IRR het vrae oor Dis-Chem se posisie oor SEB

(Argieffoto: Dis-Chem)

Die Instituut vir Rasaangeleenthede (IRR) sê hy wil duidelikheid hê oor Dis-Chem se rasse-indiensnemingsbeleid.

Maroela Media het vroeër berig dié farmaseutiese kleinhandelaar het mense woedend gehad met ʼn skrywe wat aan personeel gestuur is wat lui dat wit personeellede nie aangestel of bevorder mag word nie, sodat indiensnemingsteikens by die maatskappy behaal kan word. Dis-Chem het intussen gesê die interne memorandum het “foutiewelik” wyd versprei en was bloot “swak bewoord”. Die raad van Dis-Chem het bygevoeg die memorandum het nie “die waardes van die maatskappy weerspieël nie”.

Gabriel Crouse, veldtoghoof van die IRR, sê dit is onduidelik watter waardes van die maatskappy verkeerdelik verteenwoordig is in die uitgelekte dokument. “Een opskrif was ʼn goeie opsomming van die algemene interpretasie van die raad se brief, naamlik ‘Dis-Chem board sorry for tone of leaked memo – but says no white managers’ policy to stay’.”

Crouse sê die oorspronklike dokument, wat uitgelek het, het die verbod op die indiensneming van wit mense as “fel” maar “noodsaaklik” beskryf “om ʼn moontlike boete van 10% van die omset te vermy wat die onderneming lam sal lê”. Die brief het afgesluit dat “dit ʼn werklike bedreiging in dié stadium is”.

“Alhoewel die ‘werklike bedreiging’ tans oor talle suksesvolle Suid-Afrikaanse ondernemings se kop hang, sal baie min ondernemings, selfs nie eers in interne briewe wat nie vir die publiek bedoel is nie, erken dat dit ʼn motiverende faktor is. Die raad het waarskynlik bevind dat ʼn erkentenis van die ‘werklike bedreiging’ strydig is met sy ‘waardes’.”

Crouse sê die raad van Dis-Chem het ook nie in sy skrywe die kwessie aangeroer van die rede wat in die oorspronklike memorandum verskaf is oor hoekom dit nodig is vir Dis-Chem om nie meer wit bestuurders aan te stel nie.

“Wiskundig, as Dis-Chem een wit senior bestuurder aanstel, moet hy ongeveer 10 swart senior bestuurders aanstel om nader te kom aan sy ‘teiken’. Die brief voer aan dat dit onmoontlik is. ʼn Keuse moet dus dan gemaak word om óf glad nie wit mense aan te stel nie, óf om sommige wit mense aan te stel en verder weg te beweeg van sy teikens. Die raad se verklaring bied geen duidelikheid oor watter keuse by sy ‘waardes’ pas nie.”

Die IRR wil by die raad van Dis-Chem weet:

  • of dit die beleid is om slegs nie-wit mense aan te stel totdat rassedemografiese verteenwoordiging bereik is;
  • of dit die beleid is om ʼn spesifieke getal swart mense op enige vlak aan te stel voordat die volgende wit mens aangestel word;
  • of Dis-Chem verbind is daartoe om mense op meriete aan te stel, ongeag of dit die maatskappy nader bring aan hul eie rasseteikens; en
  • of Dis-Chem verbind is tot só aanstellingsbeleid ongeag of dit deur regulasies of statute vereis word.

“Dis-Chem se uitvoerende hoof Ivan Saltzman moet erkenning kry dat hy iets reggekry het. Hy was reg toe hy gesê het dat ʼn versuim om te voldoen aan rasseteikens tot ʼn moontlike boete van 10% van die omset kan lei. Dit is beter om met oop oë dié feit tegemoet te gaan as om daarvan weg te skram. Dit is in die gees van hierdie deursigtigheid dat die IRR versoek om met Dis-Chem te vergader en die grondwetlike hulpbronne te ondersoek waar meriete ondubbelsinnig eerste geplaas word, en dit is ʼn plek waar meeste Suid-Afrikaners wil hê dit moet wees.”

Crouse sê sedert die minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi, “meer aggressiewe” raswette versoek het, het die IRR al talle praktiese stappe opgespoor wat die regering gedoen het om boetes vir die oortreding van rassewetgewing ʼn werklikheid te maak. “Die IRR het al herhaaldelik gewaarsku teen die negatiewe impak wat dit op indiensneming sal hê. Ons stryd duur voort teen die Wysigingswetsontwerp oor Indiensnemingsgelykheid wat op pres. Cyril Ramaphosa se tafel lê.”

Mlondi Mdluli, veldtogbestuurder van die IRR, voeg by: “Ons versoek ʼn vergadering met die raad van Dis-Chem om die saak te stel om meriete eerste te plaas, en, indien nodig, om die regering se dwang teen te staan kragtens die Grondwet en die trotse tradisie van kapitalistiese weerstand wat die apartheidsbewind ondermyn en uiteindelik verwoes het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Marina ·

Dischem is net jammer dat hulle uitgevang is! Ek weet in elk geval nie waaroor hulle die beleid moes instel nie, want behalwe vir n paar aptekers is al hulle personeel swart. En dit het ek in die Weskaap waargeneem. Nie kleurling of Indier nie, maar swart!

Kobus ·

Wat sou jý gedoen het as die regering jóú besigheid met 10% van die omset beboet omdat jy nie aan hul rassebeleid voldoen nie? Takel eerder die ANC oor BEE!

Blikkantien ·

Ja, maar. Waarvandaan kom hierdie drakoniese, waansinnige wetgewing wat maatskappye dwing om sekere teikens te behaal of dan boetes te betaal. Ja, seker moes Dischem nie die brief uitgestuur het nie, maar nou weet almal waaraan maatskappye blootgestel word. Ons vrot, kriminele regering dring oral in om alles te wil beheer en alles tot as te reduseeer.

Miskruier ·

Jasper, Dis-Chem Health Insurance from R431pp, is affordable Private Healthcare. Reply YES=(CallBack) STOP=OptOut. Centriq Insurance Co Ltd I180 Ts&Cs

Hasie ·

Maak nie saak wat hul sê of doen nie , Gaan nog steeds nie hul ondersteun nie !

Kobus ·

Wat sou jý gedoen het as die regering jóú besigheid met 10% van die omset beboet omdat jy nie aan hul rassebeleid voldoen nie? Takel eerder die ANC oor BEE!

Ovelia ·

Ja eers is dt aangemoedig om daar te koop, toe kom ons agter maar hul is duurder as gewone apteke. Raai wat ons is terug by ons gewone apteek.

Porseleintjie ·

Hoekom verban die ANC nie maar alle blankes nie? Na 28 jaar is die resultaat van jul regerende vermoë tog duidelik. Julle rassehaat byt jul al aan die hakskeen, maar steeds einde niet.

Johan ·

“Apartheid in reverse” will suffice, along with “Corporate Cowards afraid to stand up for what is right”!

En daar is baie “Corporate Cowards”….baie!!

Laksman ·

Dink dis die idee……….as hulle nie werk kry nie, moet hulle maar n besigheid begin en dan grosse aanstel, wat mos weer werkskepping is en goed lyk vir die regering…………..aangesien hulle te sleg is om werk te skep.

Sean ·

As dischem wegkom hiermee kan julle maar weet dit gaan oral erger raak vir blankes om werk te kry Hulle moet spur se pad loop

Andrew ·

Ek sien nie n wit gesigte werk in Checkers, PnP of woolworths nie. Nie eens van McDonalds of KFC , Mr. Price en Builders gepraat nie.

Dries ·

Andrew, dit is baie waar. Geen blanke werknemer in genoemde besighede in ons dorp nie.

ronel ·

Wel as genoeg mense DisChem boikot kan hulle nou maar gewoond raak aan n aansienlike verminderdere omset, want as ek die syfers reg verstaan maak DisChem ongeveer 30% van sy omset uit blanke geld, so 10% versus 30%, julle het self gekies ne?

Antie Sarie ·

Daar is drie dischems in my onmiddelike omgeweing. En ek het gereeld, ten minste net verby geloop. EK kan eerlik se, ten minste 50% blanke kliente. Ek is gelukkig. Oor 50 en gebruik geen medikasie behalwe so nou en dan n hoofpyn poeier. So ek het geen nut vir n apteek. Maar dan en wan het mens n apteek nodig. En ons lokale apteek is perfek. Met die perfekte staf.,

piket ·

Dischem staan nou op teen die wit bevolking wat hulle gebring het waar hulle nou is. Pleks daarvan dat hulle opstaan teen drakoniese wetgewing wat hulle in elk geval sal benadeel…as die geldbaronne wil saamstaan kan daar dalk iets aan bee en aan die verval indie land gedoen word, maar nee, geld wat nou klingel is belangriker, pasop vir die dag van more en oormore……..

VaalDonkie ·

Dieselfde maatskappy wat mense afgedank het oor die COVID-doepa

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.