Die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap sê die 6,5% inflasiekoers vir Mei wat vandag aangekondig is, bevestig dat die rampspoedige beleide van die ANC nuwe vlakke van ontbering vir die mense van die Wes-Kaap beteken.
Gillion Bosman, die DA se provinsiale woordvoerder oor finansies, ekonomiese geleenthede en toerisme, sê die inflasiekoers is hoër as die Reserwebank se boonste teikenkoers en die eerste keer dat inflasie hoër is as 6% sedert Maart 2017. “ʼn Groot rede vir dié inflasiekoers is die hoë brandstofpryse. Die Wes-Kaap het ʼn uitgebreide werkloosheidskoers van 29%, wat beteken dat uitermatige hoë kospryse ʼn groot risiko vir hongersnood inhou vir ʼn groot deel van ons kwesbare burgers.”
Bosman sê die brandstofpryse het ook ʼn groot impak op die Wes-Kaapse landboubedryf wat vervaardiging en vervoerkoste betref.
“Die mees direkte en doeltreffende stap wat die nasionale regering kan doen is om die brandstofpryse te verlaag. Ongeag die eksterne faktore wat ʼn invloed gehad het op die krisis, is dit nou tyd dat die nasionale regering nou reageer.”
Bosman sê lewenskoste is vinnig besig om buite beheer te raak. “Die nasionale regering moet verligting vir die mense van die Wes-Kaap bied deur nou die brandstofprys te verlaag. Die oorbelaste brandstofprys het ʼn koste-implikasie op die ekonomie omdat byna al ons verbruikersgoedere op pad vervoer word – te wyte aan die ineenstorting van ons spoorwegstelsel. Die stappe wat die DA aangekondig het om die brandstofpryse te verlaag, insluitend deregulering en ʼn daling in belastingheffings, moet ingestel word as ons erge ontbering en sosiale onrus wil vermy.”
Abigail Moyo, woordvoerder van die vakbond Uasa, sê ook die styging in die verbruikersprysindeks (VPI) van 5,9% in April 2022 tot 6,5% in Mei 2022, is verbysterend.
“Werkers gaan die spit afbyt van duurder basiese goedere en dienste wanneer besigheidseienaars en bedryfsvennote hul ondernemings volhoubaar wil maak teen ʼn agtergrond van hoër brandstofpryse.” Die brandstofprys is byna 27% hoër as in Mei 2021.
“Die grootste bydraers tot die jaarlikse inflasiekoers is kos en nie-alkoholiese drankies, behuising en munisipale dienste, vervoer en ander goedere en dienste.”
Kos en nie-alkoholiese drankies het met 7,6% jaar-op-jaar gestyg en 1,3% bygedra tot die jaarlikse VPI-koers van 6,5%. Behuising en munisipale dienste het met 4,9% jaar-op-jaar gestyg en 1,2% bygedra.
“Brandstofpryse sal na verwagting weer in Julie styg en weer druk plaas op kosinflasie en basiese dienste. Werkers sukkel. Salarisse krimp van dag tot dag. Uasa glo die regering kan en moet iets doen om die omstandighede te herstel. Dringende optrede is nodig om heffings en brandstofbelasting te verlaag en volhoubare behoorlike indiensneming te skep.”
Waar gaan dit ophou? Alles word duurder!!! Met die nuutste indikasie dat brandstof weer opgaan met +-R2,00 per l, gaan ons net finansieel bars
Ons het klaar gebars, ek en my vroutjie kan nie meer nie.
Die regering gaan die petrolprys moet dereguleer.Dit gaan hulle kos en die goue eend gaan minder geld lewer elke maand.Die klomp sal nie dit opgee nie.Petrol betaal vir ‘n paar van hulle mislukkings ens.Die regering sal dit doen nie.Hier kom Chaos mense.
Ons betaal meer op petrol as die minimum wage vir werkers
Dit is die middelman wat baatvind asook die vervoermaatskappye, die vervoermaatskappye sal nooit die vervoerkoste verlaas as die brandstof prys daal nie. Die regering maak geld met al die belastings op die petrol prys styg.
“Verligting in brandstofpryse” beteken nie 70c daling en dan ‘n maand later verhoging met R1+ nie. Laagste petrolprys wat ek as kind onthou was R1.75 per liter! Ook die dae toe mens nog 2L melk kon koop vir R5.99 …. Nee wat, ek raak lankal nie meer opgewonde as daar ‘n daling in petrolpryse aangekondig word nie … Sad but true ….
Ek het in 1980 met R400.00 se petrol vanaf Pretoria na Kaapstad en terug gery.
Gooi ou dae toe alles nog gewerk het
Ek het nog nooit opgemerk dat voedsel pryse daal wanneer brandstofpryse daal nie. Ons het ook n daling n voedselpryse BROODnodig.
My huispaaiement is al klaar R2000 meer as wat dit in November laasjaar was toe ek die ding gekoop het. Ek het wel my sommetjies gemaak met ‘n 12% rentekoers, maar dis nog steeds erg man.
Liewe vader help ons waar gaan dit alles stop wie maak so lekker geld uit hierdie hoe pryse uit want ons kan nie kos koop nie ons kan nie meer petrol gooi nie ons kan nie meer bly plekke bekostig nie want dit nou n geleentheid vir mense om hulle huur gelde ook sky high te stoot kry julle nie voor God skaam on hierdie land so te behandel nie en moet asb nie virusse of oorlog kom voor gooi nie want dit het niks te doen met dit nie julle maak geld op alles en ons moet ly daaronder skaam julle maar God sien alles raak rltroos my daaraan
Iewers moet hulle meer geld in die hande kry om hulle sakke vol te prop
Wat maak dit saak hoe hoog brandstofpryse is, as dit afkom kom absoluut niks, geen kospryse, niks af nie
En dan wil die regering Cuba se hongersnood verlig met R50m………Wat het geword van “charity starts at home”?
Die verbruiker het ‘n punt bereik waar daar geen items oor is waarop ons kan besnoei nie.Die staat se verkwisting in wanbesteding gaan net voort. Kom ek verskaf ‘n voorbeeld: Geen fooi skole, waar slegs ouers wat ‘n minimum inkomste het, behoort daarvoor te kwalifiseer. Op die oomblik word daar bittermin bewys van inkomste verwag. Die vraag is of ouers wat Range Rovers, Fortuners en dubbel kajuit bakkies besit, daarvoor kwalifiseer? Kan die ouers se ID nommers nie deur die SAID (SARS) na te gaan word as bewys dat hulle wél geen inkomste het nie? Miljoene Rande kan so bespaar word.
Nee wat as die staat ‘n begrotings tekort het, word belasting net verhoog.
Dis mos lekker om in die parlement te wees met al sy voordele, soos byvoorbeeld reiskoste, wat deur die belastingbetaler betaal word.