Identikits uitgereik van ‘polisiebeamptes’ wat boer beroof

Een van die verdagtes wat gesoek word.

Een van die verdagtes wat gesoek word.

Die Wes-Kaapse polisie het Maandag identikits uitgereik van verdagtes wat gesoek word in verband met ʼn onlangse rooftog op ʼn plaas in Wolseley in die Breederiviervallei.

Maroela Media het vroeër berig ʼn boer en sy vrou is op 22 Julie deur ʼn groep mans, wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, aangehou en beroof.

Een van die verdagtes wat gesoek word.

Een van die verdagtes wat gesoek word.

Konst. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, het destyds gesê sewe onbekende verdagtes wat polisieuniforms en koeëlvaste baadjies aangehad het, het omstreeks 18:00 toegang tot die plaas verkry. Een van die beamptes het gemaak of hy ’n speurder is en glo met die boer begin praat oor ʼn saak waarby die boer betrek is.

Die boer se vrou het in daardie stadium na hulle gestap, waarna ʼn verdagte glo op haar geskiet het. Die boer, sy vrou en ʼn werknemer is vasgebind. Die verdagtes het aangedring op die kluis se sleutels en in die slagoffers se VW Polo met ʼn onbekende hoeveelheid kontant, juweliersware en ses vuurwapens van die toneel gevlug.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Sy het enigiemand wat die verdagtes herken, versoek om ao. Morné Terblanche by 082 411 2391 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.