Stevens, van Algoapark, staan tereg op ʼn aanklag van poging tot moord nadat hy glo in Oktober verlede jaar sy vervreemde vrou, Anna-Marie, verskeie kere met ʼn mes gesteek het buite haar vriend se woonstel in Sydenham. Stevens het homself destyds, kort na die voorval, aan die polisie oorgegee.
Hy het Donderdag vlugtig in die hof verskyn. Alwyn Griebenow, sy regsverteenwoordiger, het aangedui sy kliënt het ʼn bed in die Fort England psigiatriese hospitaal gekry vir 8 Junie. Die saak is tot Vrydag uitgestel vir ʼn amptelike borgtogaansoek.
Volgens verslae het Stevens 15 jaar gelede sy eksvrou, Hettie en haar vriend, Colin Rosslee, vermoor, voordat hy homself probeer doodskiet het. Stevens is vrygespreek op die dubbelmoord-aanklag nadat die hof bevind het hy het ʼn psigotiese aanval gehad.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Geen Borgtog vir die man”’ hy verdien nie vryheid? hy is n gevaar vir die samelewing…. nou nog wag vir n bed tot 8 Junie”’ nee regtig”’ Anna-Marie se lewe is ook op die spel? wie weet wat hy volgende sal doen…. Sluit hom toe… tot 8 Junie..wanneer sy bed reg sal wees’in hospitaal…”gee hom solank n bed in die tronk.goed genoeg vir hom??
Die persoon wat hom destyds vrygespreek het op 2 aanklagte van moord moet verantwoordelikheid hiervoor aanvaar. Gaan laai hom daar af.
Estelle ek wil so graag saam met jou stem maar dis ons land se wette wat dit moontlik gemaak het vir ‘n vryspraak. Dis ons wette wat toelaat dat moordenaars mense regte het. Jammer maar in my opinie is ‘n moordenaar nie ‘n mens nie en verdien geen regte of voordele nie. Blameer ons wette en ons paddastoel president wat dit toelaat.
Hulle moet hom so diep in die tronk toesluit dat sy kos met ‘n kettie ingeskiet moet word!
Waarom gaan ‘n vrou in ‘n verhouding met ‘n man wat ‘n rekord soos syne het? En hoe redeneer ‘n regsverteenwoordiger wat hom probeer verdedig?