Israel herroep ambassadeur in SA

(Foto: Annette Riedl/DPA/AFP)

Israel se departement van buitelandse sake sê die land het sy ambassadeur in Suid-Afrika uit Pretoria herroep. Die stap Maandag het gekom slegs een dag voor Suid-Afrika veronderstel is om gasheer te wees vir ʼn aanlyn Brics-beraad oor die geweld in Gaza.

“Ná die jongste Suid-Afrikaanse verklarings, is die ambassadeur van Israel in Pretoria [Eliav Belotserkovsky] na Jerusalem vir konsultasie herroep,” het Lior Haiat, ʼn woordvoerder van die departement op X (voorheen Twitter), bekend gemaak.

Haiat het nie enige verdere besonderhede gegee nie.

Suid-Afrika is uiters krities oor Israel se veldtog in Gaza, wat geloods is ná ʼn dodelike verrassingsaanval op Israel, en die ANC het verlede week aangedui hy sal ʼn parlementêre mosie steun waarin gevra word dat Israel se ambassade in Suid-Afrika gesluit word.

Suid-Afrika het aan die begin van die maand reeds sy diplomate uit Israel herroep.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week, tydens ʼn staatsbesoek aan Katar, ook gesê die regering het besluit om die Israelse regering se optrede formeel na die Internasionale Strafhof (IS) vir ondersoek te verwys omdat die land glo Israel maak hom moontlik aan oorlogsmisdade skuldig. Ramaphosa het ook Hamas se optrede verwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Suzette ·

Rusland moet ook aangekla word en sy ambassade gesluit word in SA vir sy oorlogsmisdade.

Magda ·

Stem so ook SUID Afrika vir volks Moord op burgers waarna hulle nie omsien nie.

Leona ·

Weet jy soms is my wens net dat iemand iets kan doen dat Israel en sy mense kan besef dat die regering nie namens die mense in die land praat nie. RSA is reeds so diep in die nonsense, omdat ons regering God as hulle Vader verraai, en vele erger goed gedoen het. Israel en onskuldige mense, ons bid vir julle.

Koen ·

Die god van die NG / NP regering het ons uitgelewer en in 94 die pad gevat.

Lily ·

Ons is Suid-Afrikaanse vrywilligers wat in Israel dien. Ons het nou die aand ‘n braai gehou vir soldate op die grens (alles bevonds deur SAers en Namibiers) en ons het dit so vir die soldate vertel. Onder andere. Daar’s baie ander dinge. En orals vertel ons vir die mense van Israel dit wat jy se: ons regering is teen julle; ons mense nie. En jy kan verseker weet, ons is hier om ons land te verteenwoordig.

KwaaiRooikop ·

Koen, die god van die NG/ NP regering is gelukkig nie die Lewende God wat ons veronderstel is om te dien nie. So jy is heeltemal reg in jou stelling.

annie ·

Hierdie speletjie van Cyril hang saam met die DA se aksies en by gebruik dit om die Kaapse Moslemkiesers weg te lok van die DA om groter ondersteuning in daardie gebied te kry. ‘n Brute tweestryd tussen kiesers in die Kaap kan verwag word in die 2024-verkiesing. Die ANC wil om verskeie redes in die suide groei.

Marous ·

Wat is die doel daarvan om ‘n verteenwoordiger in ‘n land te he wat openlik vyandig gesind is ? Was net kwessie van tyd.

Pieter ·

Mooi so Israel, hierdie SA regering ondersteun terreur aanvalle op onskuldigge mense,
kyk maar net na die moord syfers wat bekend gestel is. SA het vir homself baie moeilikheid gemaak.

Wakkerslaper ·

Die ANC IS terroriste – ek weet nie hoekom is so bang om dit te erken nie. Dit is lankal tyd dat dit reguit en hardop vir hulle en die res van die wêreld gesê word.

Witwax ·

Die anc maak in RSA ambessade plek vir hulle komunistiese terrorists vernote .

Wiehan ·

So Hamas kan eerste Jode doodmaak en ontvoer, maar sodra Isreal optree is dit oorlogs misdade. Die Palestyne steek Hamas lede tussen hulle wwg, so moenoe huil as jy aangeval word nie. Deler net so goed soos steler. Ramaphosa en ANC, moenie namens my praat nie. Hoop Isreal vernietid eens en vir altyd Hams

Bolandse Nooi ·

Wiehan, die hartseer ding is dat ‘n missiel of bom nie vra wat jy doen of wie jy is op die oomblik wat dit die gebou waarin jy is tref of ontplof nie. Dis die mense op voetsoolvlak wat die ergste ly. “War … planned by politicians, fought by soldiers, suffered by man”. Hoekom word kernpunte soos hospitale getref? Hamas was die aggressor, ja – maar hoekom reageer Israel so fel? Hoeveel onskuldige mense is nou al in hierdie grondgebiedsgevegte oor die jare heen dood en hoeveel moet dan nog sterf, dít om die beheer van ‘n stukkie grond van 365 vierkante km?

Jakes ·

Eerder behoort die strafhof vir Ramaphosa en sy ANC regering vir volksmoord aan te klae sowel as hoogverraad. Geen pille vir onnoselheid nie.

Marlene ·

Ek stem. 7000 moorde in 3mde in sy eie land en hy uiter nie ‘n woord daaroor. Skande!

Danie ·

Israel. Just remember that you have alot of friends in South Africa

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Lees gerus Douglas Murray se boek getiteld “The War against the West”. Sekere mense het ‘n minderwaardigheidskompleks en is jaloers op die Judees-Christen Westerse lande met hul hoogs tegnologiese uitvindings en produkte, suksesvolle demokratiese stelsels, kultuurskatte en ekonomiese voorspoed. En die ANC-leierskap dra ook ‘n minderwaardigheidskompleks met die Suid-Afrikaanse Mzansibabwe opset as voorbeeld.

Sue ·

Korreksie. Suid-Afrika het Nie n probleem net Israel nie. Die regering het want Hulle ondersteun terroriste wat babas vermoor. HULLE PRAAT NIE NAMENS SUID AFRIKA NIE!

Jannie van Niekerk ·

Nou waarom word die Palestynse en Russsiese terroriste nie aangekla nie? Ek sal enige belegger wat in SA wil belê ten sterkste afraai.

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Lesers, Lees gerus die onlangse publikasie van Robert Spencer getiteld “The Palestinian Delusion – The Catastrophic History of the Middle East Peace Process” Ook luister na die YouTube aanbieding oor hierdie boek.

Marthinus W ·

Lees eerder die artikels van die wereld se beste joernaliste, soos Patrick Lawrence, Chris Hedges, Caitlin Johnstone, op Consortium News.

ronel ·

Suid Afrika se regering behoort hulle te hou by hulle eie korrupsie, ongelyke reels, 3rde hoogste kriminele profiel ter wereld, en blatante nepotisme, en ander lande se probleme uit los. As hulle so goed is om te kan probleme identifiseer en aanspreek, hoekom doen hulle dit nie hier waar hulle alles stelselmatig ISM stuur nie ? Rampaposa laat my dink aan die bure se poedel groot bek oor als wat aangaan maar pee hom nat as iemand hom skrik maak.

Eugene ·

Ek wag in spanning vir ramaphosa om te verduidelik hoekom hulle nie vir al-Bashir arresteer het nie en hy was verantwoordelik vir honderde duisende moorde wie se bloed ook op ramaphosa se hande is

Cornelius ·

En ek wonder wanneer die mense sal besef die wonderlike westerse wêreld is besig om in die antichris te verander met die kamtige Jode aan die voorpunt. Almal wil Rusland veroordeel volgens hulle vorige kommunistiese bestel. Daar is meer op regte Christene isnRusland as in Suid-Afrika en die res van die westerse wêreld.

Bolandse Nooi ·

Cornelius, wat de ongeluk het Christenskap met kommunisme uit te maak? Hoe “trou” jy dié twee met mekaar? Kan mense wat kommunisme voorstaan, dan nie ook Christene wees nie?

Bolandse Nooi ·

Deur hierdie optrede bewys die ANC regering maar net een ding: ons is sterk oppad na ‘n uitgemaakte kommunistiese land. Ons bly “neutraal” in die volskaalse oorlog tussen Rusland en Oekraïene, maar neem standvastige standpunt in teen Israel in die Israel/Palestina “onrus” met uitgesproke empatie teenoor Palestina/Hamas wie die aggressors was?

Ek veroordeel Israel nie, maar ek dink terselfdetyd dat hulle met té veel mag die Hamas-inval hanteer en in hierdie proses is dit die arme gewone mens op straat, heelparty KINDERS en vroue, wat beseer, vermink en gedood word. Miskien moet Israel ook bietjie dink “who bears the brunt of the war and where it falls”. Wis die terroriste uit, ja – maar los die gewone man op straat!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.