Jaco Swart ‘verdwyn’

Jaco Swart (Foto: Facebook)

Die veroordeelde vroueslaner Jaco Swart het glo skoonveld verdwyn.

Sy prokureur, Enoch Nethanani, het Woensdag aan Maroela Media gesê hy het nege dae laas van sy kliënt gehoor.

Swart het glo ook nie sy weeklikse betaling nagekom vir die regsdienste wat deur Nethanani aan hom gelewer word nie.

Nethanani sê hy weet nie waar Swart kan wees of wat van hom geword het nie.

Hy het sy kliënt vir die laaste keer op 7 Junie gesien, maar het elke week telefoniese kontak met hom.

“Ons moet elke week kommunikeer. Hy moet my ook elke week vir my dienste betaal. Ek het laas op 19 of 20 Junie van hom gehoor.”

Swart moet ook teen die einde van die maand gesinsonderhoud betaal. Sy foon was Woensdag af toe Maroela Media hom probeer bel het.

Swart is onlangs ʼn boete van R20 000 deur die streekhof in Pretoria-Noord opgelê, asook drie jaar tronkstraf wat vir vyf jaar opgeskort is nadat hy aan die aanranding op sy vervreemde vrou, Nicoleen, skuldig bevind is. Van die aanrandings op Nicoleen is ook op video vasgevang. Die ligte boete wat Swart opgelê is, het egter skerp kritiek en woede ontlok.

Swart het sowat twee weke gelede – kort ná die uitspraak – beweer dat hy aangerand is en nou vir sy lewe vrees. Hy het glo ná die voorval weggekruip.

Nethanani het nie gesê waar dié beweerde voorval plaasgevind het nie, maar dat sy kliënt glo in ʼn stadium in ʼn kattebak geboender is voordat hy later iewers anders afgelaai is.

Swart het nie ʼn klag ingedien nie.

Ná Swart se skuldigbevinding het nog klaers na vore gekom en gesê dat hulle ook deur Swart aangerand is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

De Villiers ·

Ek is nie seker of ek moet lag of die ou moet jammer kry nie?

duiweboer ·

Jammer kry. Hy is n vroue slanner. Hy hoort in die tronk.

Janice ·

So, behalwe vir ‘n vroueslaner is hy ook ‘n liegbek en ‘n skelm. Kan niks beter van sy soort verwag nie.

Hannelie ·

Gaan kyk in ‘n mynskag, hy kruip dalk daar weg. Want hy is natuurlik bang, ‘n regte man slaan hom. Lafaard!!!!!!

My Mening ·

Ja né, was lekker groot meneer toe hy sy vervreemde vrou en andere kon aanrand, maar nou is hy nêrens in sig nie….ook maar ‘n lafaard!!

Di ·

Ja Mnr Kungfu, jy het nooit gedink jy sal ooit in hierdie posisie beland nie. Karma doen sy werk, wat ookal jy uitsit in die heelal ontvang jy altyd terug

Lubbe ·

Dit gebeur as jy n swak regstelsel het. Ek het dit sien kom.

Hennie ·

Smaak my die land het bietjie klein geraak vir die brawe vroue boelie … dalkies moet hy hom nou teen manne verdedig ….. kry vir jou katvis.

Willem ·

Ekt gehoor daar is n video van die aanranding op hom. Weet net nie hoe waar dit is en waar om die video te kry nie.

Nick ·

Waarvoor wag almal?? Sit Hoed op sy spoor! Hy is mos ‘n super poliesieman.

absoluut ·

Vries al sy bates as hy het dan sal hy vinnig iewers sy opwagting maak as ander mense hom nie al uitgesorteer het nie

Karinda ·

Hoop hy is veilig sodat hy kan pa staan vir sy foute en ook vir sy kinders kan sorg.

LeanetteS ·

Ek dink die lafaard kruip weg!!!! Makliker om dit te doen, as om gevolge te dra, vir jou dade!

Danie ·

Die ou speel met almal. Hy kruip nou weg sodat almal moet dink dat iemand nou van hom onslae geraak het. Toe hy aangerand was soos hy beweer, hoekom het hy nie n klag gaan le of selfs net fotos gestuur van die aanranding. Ek wonder net of sy prokureur nie saam met hom speel net om verwarring te bring. Miskien moet daar meer omtrent altwee uitgevind word. Hy beskerm mos sy klient.

SjN ·

Daar is verseker met hom gepraat, hoop hy le in saal a, b en c.

Swerwer ·

Belaglik dat die vroueslaner nie bereid is om sy pakslae soos ‘n man te dra wat hy ongevraagd aan vroue uitgedeel het.

PersHeks ·

Man lag ek nou lekker vir die boelie se prokureur!!! Hy moet nie nou kom huil oor uitstaande gelde nie…wou mos die pes verteenwoordig!!!

Blikkies ·

Swart lieg oor sy aanranding. Hy kruip nou weg die vabond. Hy sal nog duur betaal vir sy dade.

FCR ·

Dis hoekom jy nie vir so iemand borg gee, of ‘n opgeskorte vonnis nie. Hy moes reguit tronk toe.

Niklaas ·

Ek glo nie die kastige storie van hierdie knaap se aanranding deur ander mans en dat hy by ‘n kattebak ingegooi is nie. Dan sou hy erg beseer rondgestap het. Nee , dis simpatie soek daardie. Hoop hy verloor sommer ook sy besigheid , want dit sal hom gewis seermaak . Sy lewe gaan minder prettig wees voortaan en dis goed so.

ditiswatekdink ·

Jaco, kruip ons nou n bietjie weg ?
Jou lewe gaan nooit weer dieselfde wees nie.
Dit is die einde van die paaitjie vir jou.
Hardloop boeta !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.