Hoopstad-plaasmoord: Jong pa dan gegroet

Janus (Boeta) Powell. Foto: Verskaf

Die familie en vriende van Janus (Boeta) Powell (37) wat Saterdag op ʼn plaas tussen Hoopstad en Bloemhof doodgeskiet is, sal Dinsdag van hom afskeid neem wanneer hy begrawe word.

Tharina Powell, Powell se ma, het gesê die diens sal in die Gereformeerde Kerk Krokodilrivier plaasvind.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het Vrydag gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die soektog na die verdagtes gaan voort.

Maroela Media het vroeër berig die verdagte wat tydens die moord op Powell ook doodgeskiet is, is voorheen daaraan skuldig bevind dat hy hom as ʼn polisiebeampte voorgedoen het.

Thakeng het gesê die 38-jarige man was ook gesoek in verband met rooftogte en kapings wat in Mmabatho in Noordwes en Kuruman in die Noord-Kaap gepleeg is. Die oorledene het ʼn polisie-glimbaadjie aangehad.

Powell is by die hek van die plaas wat hy bestuur het doodgeskiet deur mans wat in polisiedrag geklee was en ʼn blou lig op hul motor gehad het.

Powell se ouers het tydens die voorval by hom, sy vrou, Anemi, en hul kleinkind JJ, wat binnekort vier word, op die plaas gekuier. Hulle het gereed gemaak om te braai toe Powell deur die plaaseienaar gebel en gevra is om hek toe te gaan aangesien daar polisiebeamptes by die plaas opgedaag het.

Powell het kort daarna sy vrou gebel en gesê sy pa en ʼn vriend wat ook daar gekuier het, moet na die hek toe kom.

“Ons het Boeta se Cruiser aan die binnekant van die hek sien staan en die hek was so ʼn entjie oopgemaak. Daar het ʼn motor op die teerpad gestaan,” het Antoon, Boeta se pa, vroeër gesê.

Hulle het eers op die verdagte wat doodgeskiet is se liggaam afgekom en toe op dié van Powell. “Toe ek by hom kom, was hy bewusteloos en ek het gedink hulle het hom geslaan. Hy het sy kop beweeg en ek het gevra: ‘Seun, wat is fout, wat het gebeur?’ ‘Ek weet niks, ek weet niks,’ het hy gesê. Toe ek hom probeer optel, sien ek die bloed, toe besef ek hy is geskiet. Teen die tyd dat die polisie daar aangekom het, het hy baie sleg gelyk. ʼn Dokter het ook opgedaag en Boeta het kort daarna sy laaste asem uitgeblaas.”

Powell se pistool en selfoon word vermis. Die aanvallers het glo eers die eienaar van die plaas genader. Een van die aanvallers het glo in Afrikaans met hom gepraat. Die eienaar, ʼn Chinese burger, verstaan egter nie Afrikaans nie en dit is toe dat hy Powell ontbied het.

Volgens Tharina was haar seun baie hardwerkend en lief vir mense. “Hy het altyd gehelp waar hy kan en hy was ʼn baie goeie pa vir sy kind.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om sers. Lawrence Mojanaga by 083 334 0684 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

? leser ·

kan die chinese man dalk nie identiteitsgesigte van die ander moordenaars saamstel nie?

Joubert ·

Wat help dit nog om sulke mense in die tronk te sit!? Daar is 50 miljoen ander wat potensieël daai vier se plek sal vat. Onafhanklikheid, dis al oplossing.

christine ·

Tragies innige simpatie met familie .Hoop die gemors word gevang en word lewenslank toe gesluit bring doodstraf terug.

Ek wonder ·

As my geliefde op so n manier seer gekry het, mag ek hom gryp en hospitaal toe jaag voor die polisie opdaag?

Anni ·

Ja Jy mag. Want nou is dit weer polisie se skuld dat hy GESTERF het. Hul hoef nie te gewag het nie. Maar soos ek lees sou die Dr’s niks kon doen nie, Wat baie baie hartseer is.

Foxi ·

Hierdie breek my hart!??Al wat ek kan sê……hoop die familie vind vrede. ????

Karin ·

N slang in hierdie gras!!!! Die skrefies oe se sake belange is geheime! Altyd by motiewe! Daars bendes!

Sussie ·

Innige simpatie. Dit is tragies. Begrawe hom op die plaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.