Inwoners steel diesel nadat trok omslaan

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Jason Mitrione/Unsplash)

Diesel is Dinsdagoggend by die liters gesteel nadat ʼn vragmotor in Kroonstad omgeslaan het. Ten spyte van waarskuwings oor die erns van die ongeluk, het inwoners van dié Vrystaatse stad nietemin hulself gehelp en boonop die polisie probeer verjaag.

Sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, sê die dieseltrok het om 06:45 in Kroonstad omgeslaan.

“Die 28-jarige vragmotorbestuurder was onderweg van Durban na Schweizer-Reneke in Noordwes toe hy in Kroonstad beheer oor die voertuig verloor het,” sê Rani.

Die vragmotor het omgeslaan en ʼn gevaarlike situasie geskep.

Die bestuurder het matige beserings opgedoen en is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling.

Terwyl die polisie na die toneel ontbied is, het talle inwoners van die stad glo die diesel uit die trok begin steel. Daar was na bewering ook kinders by die voorval betrokke.

Die polisie het probeer om die groep uiteen te jaag om hulle van die gevaarlike toneel te beskerm, maar die gemeenskapslede het die polisie met klippe bestook.

Lede van die Welkom-polisie is kort daarna ontbied om die betrokke beamptes by te staan.

Dit is nog nie duidelik hoeveel liters diesel gebuit is en of van die gemeenskapslede vervolg gaan word nie.

Brig. Mapulane Mbeloane, waarnemende polisiekommissaris van die Fezile Dabi-distrik, het die gemeenskap se optrede ten sterkste veroordeel.

“Dit is hartverskeurend om te sien hoe ons gemeenskapslede nie skroom om hul eie lewens en dié van hul kinders in gevaar te stel nie,” het Mbeloane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

anniekiewiet ·

Dis mos hul kultuur. Hulle glo dat enige iets wat naby hulle “uit die lug val” deur die voorvadergeeste aan hul geskenk is. En kinders moet ook so geleer word, daarom is hulle daar. Arme arme mense, mislei deur satansgewoontes.

Mariana ·

Wat kan mens sê? Dit sal eintlik snaaks wees as die aasvoëls nie toesak nie.

Dries ·

Presies hoe dit werk in SA. Gister roof hulle n substasie hier by ons. Toe die tegnici wou regmaak toe roof hulle die tegnici. Toe die SAP kom help word hulle geroof en met klippe verjaag. Intussen stewl die kaders daar bo lustig verder

Miena ·

KLink soos by ons in die dorp waar dieselfde gebeur het in Bronkhorstspruit. vir hoe lank toe anyway sonder krag gesit…

Adri ·

Nee, Mbeloane, dit is hartverskeurend om hierdie tipe wetteloosheid te sien en te weet dit sal maar weer ongestraf verby gaan.

Kobus ·

Kommerwekkend is dat kinders reeds van jongs af geleer word om te roof, te plunder en met messe steek. Dit is die toekoms van ons land. SAPD is nie opgewasse teen die rampokkers nie. Menseregte is altyd gekant teen optrede. Howe is nie meer effektief nie want aanklaers, landroste en regters word gedreig

Niklaas ·

Dit word nou algemeen en ‘n gewoonte dat stropers toesak om te gryp en te buit by enige voertuig ongeluks toneel . Vriendin van ons is laasjaar tragies dood in ‘n karongeluk en al haar eiendom en besittings is daar by die toneel ge “wen”. Net die klere aan haar lyf is gelos , maar haar skoene was ook skoonveld . En hierdie is nie ‘n nuwe tendens nie. Dit gebeur al jare.

Jr ·

Moenie durf om hulle gemeenskaplede te noem, want dis die laaste ding wat hierdie kriminele is

Samuel ·

Soos petrol en dieselpryse styg, sal ek ook ‘n liter of wat verniet wil hê. Pfffffffft

Miena ·

Maar nou ja – met deesdae se tariewe sou ek seker ook met n afgesnyde pyp en n emmertjie gestaan en tap het as my kar n diesel kar was – gelukkig het ek n petrol kar.

Papsak ·

Gemors jy kan nie betwr verwag nie aasvoels as iets om val help hulle hulle mos self

domheks ·

So leer die kinders wat is “DIE REGTE DING” om te doen. Dan wil hulle he in die skole moet daar dissipline wees??? Geen respek vir iemand anders se goed nie.

AmY ·

Besef hulle hoe gevaarlik dit is, en dat daai vragmotor enige oomblik kan ontplof? En dat neem hulle hulle kinders saam?
Ek dink gierigheid vernietig die breinselle?

Jack ·

Die trok het omgeslaan en word dus volgens boendoewette nou die eiendom van die gemeenskap. Wag tot n dranklorrie omslaan dan help die polisie hulself.

Nico ·

Dit is met opset gedoen, nou wil die polisie weer weg hardloop soos gewoonlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.