Ikey-student sê ‘wittes moet vermoor word’

Chumani Maxwele. Foto: Facebook

Chumani Maxwele. Foto: Facebook

Chumani Maxwele, ʼn student aan die Universiteit van Kaapstad (UK), is geskors nadat hy glo onder meer vir ʼn lektor geskree het dat “wittes vermoor moet word”.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê die dissiplinêre sake van student word gewoonlik as privaat beskou, maar dat daar besluit is om wel die aanklagte teen Maxwele bekend te maak nadat hy ’n klag by die gelykheidshof ingedien het.

Gerda Kruger, uitvoerende direkteur van kommunikasie en bemarking, het gesê Maxwele het op 1 Mei vanjaar daarop aangedring dat hy in die wiskunde-gebou toegelaat word nadat hy meegedeel is dat dit ʼn openbare vakansiedag is en al die klaskamers en vertrekke gesluit is.

Maxwele het glo egter steeds die gebou binnegegaan en op ʼn lektor, wat vraestelle gemerk het, geskree. Volgens Kruger het Maxwele vir die lektor gesê sy is “’n wit vrou wat die regte van swart studente wegneem”. Hy het toe glo aggressief geskree dat “die standbeeld geval het; nou is dit vir die wittes tyd om te gaan”. Maxwele het glo ook gesê dat hy nie belangstel in die opinies van wit mense nie en dat hulle vermoor moet word.

Volgens Kruger het Maxwele aanhoudend op die lektor geskree en haar gevloek. Die lektor het glo na haar kantoor geloop en die deur gesluit. Maxwele het glo aanhoudend aan die deur geslaan en die lektor gestamp toe sy die deur oopgesluit het. Maxwele het glo op haar lessenaar geslaan en gesê: “Ons moet nie na wit mense luister nie, ons het nie hulle verskonings nodig nie, hulle moet van UK verwyder en vermoor word”.

Kruger het gesê die lektor het op 2 Mei, die dag ná die beweerde voorval, ʼn klag ingedien. Ooggetuies van die beweerde voorval is ondervra en ʼn klagstaat is later aan Maxwele oorhandig. Maxwele se verhoor sou op 4 en 5 Junie plaasgevind het, maar is uitgestel nadat sy regsverteenwoordigers ’n mediese sertifikaat ingedien het. Volgens die sertifikaat is Maxwele ongesteld en sal hy eers op 9 Junie beskikbaar wees vir die verhoor.

Volgens Kruger is Maxwele geskors aangesien die universiteit sy beweerde aksies as “dreigend en intimiderend” beskou en rede gehad het om dit as ʼn risiko vir personeel en studente te sien.

Kruger het ontken dat Maxwele se skorsing, soos in sommige media beweer is, te doen gehad het met die onlangse protesaksies by die universiteit oor Cecil John Rhodes se standbeeld. Sy het gesê niemand is in verband hiermee aangekla nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
Piet Pompies

Boeta, jy kan mos nie net so sommer oorlog verklaar teen die “wittes”, jy gaan jou agterwêreld sien.

George

As ‘n mens kyk na sy optrede wil dit lyk of hy miskien duiwelbesete is. Hy het hulp baie dringend nodig en hou ‘n gevaar in vir die publiek.

carel

hoe het jy op UK gekom – jy is so dom jy behoort nie eers by n kleuterskool verby te kon kom nie.

Moet julle nie ann hom steer nie – hy weet nie wat hy se nie – hy soek aandag sodat n politieke party hom n jobie sal gee sodat hy ook kan steel en bedrieg…..

Jaco

Hy is dalk te dom om te weet dat hy sy mond moet toe hou, maar iewers moes iemand die snert aan hom vertel het. Dis wat my meer pla

Tammy

Hierdie mannetjie moet vir haatspraak aangekla en dienooreenkomstig vervolg word. Hy mag nie hiermee wegkom nie, want dan word dit as aanvaarbaar onder sy mense gereken. Kla hom aan asseblief.