Hoofaanloopbaan weer oop by Kaapse lughawe

Kaapstad- internasionale lughawe (Foto: @capetownint/Twitter)

Die Kaapstad Internasionale Lughawe se hoofaanloopbaan kon Vrydagoggend weer oopgestel word nadat dit Donderdagmiddag om veiligheidsredes gesluit is.

Die hoofaanloopbaan is Donderdag ná 14:00 gesluit nadat ’n vliegtuig ’n tegniese probleem op die aanloopbaan ontwikkel het. Die lughawe kon steeds die sekondêre aanloopbaan gebruik, maar vlugte is nietemin vertraag of moes herlei word.

Die betrokke vliegtuig is later van die hoofaanloopbaan verwyder voordat ’n inspeksie van dié aanloopbaan gedoen is.

Talle vlugte was ook verlede naweek by die Kaapstad Internasionale Lughawe vertraag nadat die lughawe drie kortsluitings beleef het, het Maroela Media toe berig.

Die kortsluitings het die stelsels by die vertrektoonbank geraak, wat beteken het dat daar geen verbinding met lugdienste was nie.

Die lughawe het passasiers Donderdag opnuut om verskoning gevra vir die ongerief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.