Inligting gesoek ná verdrinking op Clifton-strand

Clifton se strand. (Foto: NSRI)

Die polisie is dringend op soek na enigiemand met inligting wat kan help om ʼn swemmer uit te ken wat by Clifton in Kaapstad verdrink het.

Min inligting is nog bekend oor die voorval wat Sondagoggend op Clifton se tweede strand plaasgevind het. Verskeie nooddienste het probeer om die middeljare vrou by te bring voordat sy op die toneel dood verklaar is.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Sondagmiddag gevra dat enigiemand met inligting oor die identiteit van die “wit vrou”, of kontakbesonderhede van haar familie, die Kampsbaai-polisie by 021 437 8140 of die NSRI by 082 380 3800 skakel.

Volgens die NSRI was die vrou waarskynlik in haar 50’s en geklee in ʼn geblomde tweestuk, ʼn geel swempet en ʼn pers Speedo-swembril.

Nicola Jowell, wyksraadslid in die omgewing, het Sondag in ʼn plasing op Facebook haar medelye met die oorledene se familie betuig en almal bedank wat probeer het om die slagoffer by te bring. “ʼn Hartseer manier om die Sondag te begin,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.