Huisbrand eis gesin se honde

Die brandende huis in Brooklyn, Pretoria. (Foto: Emer-G-Med)

’n Gesin van Pretoria se twee honde is dood nadat ’n brand Donderdagoggend by hul huis uitgebreek het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê die nooddiens is vroeër vanoggend na die brandende huis in die omgewing van Brooklyn ontbied waar twee pasiënte vir rookinaseming behandel is.

Die huis se ingangsportaal en woonkamer was totaal deur vlamme verswelg en die vlamme het na buite gelek.

Albei pasiënte is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ’n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Van Reenen sê die Stad Tshwane se brandweer het die gesin se twee honde uit die huis gered. Die troeteldiere het egter noodlottige beserings in die brand opgedoen en is op die toneel dood.

Die oorsaak van die brand is onbekend.

Die brandende huis in Brooklyn, Pretoria. (Foto: Emer-G-Med)

Die nooddienste op die toneel. (Foto: Verskaf)

Die brandweer op die toneel. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.