Ietermago in woonwapark gekry

Die ietermago wat gevind dis (Foto: Verskaf)

ʼn Ietermago, wat ʼn hoogs bedreigde spesie in Suid-Afrika is, is Sondagaand in ʼn ou woonwapark in Dingleton in die Noord-Kaap gevind.

Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, sê lede van die polisie se eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies op Kuruman, lede van die hoofwegpatrollie en die Kathu-misdaadvoorkomingseenheid het inligting ontvang oor ʼn ietermago wat glo in ʼn huis in dié ou woonwapark aangehou word.

Navraag is by gemeenskapslede oor die eienaar van die huis gedoen en ʼn persoon wat oor sleutels van die perseel beskik het, is opgespoor.

“Die huis is deursoek en daar is besef dat die kamers in die huis gesluit is,” het Gamieldien gesê. “ʼn Ietermagomannetjie is later in een van die kamers gekry.”

Die huiseienaar het glo gevlug toe die polisie op die perseel aangekom het.

ʼn Saak van die besit van bedreigde spesies is aanhangig gemaak. Die ietermago is na ʼn plaaslike veearts in Kuruman geneem.

Die verdagte is nog op vrye voet, maar die polisie verwag om binnekort ʼn inhegtenisneming in dié verband te doen.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Plaaskind ·

Ek kan nie verstaan hoe mense net alles wil verwoes nie, veral bedreigde spesies. Kyk asb mooi na die pragtige itermagoggie.

Elmarie ·

Arme dier! Alles omdat daar ‘n mark is vir skubbbe ens. Mense wat mos nou weer allerhande tokkelossie goed glo nou moet arme onskuldige dier dit ontgeld

Genis ·

So geldgurig soos nog iets… So onnodig om die sledsame skadelose diere so te laat uitmoor, en verwoesting boonopin die natuur te saai..

Niklaas ·

Ek het gehoor dat die skubbe in aanvraag is in Asië met die vervaardiging van medisyne. Daar is ook soveel mense wat vreemde dinge glo.

Tanniepetoors ·

Ek wonder hoeveel mense het al die voorreg gehad om een van hierdie merkwaardige diere in die natuur te sien. Ek het beslis nie en elke keer as lees van nog ‘n ietermagog wat so gevind word voel ek of ek self die skuldige iets kan gaan aandoen. Ek sal hom of haar agterna kos gee, maar daar gaan eers heelwat bloed wees

Danny ·

Skandelik!!! Daar is ‘n lang naweek van oordeel vir sulke mense! God het ons op die aarde geplaas met die opdrag om na Sy skeppings om te sien, ALLES. Aaklige mensdom!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.