Horner-plaasmoord: ‘Groeiende gevoel van verset onder landbouers’

TLU SA sê hy hoop die regering en die minister van polisie neem kennis van die groeiende gevoel van verset onder Suid-Afrika se landbouers. Dit volg ná gemoedere hoog geloop het by die hofsaak Dinsdagoggend in Senekal waar die twee verdagtes in verband met die moord op die jong plaasbestuurder, Brendin Horner, verskyn het.

ʼn Groot aantal ondersteuners het voor die hof byeengekom om hul woede en misnoeë te kenne te gee. Gemoedere het hoog geloop onder die ondersteuners. Mense het medelye en deernis betoon rakende Horner, maar van hulle was ook woedend.

Die wyse waarop Horner om die lewe gebring is, het skokgolwe deur die land gestuur en honderde mense het vandag van tot Pretoria, Johannesburg, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal gekom om een boodskap oor te dra: “Genoeg is genoeg.”

Die saak is tot 16 Oktober uitgestel.

Bertus van der Westhuizen, die voorsitter van TLU SA se Vrystaatstreek, sê die ondersteuners se optrede vandag by die hof weerspieël die gevoel op grondvlak onder boere.

“Die minister van polisie, Bheki Cele, se onversoenbare houding en uitlatings teenoor boere dra by tot die boere se gevoel. Ons is keelvol en gaan nie meer langer teikens wees nie,” sê Van der Westhuizen.

Hy sê TLU SA hoop die regering sal bydra om boere te beveilig en wet en orde te handhaaf.

“Die regering se gesindheid teenoor en ontkenning van die erns van plaasaanvalle is onaanvaarbaar. Ons hoop die regering besef nou dat die chaos wat kan uitbreek indien daar nie daadwerklik opgetree word nie, so sal ontaard dat hy dit nie sal kan hanteer nie.”

Die burgerregteorganisasie AfriForum en lede van die Demokratiese Alliansie (DA) het ook vandag by die hof byeengekom. AfriForum het die gemeenskap van Senekal toegespreek en plaasaanvalle en -moorde as ʼn vorm van terreur bestempel.

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie wat self ook by die hof was, sê die oplossing vir die probleem van plaasmoorde is tweeledig.

Eerstens moet die boodskap van plaasmoorde na die uithoeke van die wêreld en die raadsale van die Verenigde Nasies geneem word om te verseker dat die internasionale gemeenskap daarvan kennis neem.

“Die tweede deel van die oplossing – wat selfs belangriker is – is dat mense moet besef die regering gaan nié die krisis oplos nie. Gemeenskappe moet eerder sélf die oplossing word deur by gemeenskapveiligheidstrukture aan te sluit om beter na hul eie veiligheid om te sien,” sê Roets.

Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, sê die DA was ook vandag by die hof om verontwaardiging te toon oor die voortdurende strafregtelike aanvalle op die boeregemeenskap.

“Die DA beskou die eienaars van plase én hul werknemers as boere. Horner, wat op ʼn plaas gewerk het, het die duurste prys betaal vir sy loopbaankeuse as jong Suid-Afrikaanse boer.”

Jankielsohn sê misdaad is steeds een van die ernstigste veiligheids- en ekonomiese bedreigings vir die boeregemeenskap.

“Misdade op plase wat moord en verkragting insluit, word reeds deur die landbougemeenskap as ʼn duur oorlog met lae intensiteit beskou en moet deur die regering erken word.”

Jankielsohn sê die DA se teenwoordigheid in Senekal is ook ʼn huldeblyk aan al die boere wat die landbouprodukte lewer wat gebruik word om voedsel en klere te verskaf. “Ons boere wat ons voedselsekerheid verseker, is nasionale bates wat die respek van ʼn dankbare nasie en die beskerming van hul regering verdien.”

Hy sê die DA verstaan die emosies van ʼn gewelddadige dood van ʼn jong mens en die frustrasies wat mense met die strafregstelsel het.

“Die DA sal egter nie reageer op gewelddadige uitbarstings nie en sal steeds die stem van die rede wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Charles ·

Weereens ʼn bewys dat die doodstraf heringestel moet word!!!!

Adri ·

Die doodstarf in die hande van die ANC? Wie dink jy gaan gehang word? Plaasmoordenaars of Boere wat hulleself verdedig?

Reets ·

Hierdie moord op ‘n jong man tref my diep. Ons seun was 18, twee swart seuns het ‘n aanval beplan op ‘n ander wit seun en daarmee ‘n 24 jarige kleurling man gekry om hul te help. Ons seun is sonder ‘n wapen aangeval en 3 dae later moes ons die masjiene afskakel, breinskade. Die moordenaar het na 4 jaar se geheen en weer ‘n opgeskorte vonnis gekry. Ai ek hoop hierdie saak loop beter af, my hart breek vir die ouers en familie. Ja geweld gaan niks oplos nie, maar sweerlik sou ek gehelp het as ek daar was. Die hoop op geregtigheid Mag nie geblus word nie. Hoe durf ons niks te sê nie, dit is tyd dat gehoor gegee word. Hoeveel nog?

Wakkerslaper ·

AfriForum begin die regte geluide maak – ons Boerevolk is onder gewapende terreur aanval (die anc regime en hulle kommie pêlle keur dit goed), die VN en die res van die wêreld moet kennis neem, dit is ‘n kwessie van tyd voordat ons Boerevolk onsself gewapend sal selfverdedig!

Persheks Adri ·

Hulle krap nou waar dit nie jeuk nie! Hoop hulle het die boodskap gekry vandag ons is verby keelvol. Die 1ste boer was al 1 te veel!

Boere lives matter!!!

john ·

hulle sal nie gaan totdat hulle gedwing word die sous trein ry te lekker.

Mariana ·

Hoop daar sal geregtigheid geskied vir die seun se onsinnige moord. Daar moet voorbeeld van daai moordenaars gemaak word. Ons mense is moegom uitgemoor te word.

Mariana ·

Selfverdediging!!! Selfverdediging!! Selfverdediging!! Boere kan nie in vandag se tyd sonder ‘n wapen rondloop nie, enige tipe wapen

Anoniem ·

Ja Jacobus, hoeveel kinders was nie al slagoffers van die bende geweld in die Kaap nie.? Dit gaan nie hier net om landbouers nie maar oor elke Suid-Afrikaner.

Kattebol ·

Ek verlang al hoe meer na Eugene Terreblance. Hy is vermoor nes dr Verwoerd omdat die swartes gesien het hulle gaan teenstand kry. Kom ons maak hulle trots en staan saam… Elke Afrikaner verdien dit!

Lorraine ·

Die dag is besig om aan te breek wanneer goeie mense slegte dinge begin doen aan slegte mense.
~geleen~

Carel Johannes ·

Elke tweede ANC minister en wat nog lewer nou kommentaar oor die onaanvaarbare optrede van die boere, (L.W. wit en swart boere), by Senekal se polisie stasie. Wat ‘n skynheilige klomp. A s gesondheids werkers tydens Covid staak is dit nie ernstig nie, as vakbonde deur die strate marsjeer en winkels plunder en brande stig is dit hulle reg om dit te doen. Swart mag wit vermoor op die mees wreedaardige wyse, maar n witte mag nie eens sy vinger teen n swarte lig nie. Hoekom so?, want “BLACK LIVES MATTER AND WHITE LIVES NOT”

Danny ·

“Die minister van polisie, Bheki Cele, se onversoenbare houding en uitlatings teenoor boere dra by tot die boere se gevoel. Ons is keelvol en gaan nie meer langer teikens wees nie,”

PUNT.

GENOEG IS GENOEG. Die tyd is NOU.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.