Ingenieur op plaas in Oos-Kaap vermoor

Thys van Niekerk

’n Bekende siviele ingenieur, Thys van Niekerk (64), is Woensdagoggend dood in ’n huis op ’n plaas tussen Cradock en Hofmeyr in die Oos-Kaap aangetref.

Van Niekerk het alleen in die huis op die plaas Uitkyk gewoon terwyl hy as inwonende ingenieur, verbonde aan die maatskappy SNA Civil and Structural Engineers, aan ’n padherbouprojek op die R390-roete tussen Cradock en Hofmeyr gewerk het. Hy sou vir die duur van die projek (sowat drie jaar) in dié huis gebly het.

Die projek het sowat twee maande gelede begin en dit sou Van Niekerk se laaste groot padbouprojek gewees het. Hy sou daarna amptelik as ingenieur afgetree het.

Johan Swanepoel, Van Niekerk se projekingenieur, vertel Van Niekerk het nie Woensdagoggend vir werk opgedaag nie. Sy kollegas het hom gaan soek en toe in ’n plas bloed in die huis aangetref.

“Hy het nie beweeg nie en sy kollegas kon ook nie ʼn pols voel nie,” vertel Swanepoel.

Van Niekerk het alleen in dié huis op die plaas Uitkyk gewoon.

Volgens ao. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, is die polisie omstreeks 09:30 na die toneel ontbied. Daar het hulle Van Niekerk met steekwonde aan sy bolyf aangetref. Die aanvaller(s) het na bewering ook sy keel afgesny.

“Die verdagte(s) het met Van Niekerk se Toyota Prado gevlug. Dié voertuig is later met twee pap bande op die Conway-pad in Hofmeyr gevind,” bevestig Nkohli.

“Die omstandighede van die voorval word ondersoek en niemand is al in hegtenis geneem nie.”

Volgens die polisie se inligting is Van Niekerk reeds Dinsdag omstreeks 16:00 vermoor.

Swanepoel sê dit lyk asof Van Niekerk pas by die huis op die plaas aangekom het toe hy aangeval en vermoor is.

‘Diep spore getrap’

Volgens Swanepoel het “Oom Thys” (soos hy op die konstruksieterrein bekend gestaan het) diep spore in die siviele ingenieursbedryf getrap, veral op die gebied van die opgradering en bou van nasionale roetes reg oor Suid Afrika.

Hy was veral bekend vir sy uitnemende werk met die bou van die N4-Maputo-korridor wat sedert 1996 tot 2010 plaasgevind het. Hy het daarna hy op verskeie ander nasionale roetes in die Oos‑Kaap en die Vrystaat gewerk.

Van Niekerk is Woensdag in ’n plas bloed in die huis aangetref.

“Hy was bekend onder die meeste groot padbou-kontrakteurs en almal op die verskillende terreine het opgekyk na hom aangesien hy baie saggeaard was en ongelooflik baie ondervinding gehad het,” sê Swanepoel.

“Die kontrakteur saam met wie hy tans op seksie 1 van die R390 gewerk het, is Roadmac Surfacing Cape. Die spesifieke span van die kontrakteur het onder toesig van Oom Thys sowat vier maande gelede die laaste fase van seksie 5 van die nasionale R67‑roete  tussen Fort Beaufort en Queenstown voltooi.”

Volgens Swanepoel is al die personeel op die terrein sowel as sy kollegas by SNA Civil and Structural Engineers, wat saam met Van Niekerk gewerk het, erg geskok oor die gebeure. “Sommige moes reeds mediese behandeling ontvang vir skok asook berading as gevolg van die sinnelose gebeure.”

‘Familieman, hardwerkend’

Van Niekerk het op ’n plaas in die Vrystaat grootgeword, waarna hy sy graad in siviele ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf het. Hy het kort daarna by SNA Civil and Structural Engineers begin werk en was steeds in diens van dié maatskappy ten tyde van sy afsterwe.

Swanepoel en Van Niekerk se paaie het in 1988 gekruis toe hulle saam by SNA Civil and Structural Engineers gewerk het.

Swanepoel beskryf Van Niekerk as ’n familiemens en hy het gereeld by sy seun in Nelspruit en sy dogter in Oos‑Londen gaan kuier. Sy vrou is ’n paar jaar gelede aan kanker oorlede en hy het sedertdien op sy eie gewoon.

“Hy was bitter trots op sy kleinkinders en net hulle mag met sy groot versameling skaalmodelle van padboutoerusting gespeel het. Hy was baie sentimenteel en het vir sy familie geleef en gereeld as familie saam gaan vakansie hou. Hy het ’n baie gesonde sin vir humor gehad en nooit gekla nie.

“Hy sal deur baie mense onthou word as ’n gelowige, hardwerkende perfeksionis wat vir sy medemens omgegee het.

“Ons gaan jou almal erg mis Oom Thys!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Cornel ·

Mense mense ,wanneer gaan ons leer ,dra jou wapen te alle tye,vertrou niemand .
Ons lewe in n lawless land waar geweldadige crime hoogety vier.
Niemand het meer respek vir niemand ,op die paaie,in winkels ,in ons werks plek nerens .

Delia ·

Dit gaan nie oor wapens dra nie. Ons wil nie so leef met wapens in ons hand nie. Dink jy dus dat dit almal wat so vermoor word se verdiende loën is.
En die niemand-sin is regtig nie waar. Moenie haat saai op alle vlakke nie. Begin leer verdraagsaamheid in jou ouerhuis en aan jou kinders. Ek sidder om te dink met watter hoop maak jy jou kinders/kleinkinders groot met al die negatiwiteit in jou opmerking

LIEZL ·

Niks verkeerd met Cornel se kommentaar nie. Mens uiter maar net wat hier woed binne jou. Dis waar oor respek en elkeen op die pad en winkels en werksplek sal weet wie hulle is, as hulle dit lees. RESPEK is dun gesaai. Ons is nogsteeds vol hoop en vertroue

Delia ·

Ja, ons moet vol hoop en vertroue wees. Want ons weet waar ons hoop en vertroue lê. Ek voel wel ook dat ons hoop moet saai in ons onmiddellike kleim kringetjies want dit is waar ons n invloed het. En ons moet die jeug grootmaak met hoop.
Dis ons ouerlike plig.

Republikein in die Wes Kaap ·

Korrek! Ons is nou daar. Die land is verby die kantelpunt.

Koen ·

Respek begin by jou. Ek het geen probleem met respek betoon of kry nie.

Karoo ·

Hulle het hom geslag soos ‘n dier, ek weet nie eers meer of ek die nuus moet lees nie, die laaste 3 weeke is dit die een “plaas aanval” op die ander.

Karoo ·

Nog ‘n sineloose moord, geslag soos’ n dier….die laaste 3 weeke lees ons meer en meer van “plaas aanvalle”. Hoe kan dit ‘n mens nie ontstel en diep bekommerd maak nie?

Delia ·

Wat n ongelooflike hartseer daad aan n man.wat n produktiewe lid van die samelewing was en sy plek volgestaan het. Gaan soek maar vir n werker met n wrok.

Riana ·

Sal graag al hierdie bloeddorstige, onopgevoede narre uitnooi vir ‘n bungie jumping uitstappie… no stings attached……………… belowe,

Faraway ·

Een man alleen op n afgeleë plaas, tussen Cradock & Hofmeyr – al was hy gewapen, watse verweer het hy teen 2 , 3 of meer?
Iewers moet iemand met n nuwe idee na vore kom vir beskerming
Volgens fotos is dit n pragtige rustige plek – nou bloedgrond
Sterkte vir sy kinders en familie

jon ·

Hulle het op hom gewag, dit was 16:00hr
dus is hy waarskynlik direk van die kantoor gekom.
Met ‘n Glock kan jy meestal ‘n klomp anvallers uitsorteer als
jy tyd het te reageer..

melaney ·

Hy het alleen op die plaas gewoon. Wonder wie is volgende. En malema kraai van die lag.

Skappie ·

Nog ‘n plaasmoord, wanneer gaan dit op hou. Sterkte aan sy kinders en kleinkinder. Mag onse Liew Heer julle deur hierdie moeilike tyd wat nou voorle, dra.

Samuel ·

Net nog ‘n misdaadstatistiek en die SAPD sal nou nie oorhaastig te werk gaan om hierdie brutale moord op te los nie. Sterkte en innige meegevoel aan sy naasbestaandes en vriende.

Casper ·

Delia,dit is inderdaad iemand wat naby aan hom gelef het,en ek voorspel ook dit was ‘n werker of werkers.

Sê maar net ·

Ek het hom nie geken nie, maar uit hierdie berig was hy werklik ‘n mens wat baie gedoen het, in diens van sy medemens en wat alles vir sy familie beteken het. Nou net voor aftrede, na al sy harde arbeid, word hy wreed vermoor. So sinneloos. Alle moorde…..
Mag hy nou in vrede rus.
Baie sterkte aan sy naasbestaandes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.