Ikeys-dosent in die sop oor Hitler-uitlatings

Dr. Lwazi Lushaba (Foto: DA/Twitter)

Die DA beoog om ’n dosent van die Universiteit Kaapstad (UK) by die Menseregtekommissie (MRK) te verkla nadat dié glo uitlatings rakende die Nazi-diktator Adolf Hitler tydens ’n vooraf opgeneemde lesing gemaak het.

’n Storm woed om die kop van dr. Lwazi Lushaba nadat hy gedurende die lesing na bewering die volgende gesê het: “Hitler het geen misdaad gepleeg nie. Al wat Hitler gedoen het, was om aan wit mense te doen wat wit mense gewoonlik vir swart mense bestem het.”

Natasha Mazzone, DA-hoofsweep, sê dié uitlatings was nie net “rassisties, beledigend en gemeen” nie, maar ook ongevoelig teenoor die slagoffers en oorlewendes van die Joodse volksmoord en die breër Joodse gemeenskap.

“Die volksmoord was onomwonde ’n misdaad teen die mensdom wat deur Hitler georkestreer is. Die DA veroordeel dus Lushaba se opmerkings.”

Elijah Moholola, woordvoerder van die UK, het gesê die universiteit het met kommer kennis geneem van die beweerde uitlatings en gaan tans die feite na.

“Die UK is duidelik daaroor dat die wreedheid van volksmoord nie net ’n misdaad teen die mensdom is nie, maar ook die bron van voortgesette lyding. Ons distansieer ons van enige ander siening.”

Die DA doen nou ’n beroep op die UK om Lushaba te skors hangende die universiteit se ondersoek.

Volgens Mazzone is dit nie die eerste keer dat Lushaba in die moeilikheid beland weens sy “aanstootlike en omstrede uitlatings” nie.

Lushaba het in 2019 na bewering beswaar aangeteken teen een van die kandidate in die UK se verkiesing van dekaan vir die Departement van Geesteswetenskappe omdat die kandidaat ’n Tanzaniër was.

Lushaba het glo ook in ’n onderhoud met Power FM gesê dat “rede en rasionaliteit wit is”. Hy is ook in 2015 deur die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) geskors weens sy “deelname aan bedrywighede wat nie bevorderlik vir vrye en regverdige verkiesings was nie en onverdraagsaam in ’n demokratiese samelewing” was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

SomeOne ·

waarvoor wag jy, “dr”, pak die tas, moenie die skoene vergeet nie, los jou rassistiese en onbehoorlike uitlatings

Hennie ·

Natasha, die Italianers was aan Hitler se kant… Dog net ek sê dit vir jou!

Dup ·

Die “Dr” het seker sy graad by die Universiteit van Ghwarra Ghwarra behaal,hy lyk nogal skrander van ñ afstand af…..

Yvonne ·

Dup…stem die “dr” lyk waarlik soos wat by sy mond uitkom

Aikie ·

As “rede en rasionaliteit” dan nou wit is, wat is die swart siening dan? Onredelikheid en irrasionaliteit?

Fedup ·

That one will cry if i can tell him exactly who hitler wanted to target.
The Holocaust of any race is not a joke at all.
It should never ever be used as a spiteful comment.

Rooikoos ·

Ja sure. Jy weet nie waarvan jy praat nie. Seker jou graad in die universiteit van die bos gekry

Mariana ·

Dan is hy een wat studente moet leer. Hy hoort nie daar nie. Hulle hou die haat teenoor wittes warm en lewendig. Hy behoort hom te skaam.

Kevin B ·

Die Dr? Ken nie vir Hitler nie, in sy book was van pkan om na die Joode, alle swart mense uit tewis.

Nie Verbaas ·

As mens ernstig opgeneem wil word moet jy ten minste n professionele voorkoms he.

pdbpta ·

Skande… ‘n Bewese verdraaier van waarhede, en Universiteit van Kaapstad gebruik sy dienste??

Jack ·

Die uitlatings moet gesien word teen die agtergrond van die persoon se breinspoeling wat nie net deur sy eie mense nie maar ook deur die wit mense aan hom en baie ander gedoen is. Hy was nie deel van die wat gely het nie maar het sy afleidings gemaak uit opgetekende boeke en verslae van die tydperk. Ek kry hom jammer want hy is beslis n rassis en verlore vir die Mandela droom.

Ria ·

Daar is geen manier dat ons ooit in hierdie land vreedsaam kan saambly nie. Veral nie wanneer hippies soos dié sulke rassistiese uitlatings maak nie. Die massas word hierdeur opgesweep
. Ons hou nie van mekaar nie. Kan iemand dit net besef en ophou om gelykheid in ons kele af te druk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.