Kabeldiewe laat Hoopstad, Hertzogville sonder krag

(Argieffoto: Mazhar Zandsalimi/Unsplash)

Inwoners van Hoopstad en Hertzogville in die Vrystaat sit sonder krag nadat kabeldiewe Vrydagaand op ’n kragstasie in die omgewing toegeslaan het.

Eskom sê beskermingskabels is omstreeks 21:45 by die Giraffe-kragstasie geknip en gesteel.

Kragtoevoer is sedertdien na Tikwana, Oppermansdrift, Kameeldoring, Ferdinand sowel as Hoopstad en Hertzogville onderbreek. Sowat 3 850 van Eskom se kliënte word daardeur geraak.

Die kragvoorsiener sê die kragtoevoer behoort teen Saterdagmiddag herstel te wees.

“Eskom veroordeel hierdie kriminele dade wat tot groot finansiële verliese vir Eskom en ongerief vir ons kliënte lei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hennie ·

“Laat die ANC regeer” “wat kan tog fout gaan” ” ons het ‘n FANTASTIESE GRONDWET” het hulle gesê! Apartheid was dalk nie die beste oplossing nie, maar hierdie spul swape se “regering” by verre, ook nie!

Dries ·

Die grootste skelms is die skrotwerwe wat die kabels koop. Common sense is om die skrotwerwe te ondersoek en te vervolg. Die regering doen dit nie. WAT BAAT DIE REGERING DAARUIT ?????????????

Philip ·

As daar in daardie omgewing n Kragstasie bestaan sal ek as oud Eskom man baie verbaas wees dit moet seker n Sub stasie wees. Dit is nou se dae die gebruik om oorhoofse geleiers EHV en skakeltuig/ transformators te saboteur vir eie gewin en ek vermoed dat daar mense is wat n klein bietjie kennis van die stelsel het MAW Inside Job baie moontlik te wees.

Nie Verbaas ·

Misdaad floreer terwyl Cele hom ophou met selektiewe gevalle en tv shows net omdat hy geen idee het hoe om misdaad in geheel aan te vat nie.

Karlahari ·

Verklaar kabel diefstal as terrorisme en gee gepaardgaande vonisse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.