Hofbevel: Sedibeng Water moet toevoer na talle dorpe in Vrystaat, Noordwes herstel

(Foto ter illustrasie: pixabay)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Vrydag ’n hofbevel in die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein bekom wat Sedibeng Water beveel om dadelik die watertoevoer na talle dorpe in die Vrystaat en Noordwes te herstel.

Die hofbevel volg ná ’n week lange waternood wat in die Matjhabeng-, Nala- en Maquassi Hills- plaaslike munisipaliteite geheers het.

Maroela Media het vroeër berig dat stakende werkers by die aanleg glo die krane weens ’n loondispuut met die waterraad toegedraai het.

“Ons beskou dít as ’n reusesukses aangesien hierdie een wateraanleg ’n uitwerking op soveel munisipaliteite het. Dit is vir ons ’n oorwinning dat ons hierdie gemeenskappe se reg op waterdienste op só ’n manier kan beskerm,” sê Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van plaaslikeregeringsake.

AfriForum het verlede maand ’n dringende brief aan Sedibeng Water gerig om te versoek dat die Balkfontein-aanleg weer water aan inwoners van die dorpe in dié munisipaliteite verskaf. Dít het egter op dowe ore geval en die organisasie genoop om die hof op ’n dringende grondslag te nader.

“Die departement van samewerkende regering moet saamwerk om basiese dienste soos dit in die Grondwet verseker is, te lewer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Shakespeare ·

Een riller na die ander. Geen wette geen orde meer in ons land nie. Viva ANC/EFF

Tiptol ·

Dis die munisipaliteit se werk. Dis vreeslik dat ‘n hofbevel bekom moet word wat hulle verplig om hul werk te verrig. Sal moet sien of dít hulle gaan pla.

Piet ·

En nog steeds sit Hennenman en Ventersburg sonder water!!!!!!

Willem ·

Hy belowe son maan en sterre maar niks van water en krag nie

casper ·

Ja nee.
Die hof moet deesdae ‘n staats instelling verplig om iets te doen waarvoor hulle betaal word, anders gebeur daar niks !!!

Jack ·

Wie gaan die hofbevel uitvoer. Die sherif wat dit nie kan afdwing nie. Stel n wit bekwame spannaan en kry die goed reg. In ons land is daar geen ander oplossing nie. “ Ons sal self “

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.