Hugenotetonnel weens brand gesluit

Hugenotetonnel (Foto: Danie van der Merwe via Wikimedia Commons)

Jongste: Die KWDM het omstreeks 19:00 bevestig die pad is weer oop vir verkeer. Brande naby aan die pad is onder beheer gebring.  – Red

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se branddienste is na ʼn brand naby die Du Kloof Lodge in die Du Toitskloofpas op die N1 ontbied.

Jo-Anne Otto, woordvoerder van die munisipaliteit, het bevestig die Hugenotetonnel is in albei rigtings gesluit weens die brand.

“Die enigste beskikbare roetes is tans via Franschhoek of Wellington oor Bainskloof,” het sy gesê. “Die branddienste het versoek dat motoriste nie stilhou om foto’s te neem nie. Dit is ʼn gevaar vir brandvoertuie en belemmer ook die verkeer.”

Volgens Otto is drie KWDM-brandbestrydingsvoertuie, twee gekontrakteerde grondspanne van NCC en drie helikopters, waaronder twee gekontrakteerde lughulpbronne van Leading Edge Aviation en een van die provinsiale rampbestuursentrum, ontplooi.

Nog twee brandbestrydingsvoertuie is op pad na die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cassie Carstens ·

Ek wonder steeds wie sit agter hierdie brande. Mens kan maar net wonder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.