Inwoners van dié lande kan nou sonder visum na SA reis

Argieffoto (Sure Travel)

Die departement van binnelandse sake het aangekondig dat sewe lande gevoeg is by die lys van lande wie se inwoners nie visums nodig het om na Suid-Afrika te reis nie.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het tydens sy departement se begrotingstoespraak in die parlement gesê dit is bykomend tot die 75 lande waarvan inwoners reeds sonder ʼn visum na Suid-Afrika kan reis.

Die lande wat tot dié lys gevoeg is, is Katar, die Verenigde Arabiese Emirate, Nieu-Seeland, Saoedi-Arabië, Kuba en Ghana asook Sao Tome en Principe.

“Ons sal dadelik met hulle in gesprek tree oor hoe ʼn visumvrye regime sal werk. Ons het nog huiswerk om te doen vir drie lande waarvan die gesamentlike bevolking sowat 30% van die wêreld se bevolking verteenwoordig, naamlik China, Indië en Nigerië,” het Motsoaledi gesê.

“Terwyl ons besig is om die kwessie van die drie lande aan te pak sal ons in hierdie finansiële jaar die aantal mense wat vir binnelandse sake werk meer as verdubbel om visums in China sowel as Indië te prosesseer. Ons sal ook die aantal mense wat visums na ons land in Nigerië verwerk, verdubbel.”

Motsoaledi het ook verwys na pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die implementering van die e-visumstelsel versnel sal word. Dié stelsel sal dit vir toeriste makliker maak om die land te besoek en ook vir maatskappye om werknemers met kritiese vaardighede te bekom.

“Dit sal ʼn aanlynaansoek wees waartydens ʼn risiko-gebaseerde beoordeling gedoen sal word en jou visum dan elektronies uitgereik sal word in teenstelling met ʼn harde kopie. As jy die elektroniese boodskap per e-pos ontvang, gaan jy reguit na jou lughawe en kom na Suid-Afrika.”

Die stelsel word reeds by Lanseria-lughawe op die proef gestel, het Motsoaledi gesê en bygevoeg dat die stelsel teen einde Oktober geleidelik in werking gestel sal word.

Motsoaledi het ook die kwessie van grensbestuur aangeraak. Hy het gesê daar woed al lank ʼn debat in die openbaar oor die land se poreuse grense en gefragmenteerde grensbestuursbenadering.

“Die probleem is nie dat mense nie na Suid-Afrika moet kom nie, maar dat elkeen wat die land binnekom, behoorlik gedokumenteer moet word. Die poreuse grense maak dokumentasie uiters moeilik. Die probleem van poreuse grense lei nie net tot die gebrek aan dokumentasie van mense nie. Daar is ook ʼn probleem van mensehandel van vroue en kinders oor hierdie poreuse grense. Daar is ook ʼn probleem dat dwelms maklik oor ons grense gesmokkel word.”

Die kabinet het in 2013 ooreengekom op ʼn grensbestuursowerheid (BMA). Die land se grense word tans deur sewe verskillende departemente en entiteite bestuur ingevolge 58 verskillende stukke wetgewing.

“Hierdie departemente het sewe verskillende opdragstrukture met verskillende wette, werksetiek en verskillende bestuursregimes. Onder die BMA sal daar een opdragstruktuur wees, en een bestuurstelsel. Die bestuur van die grense sal rasioneel word. Die wet rakende die BMA is in 2017 in die Nasionale Vergadering goedgekeur maar het ongelukkig by die Nasionale Raad van Provinsies vasgehaak. Ons onmiddellike taak is om na die raad te gaan sodat die owerheid so gou as moontlik gestig kan word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Emileen Viljoen ·

En as ons van Suid -Afrika na Nieu-Seeland wil gaan vakansie hou.

Hanna Hoekom ·

Suid-Afrikaners het n al hoe moeiliker tyd om eerste wereld lande as toeriste te besoek. Ek het n skoon misdaadrekord, 3 Schengen visas, VSA toeriste visa, VK toeriste visa (almal geldig) en het nog steeds n baie moeilike ontvangs in Belgie beleef. So ook in Frankryk. Dit raak inderdaad al hoe moeiliker om eerste wereld lande te kan besoek!

Arrie ·

Ons land moes dit al lankal afgeskaf het. Vir Singapoer het jy net paspoort nodig en hulle kry 15 miljoen toeriste per jaar. Ons hoop dat ander lande waar ons visums nodig het ook voorbeeld sal volg van afskaffing van visums.

Toergids ·

Baie dankie Dr Motsoaledi, die land se toerisme bedryf gaan definitief positiewe vrugte pluk, bring die besoekers na ons pragtige land sodat ons kan werk skep

Clipper ·

Ons moet maar versigtig wees met Indië. Hulle het al klaar te veel skade aangerig met die gupta sage6

Skoolgeld ·

Dis nou die maklikste? Daar is nie mense wat betaal word om hul werk te doen nie nou kan almal kom en gan soos hulle wil? China Nigeria en India is absuluut ñ groot nee!

Saartjie ·

Suid-Afrikaners kan van 2016 nie meer NZ toe kom sonder n visa nie. NZ Border Patrol het destyds oor n tydperk van maande 35 mense (as ek reg onthou was daar n hele paar Nigeriërs by) van SA hier gevang met vervalste paspoorte. Julle minister het destyds gesê dat uit retalliation moes New Zealanders wat in SA wou kuier, dan ook visas hê. Ek is verbaas dat NZ nou ingesluit is onder die lande wat nie n visa nodig het nie.

Saartjie ·

NZ het in 2016 besluit dat Suid Afrikaners visas moes hê om NZ te besoek. NZ Border Patrol het destyds 35 mense hier (waaronder n hele paar Nigeriërs) met vervalsde SA paspooorte gearesteer. Julle minister het toe uit retalliation besluit dat New Zealanders dan ook visas moet hê om SA te besoek. Ek is verbaas dat die besluit nou weer omgekeer is.

Inus ·

Moira Levy het in April 2018 die volgende in die Daily Maverick gesê: “The Border Management Authority Bill may finally have reached the National Council of Provinces, after being passed by the National Assembly in June in 2017. But this comes nine years after the legislation was first mooted, and in the current Select Committee hearings it continues to be seen as a Zuma-esque move to bring the Department of Home Affairs, now back under Malusi Gigaba, closer to the security centre, giving it final control over all border-related government departments, authorities and services.”
Hoekom sloer die regering al vir meer as ‘n dekade met die behoorlike beskerming van ons grense en toegangsbeheer? Seker oor hulle nie nasionale veiligheid verstaan nie, en dis net een van ‘n hele aantal redes.

marous ·

Visums is niks . Veiligheid is die probleem . Wet die mense dat die eens pragtige plek in ‘n hool ontaard het wat van die gevaarlikste in die wereld beskou word ? Geen regdenkende sal sy of haar voete hier sit nie .

p ·

dalk is dit om meer blankes uit te moor gaan slakke pas op die oomblik moet meer mense in roep hoe dan anders

Elna ·

Ek het aan presies dieselfde ding gedink. Dis hoekom dit nou toegelaat word.

Zorro ·

Lyk my paspoorte, grensposte en burgerskap word uitgediende begrippe. Elke ou kan maar gaan waar hy wil. Hulle loop in elk geval oor ons grens.

piet piet ·

Die poreuse grense soos julle dit noem moet beveilig en herstel word anders is enige visums of paspoorte onnodig om SA in te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.