Inhegtenisnemings vir net 16% van Vrystaat-plaasaanvalle

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

In slegs 16% van die plaasaanvalle wat tussen April 2019 en Mei 2023 in die Vrystaat plaasgevind het, is die verdagtes vasgetrek.

Dít is volgens Maqueen Letsoha-Mathae, LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, op ’n vraag van die DA in die Vrystaatse wetgewer.

Volgens die LUR is 222 plaasaanvalle, waaronder 54 moorde, tussen April 2019 en Mei 2023 in die Vrystaat aangemeld. In slegs 36 van die aanvalle is verdagtes in hegtenis geneem en daar was slegs vyf suksesvolle skuldigbevindings.

“Inwoners op plase bly kwesbaar vir plaasaanvalle in die Vrystaat, wat gepaardgaan met wrede gewelddade teen slagoffers. Die gebruik van slagspreuke soos “Kill the Boer, Kill the farmer” deur die EFF-leier Julius Malema en selfs ANC-ondersteuners by tye, is onverantwoordelik en kan deur oortreders vertolk word as regverdiging vir hul wrede plaasaanvalle en plaasmoorde,” meen Roy Jankielsohn, die DA-leier in die Vrystaat.

Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat (Foto: Anja van der Merwe)

Lede van die Vrystaatse Wetgewer van die ANC én EFF het gepoog om plaasaanvalle af te maak, en selfs te regverdig, deur boere van onwettige uitsettings te beskuldig, sê Jankielsohn.

“Die LUR het egter geantwoord dat daar tussen April 2019 en Mei 2023 slegs vyf sake van onwettige uitsettings by die polisie aanhangig gemaak is, waarvan vier teruggetrek is en net een nog ondersoek word.

“Die DA het deurgaans aangedui dat politici onwettige aktiwiteite moet aanmeld. Die statistieke dui daarop dat hul opmerkings bloot grootpratery is en olie voeg by misleidende politieke veldtogte teen ons boeregemeenskap.”

Jankielsohn sê die paar boere wat in Suid-Afrika oor is, kan nie verantwoordelik gehou word vir die land se geskiedenis van rasgebaseerde diskriminasie en verdeeldheid nie.

“Boere is sakemense wat ons voedselsekerheid verseker en alles moontlik insit in hul bydraes tot indiensneming en ons landelike ekonomieë.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Harley Davidson ·

Die media doen goeie werk om die grootsheid van die probleem uit te lig nog net die politieke korrektheid los en se watter ras is verantwoordelik vir die wêreld om ernstig aandag te neem.

JohanEtz ·

Slagoffers van plaasmisdaad word eerder gearristeer as “verdagtes”!!

Geert ·

Ons het n gevaarlike vlak van verdraagsaamheid vir kriminele dade bereik wat ons duur te staan kan kom. Die tipe gedrag moet met alles in ons vermoeë beveg word.

Jannie van Niekerk ·

Ek dink nie sommige lede van Vrystaatse polisie doen baie moeite om op plaasaanvalle te reageer nie. Dit is reeds die korrupte provinsie in die land.

Shakespeare ·

Met 80% SAP lede onbevoeg en korrup moes hierdie trein ontspoor.

My siening ·

30 polisie 13 voertuie om 2 vroue boere wat hul skape wil op pas te arresteer! Skop deur af, en die eintlike kriminele word geglo en is vry!

Minnie ·

Slagoffers is nie belangrik genoeg vir spoedige ondersoeke nie…..
Tragiese situasie

Willem ·

Is hiedie syfer n anomalie. Met ander woorde is die inhegtenisnemings persentasie vir plaasaanvalle meer as 16% in ander Provinsies. Verder wat is die velykbare syfer vir inhegtenisnemings vir huisroof en ander soortgelyke misdade beide in die Vrystaat en ander Provinsies. Is dit hoër of laer. Die berig is werklik swak nuuslewering, dit verskaf geen vergelykbare syfers nie. 16% is verseker onaanvaarbaar maar is die probleem beperk tot plaasaanvalle en die Vrystaat??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.