Honderde polisiedossiere kry voete

Argieffoto

Volgens antwoorde op geskrewe vrae aan Bheki Cele, die minster van polisie, het altesaam 658 polisiedossiere sedert 2013 vermis geraak en is net agt mense vervolg.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier wat die vrae aan Cele gestel het, het Donderdag gesê uit die agt mense wat vervolg is, was vyf polisielede.

“Dit is ʼn skokkende aanduiding van die polisie se onvermoë om hierdie soort misdaad te bekamp en kom rofweg daarop neer dat 650 dossiere sonder enige nagevolge verdwyn het,” het Groenewald gesê.

Groenewald het gesê uit die minister se antwoorde blyk dit dat die Wes-Kaap met 229 vermiste dossiere die grootste probleem in dié verband het.

“Tweede op die lys is Gauteng met 128, dan KwaZulu-Natal met 118, die Vrystaat met 97 en die Noord-Kaap met 54. In Limpopo het nie een dossier vermis geraak sedert 2013 nie, in Noordwes slegs vier, in Mpumalanga agt en in die Oos-Kaap 20.”

Volgens Groenewald was die groot hoeveelheid dossiere wat binne ʼn enkele jaar op sommige plekke verlore geraak het, opvallend.

“In die eerste vier maande vanjaar het 44 dossiere by die Mothibistad-speurtak in die Noord-Kaap verdwyn. In 2014 het 57 by Nyanga se speurtak (Wes-Kaap) verdwyn, in 2016 55 by die Newcastle-speurtak (KwaZulu-Natal), in 2013 78 by die Tembisa-speurtak (Gauteng) en in 2016 41 by die Winburg-speurtak in die Vrystaat.”

Hy het gesê dit is ironies dat die groot verlies van 658 dossiere juis onder die neuse van die land se speurders plaasgevind het, en dat slegs agt mense daarvoor aangekla is.

Groenewald het gesê die minister se antwoord oor wat gedoen word om die probleem te bekamp is uiters teleurstellend, aangesien dit blyk dat slegs al die ou en normale prosedures steeds gebruik word om dossiere te beskerm.

“Die tyd het aangebreek om innoverende stappe te doen om dossiere – en sodoende die publiek van Suid-Afrika – beter te beskerm, aangesien ʼn saak doodloop wanneer ʼn dossier verlore raak en die misdadiger sodoende die reg ontwyk. Wat hier gesien word, is wydlopende korrupsie en dien as bewys dat die strafregstelsel die mense van Suid-Afrika in die steek laat en ʼn omgewing skep waarin misdaad floreer.”

Groenewald het gesê die party sal die saak met die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie opneem om seker te maak daadwerklike stappe word gedoen om oplossings vir die probleem te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ben ·

Baie groot probleem, Praat van persoonlike ondervinding. Meers as een jaar geneem om klag te le. Het my besigheid veloor, moes my huis verkoop, het duisende rande in die proses veloor. Durbanville Polisie kantoor – Kaapstad. Ek dink ‘n onbevoegde poliesman wat salaris trek is erger as as die Zums en Gupts saam. Oe, hulle was “gedisadvantage”? Dit is ‘n absolute leun. Kom ons bly liewer stil….. Die wiel draai.

Elize ·

My flippen heilige koei. As hulle nie eers na n dossier kan kyk nie, hoe de swernoot wil hul na 400 000 mense se kamstige onwettige vuurwapens kyk. Nou het ek waaragtig alles gehoor. Ek dink nie hier is nog iets van en in die land wat my kan skok nie.

Kan dalk werk ·

Ek stel voor die oomblik wat ‘n dossier geopen word ,daar terselfdertyd ‘n mondelingse bandopname van die dokument se inligting elektronies ingedien word as
Stawing/ back-up vir toekomstige gebruik. Onder streng beheer en toesig natuurlik.

Antiestabliesment ·

Alle inligting van Dossiere moet elektronies vasgele word op n ‘block-chain’ stelsel. Dit sal verseker dat geen inligting wegraak nie en ook net die gemagtigde mense na die inligting kan kyk. Dit kan elektronies in die hof aan al die betrokkenes gelewer word sommer op hul slimfone(tablets) en niemand kan daarmee peuter nie.

Dissie ·

Ek weet van ‘n dossier in Limpopo wat weggeraak het… Nogal moord… Skrikwekkend.

Sannie ·

Waaragtig ek weet van 2 moord sake in Limpopo… en dit was in die tydperk van die berig genoem. So die syfers word ook gekook van hoeveel wegraak en nie!

PLK ·

En hier het ek nou gedink dat Limpopo se polisie bietjie wakker is.

Elsa ·

Sien, dit kom al van 2013. Hierdie is geen nuwe nuus nie….. Mense moet wakker slaap. Neem n video van jou dossier.

Theresa B ·

Lekker gerieflik nê?! Jy moet net die regte mense in die regte plekke ken. Maar geen haan sal hierna kraai nie want hulle is mos altyd reg en altyd die onskuldiges.

ferdi ·

Weeti wa kry hul di syfer maar glo my dis baie baie meer ek weet ek werk da bitter baie duplikate al oopgemaak in my tyd en laat herondersoek geen dissipline of selfrespek ni

Elsa ·

Tyd dat Godvresende manne en vroue die Polisiediens sal beman en elke korrupte persoon in posisies ontbloot word en eers opleiding kry en VERSTAAN waaroor dit gaan…die onbetroubares sal gearresteer word en sal teen ‘n spoed in die trunk gaan deurbring om die Here daar te ontmoet….

Willie ·

In Afrika maak mens als wat krom is, reguit met geld – “government salute”

·

Money talks!!!
Sê vir ons by watter stasies hoeveel wegeraak het,die stasie onder wie ons val is sekerlik een van hulle, gerugte bly die rondte maak van korrupte stasie bevelvoerders maar niemand delf dieper nie, waarvoor is hulle bang?

Tipies ·

Seker maar die dossiere waar hulle PELLE aangekla is of waar die oortreders plaasmoordenaars of verkragters is of enige MOORDE of oortredings teen BLANKES. DIt is die POLISIE IN SA vir jou en hou op om hulle te verdedig, hulle is en bly pateties . hoe kan die goed wegraak? Dossiere raak weg, wapens raak weg maar hulle is vinnig om ‘n boer in hegtenis te neem? USELESS as jy my vra.

marous ·

Korruptes in die polisie is in volslae meerderheid . As dit ontken word , moet hulle verduidelik hoekom hulle nie in getalle opruk na die howe en eis dat hul kollegas vir ewig toegesluit word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.