Leerders geskors ná vuisgeveg by HTS Witbank

‘n Skermskoot uit die video.

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga sal Donderdag die Hoër Tegniese Skool Witbank besoek nadat ‘n geveg tussen leerders op video verfilm is en sedertdien wyd versprei word.

Die video wys hoe twee leerders mekaar bydam en ander leerders ook later by die vuisgeveg betrokke raak voor daar tussenbeide getree word. Die voorval het Dinsdag plaasgevind.

HTS Witbank het in ‘n verklaring gesê hy is bewus van die video van ʼn bakleiery wat wyd op sosiale media versprei word.

“Die bestuurspan en beheerliggaam van HTS Witbank het onmiddellik opgetree volgens die gedragskode van die skool. Die betrokke leerders is geskors hangende ʼn dissiplinêre verhoor.

“Ons verseker die skoolgemeenskap dat alle leerders se veiligheid die skool se topprioriteit is en dat akademie voortgaan soos normaal,” lui die verklaring. Maroela Media het navraag gedoen oor hoeveel leerders geskors is en wag op terugvoer.

Jasper Zwane, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, het gesê LUR Bonakele Majuba sal die skool besoek om vas te stel wat presies tot die voorval aanleiding gegee het en om te verseker dat die skuldiges aan die pen ry.

Zwane het beweer dit blyk ‘n “rassegeveg” te wees. Daar kan in die video gesien word dat wit en swart leerders by die geveg betrokke was.

“Die beeldmateriaal is ontstellend en hierdie gedrag word met die grootste erns veroordeel. ‘n Skool is ‘n plek waar onderrig en leer moet plaasvind in ‘n omgewing wat te alle tye veilig is en vry is van enige vorm van intimidasie, geweld en misbruik in enige vorm.

“Dit moet plaasvind waar die welstand van alle leerders altyd geprioritiseer word,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Frank ·

Ai, in my dae het ons net ses van die bestes by die hoof gekry en alles is uitgesorteer en verby.
Maar nou ja, deesdae kom die benadeelde met ‘n mes of AK die volgende dag terug skool toe…

Sobymykoolkop ·

Hierdie trol wat vir elke berig ń “af” duimpie wys stel net sy/haar onkunde bloot, kry ń lewe asb

Samuel ·

Moet hierdie noodwendig ‘n rassegeveg wees? Waarom kan dit nie bloot jongens wees wat werklik kwaad was vir mekaar nie? Die raskaart word heeltemal te maklik gespeel. Pffft.

Skillie ·

Dit is oor die regering so ras-behep is alles gaan oor kleur vir hulle gee.

Franz ·

Ja sodra dit wit teen swart is dan is dit n ras gedrewe insident,as dit anders om is dan is dit nie.Maak mens naar.

Adam Adriaan ·

60 Jaar terug sal die nuus nie eers die plaaslike skinder groepie by die ouetehuis gehaal het nie.

fs ·

Presies… ‘n blou oog om mee te spog en almal lag weer saam… nou STOOK hul die ras ding tot in sy dinges!!!

koos10 ·

Jasper Zwane, met julle rasbeheptheid oor alles, verwag julle seker nie dat dit nie deur skoolkinders opgetel word nie, of wat?
My seun is in graad 10 in ‘n Afrikaanse skool en is nie met ras grootgemaak nie, maar tot hy begin die lewe deur ‘n kleur bril sien, want hy sien hoe wit mense se regte vertrap word.

Anoniem ·

Ag, natuurlik sal daar nou weer gesê word dit is ‘n rassegeveg omdat dit kinders
uit verskillende kulture en rasse is. Los die jongmanne dat hul mekaar self uitsorteer.
Die Media en Departement van Onderwys gaan alles nou net weer groter opblaas
as wat dit werklik is.

Patch ·

30 Jaar gelede was dit ‘n vuisgeveg agter die pawiljoene (tydens pouse of na skool) of by die busstop na skool en ‘n haan het nie weer daarna gekraai nie… en die kapokhaantjies het met ‘n blou oog of gebreekte neus die volgende dag skool toe gekom en blad geskud of draaie om mekaar geloop. Geen departement, ouer of personeellid is daarby ingesleep nie. Where have all the good days gone…….

VaalDonkie ·

baklei is nog altyd ‘n vieslike ding gewees. Maar daardie dae het ons nog min of meer respek vir mekaar gehad. Deesdae word jy met ‘n mes gesteek.

ES ·

Weet nie wat van daai dae geword het nie… boeliegedrag is natuurlik iets anders, maar as daar geskille was soos hierdie, het ons mekaar gou-gou bietjie geboks, net om bietjie van al die hormone en testosteroon ontslae te raak, en more oggend is ons pelle.

Die LUR’s vir skole is die ouens wat hierdie dinge uit verband ruk.

Elize ·

Mag ‘n wit en swart mens nie verskil nie? Moet die witte noodwendig ‘n rassis wees?

Madz ·

…en by dit alles sit nou nog Minister Lesufi wat ook net “selektief” sy ogies wys tydens sulke insidente…..

marius ·

Dink iemand regtig dat die ondersoek objektief gaan wees ?

Hoekom ·

Lyk nie vir my soos ‘n rasse geveg nie. Op die foto lyk dit vir my soos ‘n wit seun en ‘n swart seun wat saam ‘n ander seun op die grond bydam. Daar is mos nie meer so iets soos “chivalry” nie…

Tokkel ·

Kinders bly kinders! Hulle sorteer mekaar uit vandag en more is hulle weer pelle! Die ANC en EFF hulle is elkgeval rasbeheb. Hulle vergeet hoeveel boere doodgemaak word, want dan vergeet hulle van rasbeheb. Dubbel standaarde….pleks hulle vee voor hulle eie deur wat land indie afgrond inwerk.

fs ·

RAS! RAS! RAS!… is dit al waaroor ‘n “boksgeveg” deesdae mag gaan… wat van ‘n normale menings verskil tussen jong manne soos oor eeue heen.. ‘n paar blou kolle later en more lag die “kinders” weer saam… nou blaas almal dit op en maak ‘n berg ARARAT van ‘n molshopie.. foei tog mense het NIKS beter om te doen as poef stook!

Gert ·

Die groot probleem is sosiale media. As iémand poep is daar ‘n ander jafel wat als opneem en versprei. Plaas almal net by hulle eie besigheid hou dan sal die land baie beter word. Hoe moet die kinders leer om vir hulle self op te staan en sê genoeg is genoeg as hulle dit nie met n paar houe kan uitsorteer nie. Dis beter as ‘n mes of pistool geveg.

N ·

Wel as die onderwysers nie meer mag pakslae gee nie moet hulle mekaar maar uitsorteer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.