Hoopstad, Hertzogville nog langer sonder krag

(Argieffoto)

Eskom sê kragtoevoer na Hoopstad en Hertzogville in die Vrystaat sal na verwagting nou eers laat Saterdagaand herstel wees.

Dít nadat verdere diefstal by die Giraffe-kragstasie ontdek is, sê Stefanie Jansen van Rensburg, woordvoerder van Eskom.

Die kragvoorsiener het aanvanklik beoog om kragtoevoer na Tikwana, Oppermansdrift, Kameeldoring, Ferdinand sowel as Hoopstad en Hertzogville teen Saterdagmiddag herstel te hê nadat beskermingskabels Vrydagaand by die Giraffe-kragstasie geknip en gesteel is.

Maroela Media het vroeër berig sowat 3 850 van Eskom se kliënte sit sedertdien sonder krag.

Die kragvoorsiener het die kabeldiefstal veroordeel en gesê dit lei tot groot finansiële verliese en ongerief vir sy kliënte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pampoen ·

Daar is net een manier – maak handel dryf in herwinde koper onwettig.

SjN ·

Solank as daar n afset gebied is sal dit nie stop nie, dit is sabotasie en regverdig die swaarste straf.

Nie Verbaas ·

Dit is hartseer om Suid Afrika in so staat van verval te sien. Misdaad is totaal en al buite beheer en te veel dinge word maar net aanvaar en die regering besef nog steeds nie dat huidige wette aangaande misdaad net sal moet verander nie.

Cherokee ·

Hoopstad… as ek reg onthou is dìt waar Ben en Babsie woon!

Marius Gerhardus ·

Sterkte mense. Hoor Nigel was n week sonner krag. Winkels toe gemaak. Baie verliese gelei. Maar as ek kyk na ons munisipaliteite se doeltreffendheid? Wat kan ons beter verwag? En al die politieke partye….. Dis net n gepraat en een belofte na die ander. … En al die beloftes faal lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.