Hokaai met tariefverhoging by Eskom, vra Ramaphosa

(Argieffoto: Unsplash)

Pres. Cyril Ramaphosa het Eskom gevra om vir eers nie die 18,65%-tariefverhoging in kragpryse, wat die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) vroeër vandeesmaand goedgekeur het, in werking te stel nie.

Die verhoging vir die 2023/’24-boekjaar tree in April in werking terwyl Suid-Afrikaners vir lief moet neem met byna permanente beurtkrag in wisselende fases.

Nadat Eskom die naweek laer fases van beurtkrag aangekondig het, het die kragvoorsiener Maandag vroeg gesê twee opwekkingseenhede by die Tutuka-kragsentrale moes oornag afgeskakel word terwyl die inwerkingstelling van ʼn eenheid by die Arnot-kragsentrale vertraag is.

Dit het tot ʼn verdere daling in beskikbare kapasiteit gelei. Fase 3 sal Maandag tot 16:00 geld en fase 4 sal daarna van 16:00 tot 05:00 geld.

Ramaphosa het die slotrede by die ANC in die Vrystaat se provinsiale kongres gelewer. Hy sê die tariefverhoging – wat hy ʼn “dubbele terugslag” noem – is deur ʼn onafhanklike liggaam, Nersa, op versoek van Eskom goedgekeur. Die president sê egter dit sou onbillik wees om van mense te verwag om meer vir krag te betaal terwyl beurtkrag toegepas word.

“Ek het persoonlik aan Eskom gesê dit gaan al ons mense skade berokken indien hierdie 18%-verhoging nou in werking gestel word terwyl mense deur beurtkrag gaan en om dit vir ʼn tyd lank op te skort.

“Eskom se raad gaan dit nou bespreek,” het Ramapahosa gesê.

Nadat die tariefverhoging goedgekeur is, het Eskom vir Nersa bedank vir die “taai besluit” wat hy oor die verhoging geneem het en gesê dit gaan die kragvoorsiener help om sy volhoubaarheid te verbeter.

Pres. Cyril Ramaphosa het Eskom gevra om die inwerkingstelling van die hoër kragtarief uit te stel. (Foto: GCIS)

Ramaphosa se aanbeveling om die verhoging tydelik op te skort, kom te midde van al hoe meer regstappe teen Eskom en die regering asook groeiende burgerlike teenkanting weens die voortgesette kragkrisis.

Die regering is nie doof vir die lyding en ekonomiese agteruitgang wat beurtkrag veroorsaak nie, sê die president, en daar word hard gewerk om die situasie te pak. Ramaphosa sê ook dit is onwaar dat die regering nog niks kon uitrig om die kragkrisis om te keer nie.

In sy weeklikse nuusbrief sê Ramaphosa die laaste ding wat Suid-Afrikaners nou wil hoor, is verskonings en onrealistiese beloftes. “Die eise vir ʼn onmiddellike einde aan kragonderbrekings is ten volle verstaanbaar. Almal is keelvol.”

Die president sê die uitwerking van die kragtekorte is duidelik met sakeondernemings wat hul deure moet sluit, mense wat hul inkomste verloor en diegene wie se drome vir ʼn beter lewe verpletter word.

“Daar is baie ander berigte oor die uitwerking wat beurtkrag op mense se lewe het; oor die ontwrigting by hospitale, skole, howe en ander staatsdienste. Ons hoor van fabrieke wat kosbare produksie-ure verloor, boere wat nie hul produkte kan vars hou nie en beleggings wat teruggehou word.”

(Foto: VF Plus Siyancuma/Facebook)

ʼn Gebrek aan belegging in nuwe opwekkingskapasiteit, swak instandhouding van kragsentrales, korrupsie en misdadigheid, sabotasie, stygende munisipale skuldvlakke en ʼn gebrek aan geskikte vaardighede het egter alles tot die “perfekte storm” bygedra, sê Ramaphosa.

Hy sê toe die energie-aksieplan in Julie aangekondig is, het die regering gewerk om burokratiese rompslomp te verminder, diesel aan Eskom se oopsiklus-gasturbines by Gourikwa en Ankerlig te verskaf en krag van buurlande met ʼn surplus aan te koop.

Eskom gaan geherstruktureer word sodat dit kan aanpas by die huidige behoeftes van die samelewing.

Die president sê die regering nader intussen maatskappye wat surplus klag lewer om dit aan die netwerk te verskaf.

“Nog ʼn groot bron van nuwe opwekkingskapasiteit is sonpanele op die dakke van huise en sakeondernemings. Ons gaan binnekort ʼn prysstruktuur afhandel wat kliënte gaan toelaat om oortollige energie van sonpanele aan die netwerk te verkoop.”

Ramaphosa sê ook hoewel daar ʼn behoefte is om beurtkrag dadelik op te skort, moet Suid-Afrikaners realisties wees oor die poging wat dit gaan verg om die kragkrisis op te los. “Ons moenie die foute van die verlede herhaal nie. Vir baie jare is belangrike instandhoudingswerk uitgestel en ons kragsentrales is te hard gedruk sodat ons die ligte kon aanhou.

“As ʼn land betaal ons nou vir hierdie fout.”

  • Eskom sal later volledige besonderhede oor die beurtkragskedule vir die res van die week bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Nie Verbaas ·

Laaste stuiptrekkings van n nar om stemme te probeer werf. Te laat Ramapokker.

Mien ·

Verkiesings foefie, maak regte geluide en almal klap hande vir gratis KFC en T-Shirt

Tong in die kies ·

My vraag is. Hoeveel eenhede is by elke kragstasie? Ons moet kort kort hoor Madupi, Kusilie, Kriel, Arnot om ‘n paar te noem is af weens instandhouding, RERIG hoeveel keer wil hulle instanhouding doen op dieselfde kragstasie. Darom vra ek wat ek vra.
Ek dink een van ons lesers moet asb sommetjies vir ons maak oor hoeveel kere elke kragstasie af gegaan het vandat ons beurkrag het.
Ek sien bedrog opgroot skaal

Piet 6 ·

Google net en jy sal jou antwoord kry. Ek het vinnig “gegoogle” en gesien Kriel het 6 eenhede wat elk 500 MW kan owek vir ń totaal van 3000 MW.

Marcello ·

Jy hoor reg, maar onthou daar kan nou nie op een slag al die instandhouding op ‘n kragstasie gedoen word nie, dan sal die mense wat afhanklik is van daardie kraglyne, dae en weke sonder enige krag wees, so deel vir deel moet herstel word. (Hou ingedagte dit is 28 jaar se instandhouding wat nie gedoen is nie……) Die ANC is hiervoor verantwoordelik, nie Eskom nie.

H.A. ·

Wat ramapokker eindelik sê is, ons moet nou anc stem, want die anc laat dinge gebeur.

Heinrich ·

Sovêr bly dit maar net baie praat en niks regkry nie. Die president se comrades weet nie wat hulle doen nie, en weet ook nie hoe dit reg te doen nie.

Trotse Boervrou ·

Verlaag eerder die tariewe met die persentasie minder krag per dag! Dit is die regte ding om te doen. Dit is nie die publiek se skuld dat die Regering nikswerd is nie. Hou op ons ons te melk en te straf vir julle gefaalde Regering. Eskom is JULLE fout ANC Regering!

kaplyn ·

Ek stem volkome met jou saam. Kyk die laaste twee sinne van die berig en ek haal aan: “… Vir baie jare is belangrike instandhoudings werk uitgestel en ons kragsentrales is te hard gedruk sodat ons die ligte kon aanhou. As land betaal ons nou vir hierdie fout.”
My eerste vraag is wie is die ons waarvan hy praat? Die ons waarvan hy praat is niemand anders as die ANC nie. En in die laaste sin is die ons niemand anders as die belastingbetalers nie. Daarom stem ek saam Eskom is JULLE fout ANC Regering!!!!!

Trotse Boervrou ·

Ja kaplyn, dit maak my boos dat hy nou as die held gesien wil word wat dan nou pleit dat hul eers die tariefverhoging op hou moet sit terwyl hy en sy Regering dit in die grond in bestuur het. Alles in die land is in sy peetjie in bestuur en nou moet ons hom sien as “mr nice guy” wat tot ons redding kom. Vergewe my Afrikaans maar se gat!

Manie ·

Dis nou gevreet koop op sy beste. Plaas daarvan dat hy vir City Power opdrag gee om Soweto en ander gebiede wat nie betaal nie se krag af te sny.

Waarnemer ·

En jy verwag ons moet jou glo cyril?Probeer ten minste meer geloifwaardig te wees…as president vra jy nie,jy beveel!!!

domheks ·

cANCer het HOPELOOS te veel foute! Hou op met praat en kommissies saamstel (werkskepping) en doen die WERK! Het nog nooit gehoor ‘n probleem kom reg van praat nie – wel van DOEN!

Sarel ·

Niks oor die Korrupsie en Diefstal en die gebrek asn optrede..
Diefstal….Korrupsie..
Geen resep vir volgehoue instandhouding nie..
Maar soos gewoonlik is dit stil…

Amelia ·

My vraag is toe dit covic was was daar geen beurtkrag nie maw niks fout by kragstasies nie net daarna weer berurkrag kan iemand dit verduidelik of het covic die kragstasies in standgehou

Gerhard ·

Baie goeie punt wat jy hier maak Amelia. Heel waarskynlik omdat die mense wat ESKOM so plunder en saboteer onder lockdown by die huis was…

Piet 6 ·

Heel envoudige antwoord. Met COVID eas die meeste besighede en fabrieke gesluit, dus minder kragverbruik.

Eugene ·

So daar het ons dit, Eskom is baas in SA, selfs die president moet hulle mooi vra, hy kan hulle nie beveel nie

Agie@toeka ·

Nou waar is daardie 8 Miljoen/Biljoen Dollar nou kwansuis? Al weer weg in iemand se gatsak?

Casper ·

Ja mnr. die president,sê vir die mense wie het die foute in die verlede gemaak sodat hulle 2 keer sal dink voor hulle weer vir die ANC stem.Nou plaas hy die klem op energie oplissings terwyl dienslewering by munisipaliteite ook misluk.Onbevoegde amptenare.In die dorp waar ek bly het ek op ‘n Sondag al 15 mense getel wat slaggate regmaak teen dubbel tyd vergoeding,is dit nodig.

Casper ·

Tong in die kies,geldige vrae En nog niemand kon verduidelik hoekom eenhede altyd by dieselfde kragstasies uitskop nie.SABOTASIE en die vlieg in die salf is MANTASHE.

JN ·

Kul jou hier kul jou daar en siedaar..
So nou wil Cyril die leier van die ANC en n monopolie ANC beheerde instelling soos Eskom voorlees om nie die tariewe te verhoog nie net omdat mense begin opstaan teenoor die parasitiese uitbyting..
Maar kyk hoe slim is die kalant nie hy vedraai die feite en maak homself nou n ridder op die wit perd Die massas sal die oë verblindery weer vir soetkoek opeet want hul weet nie van beter nie.Dis juis Cyril en kie wat die probleem geskep het..

mattk ·

Dit is net wonderlik hoe daar nou, na de Ruyter se bedanking, deur die regering ingegryp word om die mense te paai (solank begin om stemme te koop/werf). Waarom dwing hy nie ook die ANC beheerde munisipaliteite om die sogenaamde niksdoenende raadslede se salarisse te sny en hul agterstallige Eskom rekeninge (wat miljarde beloop) te betaal nie, dan sal dit ook nie nodig wees om by NERSA te smeek vir verhogings nie. Die kaders is maar net nie gemaak om logies te dink nie, net om te vat en te skep waar hulle kan, want die inkomste uit die wat wel betaal is mos goed.

BoepensVark ·

Hoekom raak Eskom nie van die “dooie hout” ontslae nie…Enige maatskappy wat so geld verloor sou al lankal met afleggings begin het maar nee ons moet bly betaal vir die ANC om stemme te kry!
Almal weet dat die rede vir die baie werkers by staats instansies was om “werk te skep”, nou buit dis ons want eintlik is daar geen werksgeleenthede geskep nie staat instansies en semi-staatsinstansies was net gepak.

Wondermaarnet ·

Hy kruip nou om stemme te werf vir die volgende verkiesing.

Hannelie ·

Ek dink meer hy wil lyk soos die held wat die dag gered het. Te laat sou ek sê!!!!

Genis ·

Praat die grootste Rampkker van Eiskom, hoeveel keer het hy al persoonlik Eiskom probeer red?

Astrain ·

Wanneer jy sê “ons mense” – voel ek onverklaarbaar NOOIT deel daarvan nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.