Hofstryd teen Poskantoor oor onbetaalde fondse

Foto ter illustrasie. (Foto: SA Post Office/Twitter)

Solidariteit sal Dinsdag in die hof wees om sy aansoek teen die Suid-Afrikaanse Poskantoor te bring. Dit volg nadat die Poskantoor versuim het om meer as R600 miljoen aan werknemers se mediese fondse oor te betaal.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit, word aftrekkings soos die mediese fondse steeds deur die Poskantoor op salarisstrokies van werknemers aangebring, maar die poskantoor het versuim om hierdie bydraes namens sy werknemers aan die verskeie fondse oor te betaal.

“Die skade wat die Poskantoor aanrig met sy versuim is onaanvaarbaar. Sy wanbestuur veroorsaak dat duisende onskuldige werkers moontlik hulle mediese dekking kan kwyt wees en dus nie die mediese sorg sal kan ontvang wat hulle benodig nie,” voeg Van der Bijl by. Volgens hom ly baie werknemers aan chroniese mediese toestande en is afhanklik van hierdie fondse.

“Indien die poskantoor nie sy verpligtinge nakom nie, sal hierdie mense vanaf Oktober nie hul medikasie kan ontvang nie. Ons kan nie toelaat dat ons lede moet ly as gevolg van die staat se wanbestuur nie, en ons het ons op ʼn dringende basis tot die hof gewend om die Poskantoor te dwing om sy statutêre verpligtinge na te kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hasie ·

Weereens moet hul maar kyk in die strate ry hul bydraes rond …in die vorm van luukse voertuie.

marius ·

Hoe ongenaakbaar is hierdie spul skelms nie ? Waarom word hulle nie aan hul nekke in die strate in gesleep nie ? Die regstelsel is geen remedie hiervoor nie !

Pablo ·

Net nog n staats entiteit wat ineenstort .kan net raai waar die geld heengaan .

Hennie J ·

Die ‘fat cats’ gee nie n duit om vir hulle people nie. Hulle sal skep tot die emmer vol is en as daar oorbly kan die gepeupel dit deel.

DieKriek ·

Dis siek! En daar pleit oom Cyril sowaar om die ANC nog n kans te gee – hulle belowe om soet te wees…

Winnie ·

Dis beslis nie in die Poskantoor ingeploeg nie want hulle is dan bankrot en moet reddingsboei kry. Kan nie glo wat ek lees nie. Wat as daai werkers siek word en mediese fonds moet gebruik. Arme mense

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.