HS Eldoraigne-hoof vir eers weer uit pos

Dr. Anton Prinsloo

Dr. Anton Prinsloo is weer voorlopig uit sy pos as skoolhoof van die Hoërskool Eldoraigne in Centurion verwyder.

Die departement van onderwys het die beheerliggaam van die skool Vrydag ná verdere gesprekke in kennis gestel dat Prinsloo met onmiddellike inwerkingtreding na die distrikskantoor oorgeplaas sal word hangende die uitkoms van die dissiplinêre stappe teen hom.

Prinsloo is reeds van die besluit in kennis gestel.

Dít volg nadat die beheerliggaam ’n regspan aangestel het met die oog op regstappe teen die departement se besluit om Prinsloo weer as skoolhoof aan te stel.

Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het die departement besluit om die aangeleentheid te heroorweeg nadat die klaers in die saak hul bereidwilligheid om in die verhoor te getuig, bevestig het en nuwe getuienis ook gelewer is.

“Ons evalueer tans al die bewyse wat ingedien is en sal die kennisgewing van die verhoor binne sewe werksdae finaliseer.”

Prinsloo is vroeër tydelik as skoolhoof verwyder nadat klagtes van boeliery en viktimisering teen hom aanhangig gemaak is. Hy is egter verlede week weer in sy pos aangestel.

Kallie Kotzé, voorsitter van die skool se beheerliggaam, sê in die jongste omsendbrief aan ouers dat die beheerliggaam in die lig van die jongste verwikkelinge nie in dié stadium sal voortgaan met regstappe nie.

“Die besluit is nou in die hande van die departement. Ons moet daardie proses vertrou en vir die departement die nodige ruimte gee om te doen wat hy moet doen.”

Maroela Media het vroeër berig die departement het in Mei ’n onafhanklike ondersoek gelas nadat bewerings van boeliegedrag en viktimisering teen Prinsloo aan die lig gekom het. Ná afloop van ’n ondersoek is aanbeveel dat Prinsloo as voorsorgmaatreël na die distrikskantoor oorgeplaas word terwyl die dissiplinêre proses afgehandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jaco ·

Wit mense werk ‘n wit man uit sy werk uit. Skande. Oppas mense, werkloosheid is die hoogste nog in SA. Môre oormôre klop regstellende aksie en BEE aan die wit lede van die beheerdraad se deure en dan is hulle werkloos.

Adriaan ·

Hoeveel wit mense het hy (Prinsloo) nie gemaak bedank nie? Die bedankingssyfer by HS Eldoraigne is mos baie meer as by ander skole in die omgewing.

Carl ·

Wat het ras enigiets hiermee te doen? Dan weer as jy dink n “beheerdraad” is n werk waarvoor jy betaal word , sal dit die kommentaar verduidelik.

Jaco ·

Meeste mense op die beheerraad het tog sekerlik hulle eie werke. As hulle wit is, moet hulle maar oppas: regstellende aksie en BEE loer gedurig om elke hoek en draai. Môre oormôre is hulle ook werkloos en dan gaan hulle spyt wees en skuldig voel dat hulle dié wit skoolhoof sy werk laat verloor het.

piet ·

Die beheerraad word nie betaal nie die lede offer hul tyd op vir die liefde van die saak

Pieter ·

So jy reken net omdat hy wit is moet hy nie ondersoek word nie. Wat het ras hiermee te doen. Julle is rasbeheb.

Jaco ·

Die ANC is VEEL MEER rasbehep. Kyk net na regstellende aksie en BEE. By dié skool werk ‘n oorwegend wit beheerdraad ‘n wit skoolhoof uit sy werk uit. Dis ons mense wat lelik is met 1 van ons mense. Dis erger as die ANC se rassisme teenoor ons. Onthou net, die wiel draai. Dié lede van die beheerraad wat wel werke het, is met hulle wit velkleur almal potensiële slagoffers van regstellende aksie en BEE. Daarna gaan hulle spyt wees oor wat hulle aan Dr. Prinsloo gedoen het.

Cherokee ·

Anton, as jy jou regte oorskrei het, behoort jy nou teen diè tyd te weet dat jy onwelkom is. Jy wil niè in ‘n (welverdiende) suur atmosfeer werk nie, so gee bes en gaan soek ander werk. Jy hèt geleer.
Wàt wèrklik onaangenaam is hieraan, is dat jy ‘n Afrikaanssprekende gemeenskap opgesteek het om teen ‘n blanke Suid Afrikaner te betoog. Gaan sit in die hoekie daarvoor.. en jy kyk nie òm nie!

Flip ·

Stel een van Panyaza Lesufi se maats aan om as hoof oor te vat. Maak dan ook sommer seker dat die beheerliggaam verteenwoordigend is wat dit lyk vir my dis waavoor Kallie en sy span beplan.

Cecilia ·

Klink my d onnies by d skool wil nie werk nie. As dr Prinsloo hulle dissiplineer dan skreeu hul viktimisering.
Een v d dae sal ons lees d Hoerskool het 0% Slaagsyfer vir GR12’s.

Harley Davidson ·

Reg is reg en verkeerd is verkeerd dit is nie ‘n wit of swart ding nie ,die Dr Prinsloo funksioneer nie soos hy moet en nou moet hy vervang word en die skool sal dan ‘n beter plek wees vir almal.

Tubac ·

Verwyder uit pos, Stel weer aan.Iemand gaan finansieel baat.

Kaptein20 ·

Duidelik word hierdie hoof voor ‘n vuurpeleton maak staan met geen kans om homself te verdedig nie. Indien dit waar is dat hy homself wel skuldig gemaak het aan wangedrag, glo ek dat hy lankal sou reageer op klagtes teen hom. Enige skoolhoof wat sy sout werd is, is nie vriende met kollegas nie. Hy/sy is daar om die skip op koers te hou. Indien hy homself wel skuldig gemaak het aan wangedrag en dit probeer goedpraat of regverdig is hy nie ‘n skoolhoof se naam werd nie.

Keelvol ·

Is hy in n departementele verhoor skuldig bevind? Indien nie, is die skorsing onregmatig.

Keelvol ·

So, jy bly skuldig totdat jy onskuldig bevind word. Het enige iemand al ooit sy kant van die saak aangehoor? Of word hy net gekruisig vir al die verkeerde redes.

Pieter ·

Volgens die meeste mense hier is alle blankes engeltjie. Julle moet bykom.

piet ·

So die mense hou nie van sy bestuurstyl nie nou moet hy uit. Dalk is hy net ‘n baie gedissiplineerde man wat die waardes van die skool hoog stel? En almal kruising hom voor die dissiplinere verhoor en die vorige ondersoek van die departement het ook niks opgelewer nie. Nee wag maar dat die ding volledig sy loop neem. Tans is dit net ‘n vooraf geskindery.

Cecilia ·

Sterkte dr Prinsloo
Almal kruisig jou maar d dept kry geen fout nie.
Ek wonder dan by wie le d fout?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.