Hykie en Gerridene wys hul dogtertjie

Boodskappe van gelukwensing stroom in na die geboorte van Hykie en Gerridene Berg se babadogter. (Foto: Hykie Berg/Instagram)

Boodskappe van gelukwensing stroom in vir die gewilde akteur Hykie Berg en sy vrou, Gerridene, ná die geboorte van hul babadogter.

“Ons harte is vol en ons jubel saam met die Vader oor haar menswees,” het Berg op Instagram geskryf kort voor die gesin huis toe vertrek het.

“Ek is oorval met dankbaarheid.

“God se gesig skyn oor ons.”

Baba Leméh is Dinsdag gebore en tientalle boodskappe met seën- en gelukwense is aan die gesin gestuur nadat Berg die foto van die driemanskap op sosiale media gedeel het.

Hykie en Gerridene, met wie hy in 2020 getroud is, het in Junie vanjaar die groot nuus oor Leméh se koms gedeel. Hy het ʼn paar dae gelede in ʼn video op Instagram vertel dat een van die lesse wat hy beoog om sy dogter te leer, is om nooit, ooit tou op te gooi nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.