Honde byt tuinwerker dood

(Argieffoto bloot ter illustrasie: Pixabay)

ʼn 45-jarige man is Maandag glo deur sy werkgewer se drie honde in Crystal Park in Benoni, Gauteng, doodgebyt.

Volgens sers. Lerato Mopeli, polisiewoordvoerder, was die man, wat glo tuinwerk gedoen het, alleen by die betrokke huis toe die voorval plaasgevind het. Dit het omstreeks 10:00 gebeur.

“Die polisie is deur ʼn lid van die gemeenskap ontbied. Die man was egter reeds dood teen die tyd wat die polisie op die toneel aangekom het.”

Die plaaslike dierebeskermingsvereniging (DBV) is ook na die toneel ontbied.

“Die honde is op ʼn menslike wyse van kant gemaak. Dit vorm deel van die standaardprosedure in so ʼn geval,” het Bronwen Kleynhans, woordvoerder vir die DBV, aan Maroela Media gesê.

Volgens Mopeli is ʼn nadoodse ondersoek reeds van stapel gestuur. Niemand is in verband met die voorval aangekla nie, hoewel ʼn ondersoek na die gebeure voortduur.

Dié aanval kom enkele weke ná Dupuo Kokolosi (47), ʼn huiswerker, in Potchefstroom, Noordwes, deur haar werkgewer se drie pitbulls verskeur is. Kokolosi het ernstige beserings aan veral haar gesig, arm en been opgedoen. Sy het reeds ʼn operasie ondergaan en word steeds in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg behandel. Die honde is tydens die voorval op die toneel doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hannelize ·

Hoe kan die huis eienaar die diere alleen los terwyl die tuinwerker / huishulp daar gaan werk? Dit is mos nou vir moeilikheid soek. Meeste mense maak hulle diere kwaai groot om hulle familie & huise op te pas? Ek het 8 worshonde & 1 lab-boerboel kruis. Hulle het groot geword met my tuinwerk & huishulp MAAR as hulle kom werk is daar altyd iemand by die huis. Ek los nooit my diere alleen by die huishulp of tuinwerker nie.

Swerwer ·

Ongeukiig is dit nie almal beskore om iemand tuis by die huis te hê as jy moet werk nie. Jou dierekinders is tuis en niemand laat sommer hul werkers by hul dierekinders alleen as jy weet daar gaan ‘n probleem wees nie. My 2 pitbulle is agter in ‘n groot kamp afgeskort en die tuinwerker en huishulp het geweet hul mag nie daar ingaan nie. Hetsy ons tuis was of nie. Ongelukkig luister party net nie.

Marlene ·

Ons kwaai hond word toegemaak as iemand iets moet doen by ons. Leer ASB uit ander se ‘foute’

Swerwer ·

Die tuinwerker/huishulpe is bekend aan die diere en ongelukkig kan daar die diere nie geoordeel word nie. Waarom die diere skielik ‘n persoon sal aanval, bly onbeantwoord want niemand was tuis tydens so ‘n voorval nie. Moet asseblief nie ‘n voorval van diere opblaas nie, want dan is die werkers wat hul werkgewers vermoor na hul jare reeds by hul werk net so skuldig soos hierdie onskuldige diere wat daar is om hul huishoudings te beskerm.

Cherokee ·

Wat bedoel jy by ‘want dan is die werkers…’ Natuurlik is hulle skuldig en jy kan geen vergelyking tref nie. Diere is bloot diere en kan nie in dieselfde asem as monsters bespreek word nie.

Swerwer ·

Dit is presies hoekom ek gesê het, “onskuldige” diere. Want ons diere is ons kinders, hul beskerm ons. Diere kan nie verantwoordelik gehou word nie , hul tree teen beskerming op. Hul nie nie daarop uit om die werkers te vermoor (dood te byt of verskeur) nie.

Cherokee ·

Heeltemal reg soos jy sê. Ek stem saam.
Die enigste ooreenkoms tussen hulle en moordenaars wat Suid Afrika deel maak van Donker Afrika, is hoe hulle opgesweep kan raak.

Hester ·

Ek blameer die eienaars van hierdie honde,want die honde word nie gesosaliseer nie en as jy weet jou honde is erg teritoriaal dan maak jy hulle toe.Ongelukkig as hulle eenkeer gebyt het dan doen hulle dit weer.Wat as dit n kind is wat in die erg kom,is dit dan ook onskuldige diere wat hulle huishouding beskerm?

Kwikkie ·

Ek blameer die tuinwerkers ens. Niemand weet hoe hulle die honde hanteer het nie. As dit ‘n kind was – was die ook meestal nie geleer hoe om honder te hanteer nie.

Genis ·

Glo my vry, en van die tuiniers en huiswerkers skop en slaan honde ook… Ek se nie almal nie, maar party… HUlle beskou n hons as n las…

piet ·

Ek is bly die mensvreters is onmiddellik uitgesit ongelukkig te laat. Eienaars word hopelik vervolg en van moord aangekla.

Martie ·

Ek wonder wanneer word mense wat moor ook van kant gemaak as hulle iemand dood maak.

Swerwer ·

Toe geregtigheid nog geregtigheid was, en toe daar nog dissipline , wet en orde was.

madels ·

Ongelukkig word die moordenaars gebruik om net nog moorde te gaan pleeg, daarom dat hulle gou op borgtog vrygelaat word

quartus ·

As jy gevaarlikw diere aanhou rus daar n verpligting op jou om seker te maak dat die diere nie mense kan aanval en verskeur/doodmaak nie

Benn ·

Hulle se nie watter honde nie. Ek wonder hoekoem die diere die Tuinman sonder rede sou aanval?

piet ·

Ek twyfel of iemand wat alleen werk met drie groot honde wat daar rondhang so braaf sal wees om die honde te terg of uit te lok. Weer ‘n geval dat die mensvreters se koppe uitgehaak het.

Fritz ·

Wees fluks en doen jou eie huis- en tuinwerk, dan het jy nie sulke probleme nie. Dis mos n maklike oplossing, of hoe?

Herman L ·

Honde beskerm net hul gebied. Dit is gewoonlik geliefde honde wat deel van die gesin is en nog nooit eers gemaak het asof hulle iemand wil byt nie, wat mense doodbyt. Die honde word doodgemaak, terwyl dit die eienaar se verantwoordelikheid is om seker te maak dat sy/haar honde nie onskuldige mense aanval nie. Hoekom hou mense gevaarlike honde aan? Ek sou dink vir hulle beskerming. As ek ‘n vuurwapen vir my beskerming wil aanhou moet ek ‘n lisensie hê wat net bekom kan word na ek ‘n deeglike toets slaag. Ek is egter vry om ‘n hond aan te hou, maak nie saak hoe gevaarlik hy is nie!

Skappie ·

Jammer om te hoor van die tuinwerker se dood. Mag onse Liewe Jesus sy gesin styf in Sy arms vashou in hierdie moeilike tyd wat vir hulle voorle. Ek stem volkome saam met een van die lesers, hoekom word honde doodgemaak as hulle iemand dood byt of aanrand, maar mense wat mense doodmaak, kom niks oor nie.

Pietertjie ·

Ja, wag eers totdat die honde iemand verskeur voordat daar opgetree word. Ek sukkel al ‘n jaar lank met liewe Tshwane om op te tree teen die eienaar van gevaarlike honde wat my enige oomblik in my eie erf kan aanval.

Vettiemaragartos ·

Kan ons asseblief ‘n mense besermingsvereniging kry wat mense ook van kant maak wat moor?

Mariaan ·

Sulke gevaarlike honde moet verbied word!! Al soveel tragedies..kinders wat verskeur word…ag nee man…!! Ek kuier nie eers by mense wat hierdie tipe honde het nie!!

piet ·

Hoekom word mense toegelaat om so baie honde aan te hou op ‘n gewone dorpserf? Dis die eerste probleem.

Waarnemer ·

So,honde kry summier die doodstraf as hulle iemand dood byt,maar wanneer n {mens} kiemand vermoor word hy gratis verblyf in n vyfster tronk gegee,duisende rande in howe gemors om sy sogenaamde onskuld te bewys.Ek se die doodstraf moet terug gebring word met een verandering,so n {mens} moet ook summier tereg gestel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.