Inwoners pak polisie wat op ‘drankverkopers’ toeslaan

Van die konkoksies waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

Inwoners van ʼn buurt in Joubertina het die polisie gepak nadat hulle toegeslaan het op ʼn huis waar drank glo verkoop word.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, het gesê lede van die Joubertina-polisie het Vrydag ʼn wenk opgevolg oor “onwettige drankkonkoksies” wat by ʼn huis in Louterwater verkoop word.

Op die toneel is twee verdagtes in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op meer as 300 liter van die onwettige brousel.

“Na bewering was die polisielede net op pad om by die toneel te vertrek, toe ʼn groep van meer as 100 mense die polisie met klippe bestook en skade aan die polisievoertuig aangerig het,” het Tonjeni gesê.

‘n Polisievoertuig is in die oproer beskadig. (Foto: SA Polisie)

Niemand is beseer nie.

Die skade aan die polisievoertuig word egter op sowat R50 000 geraam.

Die polisie het bystand ontbied en altesaam nege verdagtes, vyf mans en vier vroue, is op aanklag van openbare geweld in hegtenis geneem. Nog inhegtenisnemings kan moontlik deur die loop van die naweek gedoen word.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiehoof, het die voorval ten sterkste veroordeel.

“Ons gaan nie die aaklige voorvalle van geweld teen ons lede duld wanneer hulle hul werk doen nie. Die oppergesag van die reg en diegene wat hul wetlike pligte uitvoer, moet gerespekteer word,” het Ntshinga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Cherokee ·

Jaco, ek geniet gewoonlik jou kommentare en duim-op dit dikwels, maar dink nou weer ‘n nuwe een uit, asseblief. Dit is nou al stokoud.

Arno ·

Die Polisie gaan binnekort nog harder pakslae kry, net so die ANC leiers. Suid Afrika is gatvol dat julle ons keer om n inkomste te verdien terwyl ons gebuk gaan onder julle korrupte opgemaakte reels wat net julle pas. Julle is bang om korrupte mense en regte kriminele te arresteer omdat julle seel is van hulle. Suid Afrikaners gaan binnkort besef dat ons meer en magtiger is as julle korrupte spul en ons land terugvat en julle opsluit en die sleutels weggooi. Julle onderwyser wat Polisie baas speel en julle moet oor julle skouers begin kyk

Keelvol ·

Arno, jy’s 100% verkeerd. Die hospitale is reeds oorvol en as hulle nog drank verwante gevalle moet inneem, gaan daar nie genoeg beddens wees nie. Die hospitale moet alreeds tydelike sale in die parkeer areas oprig Die drank verbod maak sin. Daar is nou minder dronk bestuurders op die pad. Minder huishoudelike geweld. Maar omdat mense ongehoorsaam is moet ons nog langer met die COVID-19 sit. Omdat die mense ongehoorsaam word die inperking die heeltyd verleng. Hoeveel mense moet nog van COVID-19 doodgaan voordat daar die lig gesien word?

Die Goodwoodianer ·

Goeie genugtig! Net toe mens dink mens het alles gesien… Maar dan weereens, dit is Suid-Afrika. Mens kan enigiets verwag.

Vonkprop ·

Hou van die plek se naam, Louterwater. Heel gepas vir die hele petalje.

Cherokee ·

Ek is nuuskierig oor die woord ‘onwettige drankkonkoksies’. Van wanneer af is tuisgebroude drankkonkoksies onwettig? Slegs die verkoop daarvan is onwettig in tye soos nou, en selfs dìt kan bevraagteken word, soos die drankraad wel nou doen. Terug na die woord(e) ‘onwettige drankkonkoksies’, sal graag wil weet wat onwettig is aan die konkoksie,

Die Wolf ·

Jy sal skrik as jy sien wat se bestandele van die goed bevat.

Flip ·

Ou “slimmes”, vat n dag af en gaan vind uit. Dan vertel jy vir ons almal soos jy altyd doen.

MakersMark ·

Mense gaan dood van die brousels. Lyk nader aan paint stripper gemeng met swembad suur as bier. Maar sommiges sal dit ook drink as hul kan dronk raak.

Anel ·

Die fluitjieblaser was seker kwaad omdat hy/sy nie kon deel nie. Pleks word daar ware kriminele gevang. Ek praat gladnie die skade goed nie, maar dit kon verhoud gewees het, so onodig. Hoeveel mense wat die pot aan die kook probeer hou word nie as kriminele gebrandmerk? Hierdie regering is die grootste virus, met cr, die kopdoek vrou en die hoedman voor in die koor.

Keelvol ·

Was jy al by die hospitale gewees en gesien hoe sleg dit daar gaan? Wanneer wil julle luister?

Karel Lourens ·

Ek stem saam met Arno ,terwyl idiote die land regeer met hul mentaliteit van korrupsie ….dan praat ek nie eers van onnosel nie……..gaan dinge net erger raak vie hulle.

Keelvol ·

Wanneer wil mense begin te luister? Hoeveel mense moet nog aan COVID-19 doodgaan voordat daar die lig gesien word.

Casper ·

Ek wonder of die konkoksie alkoholies van aard was en of dit ‘n tuisgemaakte brousel was wat tradisie is by swartmense.Dit sal eers bepaal moet word voor daar strafregelik opgetreë kan word.Indien dit alkohol gevat het mag dit nie verkoop word nie maar tuis gebruik word.Het hulle ‘n lisensie gehad om drank te vervaardig.Die trdisionele brousel bevat nie alcohol nie en mag gebeu word.

Die Wolf ·

Gebruik dalk balle van koerantpapier. Kan altyd verskoning van ons het sokker gespeel gebruik. Gaan meer en meer voorkom.

Pieter J ·

Mense is nie meer lus vir al die inperkings wat inbreek maak op hul lewens en persoonlike vryheid nie.

MakersMark ·

Ongelukkig het ons gesien wat gebeur as daar nie inperkings is nie mense gaan aan asof hul nog nooit van Covid 19 gehoor het nie en infeksies skiet deur die dak met tragiese gevolge asook totale oorstroming van die gesondheidstelsel. Sonder die drankverbod drink SA’ners soos alkoholiste en steek mes en slaan bottel en rol karre met die gevolge dat hospitale se nood eenhede vol is. Of beskou jy CV19 ook as ‘n illuminati, new world order, Bill Gates georkistreerde, 5G transmissie poets op die mensdom ? So ek ondersteun inperkings onder die huidige omstandighede 100% tot mense leer om verantwoordelik op te tree.

Die Wolf ·

Schalk, Jy kan praat tot blou in jou gesig is,maar sekere wesens sal nooit leer nie.

MakersMark ·

Jy is reg veral daai conspiracy theory spulletjie ek dink die kwosiënt is te laag om die konsep van ‘n virus te verstaan. Mensdom gaan so lank soos tyd gebuk onder plae. Spaanse griep van 1918 is ook deur ‘n ander tipe corona virus veroorsaak – ook die longe aangetas en cytokine storms in sekere mense veroorsaak. Golf 2 wêreldwyd was vêr dodelike as golf 1. Toe het miljoene keer meer as vandag gesterf. Inenting is so oud soos die pes toe Edward Jenner in 1798 inenting teen pokke ontwikkel het. Meeste mense is ingeênt teen pokke, klem in die kaak, polio, masels en ander kindersiektes. As jy in Afrika reis is jy waarskynlik ingeênt teen geelkoors, meningitis, hepatitis ens. Dis 2021 en sommige mense sê nog steeds dis die antichrist wat ons DNA verander deur CV19 ineênting met microchips sodat Bill Gates ons kan beheer. Ek dink my gr 1 juffrou was reg toe sy gesê het die maan is van kaas.

Anoniem ·

Ek stem saam met Schalk. Daar is wel ‘n anderkant van die storie. Wynboere wil die ekonomie aan die gang kry sodat mense inkomste kan verdien. Netso die SAB. Ongelukkig is daar mense wat hulle vergryp aan drank en sodra die anc die verkoop van drank toelaat, word hospitale onmiddelik oorvol van diesulkes met messteke, ens. Miskien is daar ‘n middelweg. Maak die verkoop van drank toelaatbaar, maar indien gevalle van messteek gevalle by die hospitaal aankom moet hulle weggewys word. Daardie mense sal dan besef dat hulle eerder moet wegbly van ‘te diep in die bottel kyk’.

pompies ·

Hulle sal nooit uit eie wil van die drank af wegbly nie, hulle is almal naweek alkoholiste.

Nie Verbaas ·

Respek word verdien, nie afgeforseer nie. Geen wonder die publiek het nie respek as mens kyk na polisie korrupsie, dronk op straat, ens nie.

john ·

lol ek kan nie help om lekker te kry nou Cele se gestapo pak kry. Plek dat hulle real crime vasvat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.