Hofaansoek oor veilings Dinsdag aangehoor

(Argieffoto)

ʼn Groep boere se aansoek om die landswye verbod op veilings ter syde te stel, word Dinsdag in die hof aangehoor.

Die aansoek deur meer as 50 boere en ander rolspelers in die bedryf word in die Noord-Gautengse hooggeregshof aangehoor.

Die verbod is verlede jaar deur die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling ingestel na die uitbreek van bek-en-klouseer in Limpopo. Die applikante vra dat die hof die verbod ophef in die agt provinsies waar die siekte nog nie uitgebreek het nie. Hulle meen die besluit om die verbod in te stel was “irrasioneel”.

Die DA se Noko Masipa, lid van die parlementêre komitee vir landbou, het die hofaansoek verwelkom.  “Dit is jammer dat, te midde van ʼn nasionale droogte, boere hulle nou tot die hof moet wend om hulle in staat te stel om sake te kan doen deur  lewende hawe te verhandel. Dit is ook jammer dat die minister nie tot dusver behoorlike stappe gevolg het wat nodig is tydens die uitbreek van bek-en-klouseer nie.”

Volgens Masipa het die minister onder meer versuim om:

  • Alle besmette plase, voertuie en gebiede te ontsmet.
  • ʼn Begroting beskikbaar te stel om die uitbreking teen te werk.
  • Roetine inentings te handhaaf ná die uitbreek van die siekte in die Vhembe-distrik weens ʼn tekort aan teenmiddel.
  • Beamptes in te lig om die nodige stappe te doen om die verspreiding van die siekte te voorkom.

“Die ernstige aard van die uitbreking moenie onderskat word nie en ons doen weer ʼn beroep op die minister van landbou om onmiddellik op te tree voor dit te laat is,” sê Masipa.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marie ·

Em stem saam met die feit dat die departement heeltemal te min gedoen het en die boere in die steek laat. Dit voel asof hulle wil hê die boere moet bankrot speel. Hierdie is n goed beplande aanslag.

Hansie slim ·

Om al die provinsies te penaliseer vir wat in een provinsie gebeur het… hoe kortsigtig kan mens wees.
En dan nog niks gedoen aan die provinsie waar dit wel gevind is nie…..iesh!!!
Dis sabotasie!!!

Winston ·

Korrek Hansie. Sabotasie. BEE en AA kan jou nie op jou plaas bykom nie. Te midde van n geweldige droogte…Jy moet finansieël reunieer word voordat Onteiening sonder vergoeding in erns begin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.