Inkomstediens wil weet van jou sonpanele

sonpaneel huishouding

(Foto: Bill Mead/Unsplash)

Edward Kieswetter, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), wil sonkraginstalleerders vorentoe verplig om hul klante se besonderhede aan die inkomstediens te verskaf.

Dít is oënskynlik om te verseker Jan Taks kry elke sent wat hom toekom.

’n Konsepregulasie is reeds verlede maand vir openbare kommentaar gepubliseer en sou dit goedgekeur word, sal installeerders wat ʼn sonkraginstallasiesertifikaat van voldoening vir die installering van nuwe of ongebruikte sonpanele by ʼn huis aan ’n klant uitreik, die klant se besonderhede aan die SAID moet verskaf.

Die besonderhede sluit in die inkomstebelastingnommer óf ID-nommer van die belastingbetaler, die fisieke adres van die persoon wat die sonpanele laat installeer, sowel as die datum waarop dit geïnstalleer is.

Die inkomstediens wil ook weet wat die sonpaneel die belastingbetaler gekos het.

Kommentaar op die konsepregulasie kon tot 14 April ingedien word.

Sou die SAID sy sin kry, sal die besonderhede van almal wat tussen 1 Maart vanjaar en 29 Februarie 2024 sonpanele tuis laat installeer, ingewin moet word.

sonpaneel huishouding

(Foto: Vivint Solar/Unsplash)

Diegene wat sedert begin Maart sonpanele laat installeer het, kan dalk ook ’n besoek van hul installeerder verwag.

Kieswetter se plan volg enkele maande nadat die minister van finansies, Enoch Godongwana, tydens sy begrotingsrede aangekondig het dat individue wat sonpanele aanskaf, voortaan ook ’n belastingvoordeel sal geniet.

Belastingbetalers kan van 1 Maart aanspraak maak op ʼn 25%-korting op die koste van sonpanele, tot ʼn maksimum van R15 000.

Dit beteken dat Suid-Afrikaners ’n kwart van die koste van hul sonpanele van hul belasbare inkomste sal kan aftrek.

Godongwana het gesê dit kan gebruik word om hul belastingaanspreeklikheid in die 2023‑’24-belastingjaar te verminder. Hierdie aansporing sal egter slegs vir een jaar beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Amelia ·

En na die datum wat jy kan eis van belasting kan jy weet jy gaan vir n paar jaar extra betaal want dan verloor eskom n paar rand en jy gaan meer as jou 25%terug betaal nie wat ons word maar net gemelk

Harley Davidson ·

As sy regering krag kan lewer sal niemand nodig hê om solar panele te installeer nie , mors suurstof kader.

JohanR ·

Is die son nie vry? Nou wag ons vir die inkomstediens om jou te tax vir jou suurstof gebruik!

Stofdonkie ·

Jy het nie mooi gelees nie, dis nie om mense te belas nie, maar om vir hulle belasting afslag te gee.

Papsak ·

Nee kyk verloor sal ons maar hulle sal nie hulle sien in watse panarie sit SA met eskom krag nou doen jou eie ding dan moet jy nog tax betaal ook hille sal nie verloor nue klaar wen moet hulle

Wonder ·

ja al besonderhede wat hull gaan kry is n “brief” waarop staan Phala phala…

JohanR ·

miche jy maak my sou soe lag ek val amper van my stoel af!

miche ·

Johan, jy moes eintlik gesê het hier val ek van my rusbank/ sofa( Phala- geld verwys) af.

Pierre ·

Ek betaal daarvoor en betaal belasting daarop so jammer my geld my goedere, die instaleerder het geen reg op my persoonlike inligting nie.

Cherokee ·

Dit klink asof jy nie besef jy word korting aangebied op jou belasbare inkomste.

Dandeleen ·

Ja Cherokee, ons hoor jou en wat gebeur na die jaar, indien hulle dan besluit hulle belas jou het hulle klaar jou info.

RS ·

Daar is genoeg, meer as genoeg, ander dinge in SA wat ondersoek en daadwerklike optrede benodig. Gaan mors julle tyd met dit SAiD!!! …gaan soek oplossings vir eskom en los ons uit.

otter ·

hahahaha , mense , ek sal se dit is tyd dat almal opstaan teen die korrupte regering anders gaan daar al hoe meer sulke verrassings kom

Manie ·

GROOTSKAALSE belasting weerhouding, dan trek die regering se keel toe.

Cherokee ·

Grootskaalse belastingweerhouding. En wanneer inligting gevra word oor hoe om te werk te gaan ten einde belasting te weerhou, dan heers ‘n luiddrugtige stilte.

Manie ·

Dit kan nie individueel geskied nie, dit moet ‘n klasaksie wees waar belasting geld nog steeds aan ‘n instansie oorbetaal word wat die staat se dienste wat nie gelewer word nie, oorneem en dit gebruik vir die oorspronklike doel van instandhouding. Neem dit net weg van die staat en doen self.

ES ·

Manie, dis ‘n pypdroom – as iemand soos ek en jy besluit om dit te weerhou, dan gaan ons TRONK toe (my buurman het sopas uitgekom vir presies hierdie rede). So jy is meer as welkom om dit te probeer maar daar is baie ander, slimmer maniere om geld van die ontvanger terug te eis – op die ou einde kan jy wen.

Manie ·

As ek praat van weerhou, bedoel ek nie glad nie betaal nie, net nie aan die staat nie, maar betaal aan instansies wat die staat se funksies oorneem.

miche ·

Enige iets wat blyk so gevorderd is soos sonkragpanele ensovoorts , is skynbaar te “koloniaal” vir sommige mense. Maar hul skroom nie om self baat daarby te vind nie. Hierdie is seker weer net om ‘n databasis van verbruikers en voorsieners te bekom, sodat hul dit tot hul eie voordeel kan gebruik? ‘nTendertjie hier en ‘n tendertjie daar…

Ansie ·

Mense wat vir sekuriteit by hulle wonings betaal behoort ook ‘n belastingkorting te kry en hierdie belastingkortings moet geld totdat beurtkrag permanent opgeskort en misdaad heeltemal onder bedwang gebring is.

WitBlits ·

Nee wat dankie…. Hoe minder die ANC regering weet wat in en om my huis aangaan, soveel beter… Jaar 1 kry jy korting op jou belasintg, jaar 2 tot wanneerookal word jy belas daarop….

Vertrou dit glad nie….

Cherokee ·

Belas op sonkrag? Jy’s nie helder nie. Dit is nie naweek nie!

Dandeleen ·

Dit is dan presies waarvan hulle laas jaar gepraat het, indien jy sonpanele op het wou hulle hê ons moes steeds R900.00 per maand aan Eskom betaal en dit vir wat? Vir die son wat ons God ons verniet gegee het.

Dandeleen ·

Presies nes jy daar sê WitBlits, indien hulle jou inligting het gaan jy nie nou dadelik nie, maar eendag belas word daarop.

miavos ·

Alles werk mos so in SA: As ‘n diens beskikbaar is betaal jy belasting op die voordeel – of jy dit nou gebruik, of nie!

Robert ·

En dan kan hulle by ander diensleweraars ook begin vra… Waar is ons reg op privaatheid nou?

Maria ·

almal betaal VAT op die sisteme. Bogger die regering. – kry dan maar n mobiele sisteem

George ·

Kom ek stel dit so, gaan kyk wie is die meerderheid wat opgesit het, dan weet julle wie se geld hulle soek.

Sandra ·

hulle sal jou melk vir elke liewe sent, of moet ek liewer sê sonstraaltjie

Kokerboom ·

Hoop mnr Kieswetter wil sommer help betaal aan alternatiewe krag vir oorbelaste middelklas.

Blomkind ·

Skryf dit op jou voorkop n vee dit met n nat lappie af…Dink daaraan en vergeet daarvan…Julle het niks met my ID of my adres te maak nie…Ek betaal genoeg belasting…Hoeveel wil julle nog hê…As mens alles gee, sal hulle nog wil hê, al het jy bokkerol om te gee nie…Dis die mentaliteit waarmee mens moet sit in die Land…

Anel ·

Nou wat van die spul ministers wst elkeen ‘n kragopwekker by sy huis gekry het met brandstof, WAARVOOR ONS, DIE BELASTINGBETALERS MOET BETAAL? Die panele word met my geld op gesit, en ek maak van die son gebruik. Ek betaal klasr btw op dit. En die 25% kastige korting kan julle hou, esnt volgende jaar wil julle my daarop belas!!! En vir hoeveel jaar daarna? Man, gaan spring in die see en versuip! !!!

Leon ·

Die artikel is net half geskryf: seker om die bloeddruk (soos in die kommentaar te sien) op te jaag. Dit maak mos baie sin dat SAID details oor sonpanele en hul eienaars gaan wil weet as hy belasting korting daarvoor gaan moet toestaan. Hoe sou hul dan anders die beloofde 25% eis handhaaf: dit is maar net om bedrof te voorkom, en nie om ons te bedrieg (soos almal nou tekere gaan hier nie).

Dandeleen ·

Nee wat, jy dien mos die goed in wanneer jy jou SARS goedjies invul, waarvoor moet iemand anders dan ook jou info vir hulle gee? Hoekom twee keer, wat is die punt?

Pinoccio ·

Ek ruik ‘n rot. Hierdie is ‘n wortel voor jou neus om te bepaal wie het hoeveel kw. Heffings is êrens in die toekoms op die horison en jou rekening is oppad…

Lillian ·

Dalk moet Jan Taks eers by die deure van die palementslede aanklop vóór hulle so vinnig die gewone publiek wil voorskryf.

Papsak ·

Bloedsuiers as jy my vra kry net nie genoeg nie hulle wil nie krag voorsien nou dat mense self sorg vir hulle gesinne vir krag nou kom hulle weer in net om geld te kry

LANA is ELANè ·

Asb SARS doen niks waaruit hulself nie voordeel kan trek nie. Die is so groot lieg dit is nie eers snaaks nie.
Al wat SARS wil doen is, hulle wil seker maak die koste van die panele se installering kom ooreen met dit wat mense verdien omdat dit so duur storie is nie en dan gaan hulle manier vind om mense op die een of ander manier te belas omdat die staat nou baie geld verloor danksy ESKOM se onbekwaamheid tov kraglewering.
Ek vertrou niemand in hierdie regering nie hulle is so goed om geld te vorder wat hulle nie verdien nie.

Stofdonkie ·

Geagste skrywer, Tania Heyns. Dit wil uit die lesers se kommentare vir my blyk hulle verstaan gladnie jou artikel nie. SAID wil besonderhede hê van installasies sodat hulle vir die belastinbetalers ‘n korting kan gee. Die sertifikaat is nie veel anders as die IT3-sertifikaat wat jy sou ontvang van jou mediese fonds en wat jy gebruik om kortings vir medies af te trek van jou belasbare inkomste nie. Kan mens nie lees nie of kan hulle nie begryp nie?

Luister ·

Die oplossing is eenvoudig! Installeer eers na 29 Feb 2024, dan hoef mens mos nie meer te registreer nie. Hierdie is mos maar net ‘n eenmalige ding, of hoe?

Niel ·

ek dink dis ‘n subtiele manier van Jan Taks om seker te maak dis wel belastingbetalers wat hulle inkomste verklaar het en dan son-panele opsit ook. Sommige skelms sit sonpanele op, ens maar by Jan Taks wys hulle dat hulle nie geld het nie, en al daai dinge. So dis seker maar hulle manier om te kyk wie ontduik belasting, en wie het ‘n hoe lewensstyl, maar op taks se boeke wys dit hulle het ‘ n lae inkomste – dink skelms, smokkelaars, diewe, ens wat sonpanele opsit maar nie by taks wys hulle is ryk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.