nie.

Nie Verbaas ·

Wel, die uitspraak is uiters teleurstellend. As geregtigheid nie eers meer geskied nie dan kan mens baie dinge begin verstaan. Ek hoop dat dit die VN se oe sal laat oopgaan oor wat werklik in Suid Afrika gebeur.

Jaco ·

Ek verstaan dit nie. Hierdie virus affekteer ons almal en ons besighede. Nou as ons nie hulp kry nie, hoekom moet ons die kwarentyn reëls gehoorsaam?? Sal my besigheid Maandag 100% oopmaak en seker maak dat alle werkers maskers dra en higiënies is.

Nicolene ·

Ons moet mekaar maar help. Daai geld en kos wat ons aanvanklik, sonder enige diskriminasie, tot almal se voordeel wou aanwend, sal nou maar tot voordeel van die wit besighede aangewend.

Dunsie ·

Jy moet baie versigtig wees. Ek het gehoor van’n salon in Sunninghill wat oop was. Iemand moes hulle aangegee het want blykbaar is al hulle toerusting gekonfiskeer, die plek is toegemaak en die eienaar gearresteer.

Heleen ·

En so word die wittes se belastinggeld gebruik om swartekonomiese bemagtiging te bevorder.
Absoluut belaglik!

Tanya ·

My punt ook. Almal moet dieselfde belasting betaal maar ander kant toe maak jou kleur saak. Dis ‘n skande.

steyn ·

Ek sal julle help om julle geld BUITE SA te belê. Dan kyk ons hoe hierdie goed ons verder in die grond in probeer trap. Ek olie elke dag alles wat met veiligheid te doen het…..

Pieter ·

Google Jody Kollapen en jy verstaan sy uitspraak. Hy is kamstig ‘n advokaat vir menseregte. Alweer is dit duidelik dat die blanke in die land nie kwalifiseer as mens nie.

Sulke uitsprake maak die howe belaglik en afhanklik van die regering. Wie stel regters aan, antwoord die vraag en alles maak sin.

Nicolene ·

Regter Kollapen het beslis dat die kriteria nie aan sekere kandidate ’n onregverdige voordeel op grond van ras bied nie, maar bloot aan dié kandidate ʼn voorsprong gee. Ek verstaan nie mooi nie. Miskien moet die regter vir ons verduidelik hoe ‘n voorsprong nie ‘n voordeel is nie.

Debbie ·

Dit is baie hartseer dat politici nog steeds besig is met hul politieke agendas. Hierdie virus raak almal. Wat die regering nie besef nie, is dat daar swart mense is wat ook vir wit werkgewers werk. So as hulle nie die finansiële bystand kry nie, doen hulle nie net wit mense in nie, maar swart mense ook. Dit is baie hartseer dat selfs in ‘n krisistyd soos die politici voortgaan met hul magspeletjies. Ons sal moet bid dat die haat en verdeeldheid tot ‘n einde kom. Dat mense sal ophou om mekaar seer te maak. Ons land kan nie so aangaan nie. Haat gaan ons land vernietig. Daar is mense wat hul uiterse bes doen om haat en verdeeldheid onder mense te saai. Dit is baie hartseer. Ons geestelike leiers moet nou opstaan en hande vat.

andre ·

Stig n fonds wat net witmense help…ek sal beslis vir so n fonds geld gee ..stig een en sê dit is net vir witmense…ons witmense dra kos lokkasie toe maar vir ons eie ras trek ons neuse op…

Alleen Wolf ·

Daar is reeds sulke fonse Solidariteit se “Helpende Hand” is een daarvan, moet dit nie verwar met die ANC se Solidarity fund nie, dis nie vir ons nie.

KB ·

Die VN hét Suid-Afrika (en ‘n paar ander lande) gewaarsku dat hul inperkingsmaatreëls té streng is. Solidariteit en Afriforum behoort hiervan te weet, en behoort die VN sonder versuim in te lig en/of te nader. Ek sal nie eers (kosbare) tyd vermors met die MRK nie.

Stefan ·

Kom nou mense, aanvaar dit, ons het in ’92 al osn regte weggestem en als op ‘n skinkbord vir hulle gegee om mee te maak nes hul lusvoel.

Jessey ·

Net so Lodewyk, my hand het heeltemal toegetrek na gister se toepsraak oor wat mag en nie mag nie, en dan die ook nog. Sien geen rede hoekom ek enigiets verder moet bydra tot korrupsie, mag behep geid en dan nog in die tande geskop word daarvoor nie.

Charity Starts at home

Alleen Wolf ·

Ek het in die verlede nie juis daarop gelet van watter land ‘n produk kom nie, eerder of dit ‘n kwaliteit produk en waarde vir geld is, my siening het egter nou verander, sal in die toekoms ook land van herkoms uitkyk en niks van China af koop nie, ook daarop let om nie besighede in swart meerderheids besit te ondersteun nie, sal seker moeilik wees in die begin maar die moeite werd om my klein bydrae te lewer to “Afrikaner voortbestaan”

Charmain ·

As al hierdie “wit” besighede se deure toemaak, wie gaan oorbly om belasting te betaal?

Pierre ·

Aangesien ons witmense nie goed genoeg is vir staatshulp nie, dan is ons belasting geld sekerlik ook nie goed genoeg vir staat nie…. of hoe?

Kiewiet ·

Minderheids groepe is net welkom indien hulle deur die sogenaamde, ANC regering uitgebuit en misbruik kan word. Die blanke skenkers [soos die Ruperts en Openheimers] het nie gese dat hul skenkings slegs vir blankes is nie, maar vir al die mense van die land in nood. Swartes, die aksies van die ANC is onaanvaarbaar en onregverdig n regering, wat na amper 25 jaar regeer en nog niks kon reg kry nie,Is nie n regering se agterent nie, Hulle kan nie eers n eensgesinde,verdraagsame kultuur in ons land tot stand bring nie. Die aksies van die ANC is rasisties en gewetenloos.

Henk ·

Die minister van kleinsake ontwikkeling het gister ‘n handomkeer gemaak en die besluit om die rassekaart te speel weer in te stel. ‘n Dag voor hierdie hofuitspraak? Of is die hofuitspraak gister gemaak? Ek ruik lont… iewers is ‘n slang in die gras…!

Michael 1 ·

Ons is gedoem ,net n onafhanklike tuis staat kan ons n beter en regverdige lewe bied.

Stephen ·

Bemagtiging het meer besighede gekelder wat oop gestel is as gehelp. Oor 25 jaar gaan ons nog steeds met die gemors sit. Ons kannie hulp vir ons klein sake ondernemings kry nie, as ons nie ‘n bemagtigings maatskappy is nie, maar ons moet belasting betaal, al gaan ons onder. Siek

Peet ·

Lankal geweet die regstelsel is in die ANC se sak. Daar is geen sprake van regverdigheid nie. Nou ja dan is dit so, geen anders kleurige sal enige voorsprong uit enige bydrae of donasie van my kry nie. Ek sal tot geen fonds van die regering bydra nie. Terselfdertyd wens ek, ek kon my belasting bydrae ook stop.

Jr ·

This govt is disgusting. Ek nou amptelik weet waar ek staan as WIT Suid Afrikaner. Ek is amptelik laat weet ek is nie ñ burger meer nie. Van vandag af voel ek vere vir hierdie land en enige libtaard wat se ek moet die land verlaat gee my geld asb om dit te doen.

Marianna ·

Die witman moet ophou kos uitdeel aan die wat nie sy eie people is nie. Alles word van die witman weggeneem. Dit sal so voortgaan totdat almal in die plakkerskampe sit. Stop donasies aan regeringsorganisasies. Die kalf is in die put. Nou moet ons na onsself begin kyk en ons eie mense.

Henk ·

As die Konstitusionele Hof ook hierdie onreg handhaaf, hoop ek dat witmense uiteindelik tot die besef sal kom dat ons net op God en onsself aangewese is, en dat ons daarom mekaar moet ondersteun in besigheid, op die sosiale terrein en in welsyn. Voorts sal ons ernstig daaroor moet begin besin oor hoe ons ons belastingaanspreeklikheid teenoor die staat op ‘n wettige manier tot die absolute minimum kan beperk.

Alleen Wolf ·

Stem, daar is nog baie van ons wat belasting weg gee watdie regering wetlik nie toekom nie, gesels gerus met ‘n goeie boekhouer en beperk belasting tot die minimum binne die wet.

Eragrostis ·

As dit die hooggeregshof se siening is, dan beteken dit mos dat besighede ras ook as kriteria kan gebruik vir hul personeelkorps en kliëntebasis. Dan hoef niemand meer swartes aan te stel nie, en dan kan hulle besluit om net blankes toe te laat om met hulle besigheid te doen. Kan jy jou indink as ń vakansieoord nou gaan sê dat geen swartes daar welkom is nie. Wel, myns insiens is dit die implikasies van hierdie hofuitspraak, want na 26 jaar van sogenaamde demokrasie speel ras nog steeds ń rol, en diskrimineer jy nie as jy dit toepas nie.

Afriforum en Solidariteit, dankie vir jul voortgesette belangstelling in hierdie kwessies. Ek sal julle bly ondersteun.

Willem ·

Ramaphosa versoek my om voortvte gaan om my swart werkers se salarisse te betaal en dit!? Nee wat meneer. Dit stop nou. Betaal jy hulle maar – Ubunthu werk ban twee kante af nie ek betaal en julle hou aan om witmense te benadeel mie.

Martie Smartie ·

Janee kyk maar Kollapen se agtergrobnd. Regstelsel nou getransformeer vir ANC mense en Solidariteit

Anton ·

So nou is rassisme reg volgens die hof????
Waar is nie V. N. nou met hulle slimheid wat gese het dat rassisme verkeerd is en n misdaad teen die men’s is???

Frans ·

Dit is werklik onrusbarend dat howe alhoemeer rasgedrewe uitsprake begin lewer veral as die saak deur Blankes voor die hof gebring word.

Sonneblomkind ·

ja En so word ONS belastinggeld gebruik om swartekonomiese bemagtiging te bevorder.
Absoluut belaglik!

Estelle ·

My liewe genade.
Nou wil ek graag weet. Die oorgrootte meerderheid NWO’s en donateurs van voedsel en droodnodige lewensmiddele in hierdie krisistyd, is blank. Sal dit dan regverdig wees as die organisasies eers bevestig dat die ontvanger van die hulp, ook blank is? Of sal dit ten hemele verkondig word dat dit rassisties is en n sonde teen die mensdom.
Let wel, ‘n kind bly ‘n kind, en n leë magie het nie kleur nie.
Hierdie is net n vraag.
Kan mens dalk n kleim steekproef doen met n fiktiewe NWO en so-iets probeer en kyk wat is die regering se reaksie.
Miskien sommer iets in die toerisme bedryf.

Nou wonder ek na wie gaan die Rupperts se geld – hulle is wit
En die Oppenheimers s’n – hulle is ook wit
En die grootste deel van al die ander skenkings – waarvan die meeste skenkers ook wit is

Alleen Wolf ·

En waar is CR se bydrae, ‘n belaglike 30% van een maand se salaris, pateties

Frans ·

Maroela dit raak verwarrend as mense met dieselfde name kommentaar lewer.My kommentaar is dat dit onrusbarend is dat howe alhoemeer rasgedrewe uitsprake begin lewer veral as dit blanke organisasies is,wat die saak na die hof bring.

Tanya ·

Né? Nou dan sal my wit besigheid voortaan net wit werknemers hê. Intussen kan hulle die “hulp” hou en ek sal self weer op my voete kom. Ironies is my wit belasting goed genoeg om die koffers te help vul waaruit almal nou gevoer moet word…

Elsabé ·

Dankie regering, ek wonder hoekom ons belasting moet betaal. O ja, seker om jul salarisse te betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.