HTS Witbank gesluit ná oproer

Ouers en lede van die gemeenskap het Maandagoggend voor die skool saamgedrom (Foto: Skermskoot)

Hoër Tegniese Skool Witbank sluit sy hekke vir die volgende week nadat ouers van die skool en lede van die gemeenskap Maandagoggend slaags geraak en mekaar byna met die vuis bygedam het.

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het sy ontsteltenis oor die voorval uitgespreek en opdrag gegee dat alle klasse voorlopig opgeskort word.

HTS Witbank het intussen in ’n verklaring op sy Facebook-blad gesê die skool sal in opdrag van die departement van onderwys tot 21 Junie (volgende Maandag) gesluit wees.

Die eksamen word dus met ’n week aangeskuif en die nuwe rooster sal Dinsdag met behulp van sosiale media aan leerders deurgegee word.

Die skool sê voorts die beheerliggaam en skoolbestuur veroordeel die afgelope paar dae se gebeure ten sterkste. “Die skool is ’n opvoedkundige instansie en skaar hom hoegenaamd by geen politieke party of politieke aksie nie.

“Ons verseker u dat ons die hele skoolgemeenskap se beste belange op die hart dra,” lui die skool se verklaring.

Vanoggend se onderonsie volg op verlede week se oproer by die skool. Maroela Media het vroeër berig ʼn video van ʼn voorval wat Dinsdag plaasgevind het, wys hoe talle leerders in ʼn vuisgeveg betrokke is voordat daar tussen beide getree word.

Jasper Zwane, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, het dié voorval vroeër as ʼn “rassegeveg” beskryf. Daar kan in die video gesien word dat wit en swart leerders in die geveg betrokke was.

Dit is egter nog nie duidelik of vandag se oproer met dié spesifieke voorval te make het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nico ·

Daar is geen dissipline op skool nie, ‘n goeie pakslae het nog niemand dood gemaak nie, ek is deur die skool en ‘n pakslae het my nie dood gemaak nie. Gee ‘n pakslae, verduidelik aan die kind hoekom hy ‘n pakslae kry, tog is daar mense wat die kind wil doodslaan.

piet ·

Daar was ouens saam met my op skool wat omtrent elke dag pak gekry het. Niks gehelp nie.

Blikkies ·

Ja Nico en Piet, Ek en ‘n paar vriende was maar met die lat deur die skool gesit, ons was baie stout. Dit het nie van ons swakker mense gemaak met sielkundige probleme nie en ons almal lag nou lekker daaroor, en ons almal het redelik tot baie goed presteer in ons lewens. Miskien het dit ook bygedra tot die kameraderie dat ons nog steeds na 40 jaar vriende is? Dit was ‘n goeie ding, daar is egter ‘n verskil tussen ‘n ordentlike pak slae en aanranding, en ons Onnies het ons nooit aangerand nie. So’ ek sal se bring terug daai ordentlike pak slae.

Elinette ·

Wonder hoeveel van hierdie betogers is werklik ouers van skoolgaande kinders by dié skool. Klink vir my soos die goedkoop EFF se “rent-a-crowd”: vir ‘n KFC quarter chicken en ‘n T-shirt sal hulle teen enige iets, op enige plek gaan “betoog”.

john ·

Die vidio doen die ronte op social media maar dit lyk vir my dat die swartes nie leerlinge vd skool was nie. omdat hulle buite die skool gebied gestaan het en die blankes die ingang tot die skool beskerm het.

Leeuwyfie ·

Kom ek verduidelik wat gebeur het.
Swart leerders het ‘n wit kind geslaan en geskop. Swart leerders word geskors.
Politieke partye (eff anc) skreeu rassisme
Hulle weier dat ouers hul kinders by die skool kom haal.
Dit alles laas week.
Bittereinders help die skool om te keer dat politiek ons skole regeer.
eff en anc reël om gister skool te sluit.
Ouers en belanghebbendes beskerm die skool.
Hoofstroom media spin die storie dat swart mense protesteer oor rassisme by skool.
Hierdie is so ‘n belangrike gebeurtenis. En ons mense weet nie eers wat aangaan nie.
Dis ‘n duidelike bewys hoe die media en regering die storie verdraai om witmense as sleg uit te maak!

Misky ·

Net vir meer inligting…… die wit leerder het die 4 swart leerlinge verkla omdat hulle skool “gebunk” het. Dit het uitgekom wie hulle verkla het en die 4 het hom gepak in pouse (of af periode). Skool het by reels gehou en die swart ouers ongelukkig daaroor

Louise ·

Hy het nie hulle verkla nie, dit was ‘n ander skoolkind.

Blikkies ·

Leeuwyfie, dankie vir die inligting wat ek nou nie tot my beskikking gehad het nie. Dit kan beslis help as die media die hele storie vertel en mense dan die regte afleidings kan maak.

Niklaas ·

Ek het selde op skool ‘n week sonder ‘n pak slae oorleef/ beleef. Baie van daardie slae was oor betrokkenheid by vuisgevegte . Dit het glad nie skade aan my karakter gedoen nie. Inteendeel dit was deel van my vormingsjare op skool en ek kon matriek heel goed slaag , so ek glo lyfstraf is nodig vir dissipline , maar nie almal sal saamstem nie.

Anoniem ·

Weereens moet die leerders daaronder lei. Waarom word die ouers wat daar opgedaag het wie se kinders nie betrokke was by die vuisgeveg toegesluit nie? Hul het mos met opset skool toe gegaan om moeilikheid te gaan maak. Word groot

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.