Jagters mag dán oorslaap

(Foto: pixabay)

Verblyf vir jagdoeleindes word nou toegelaat mits dit in dieselfde provinsie is as waar die jagter woon.

Die departement van omgewingsake, bosbou en visserye sê die gewysigde regulasies wat nou die voorsiening van akkommodasie vir jagters in hul eie provinsie toelaat, sal vandeesweek in die Staatskoerant gepubliseer word. Dit volg ná die oorslaap vir jagdoeleindes verlede Dinsdag kragtens gewysigde regulasies heeltemal verbied is.

Albi Modise, woordvoerder van Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye, het ná afloop van ʼn kabinetsvergadering bevestig jagters mag nou by hul jagbestemmings in dieselfde provinsie waarin hulle woon, oorslaap. Dit is in ooreenstemming met die besluit wat die kabinet verlede week geneem het om beperkings rakende reis vir ontspanningsdoeleindes te verlig.

Maroela Media het vroeër berig die gewysigde regulasies wat verlede week in die Staatskoerant bekend gemaak is, verbied reis oor provinsiale grense vir jagdoeleindes. Jag met die doel om troppe uit te dun om te verseker dat die veld selfonderhoudend bly, word toegelaat op voorwaarde dat geen reis oor provinsiale grense geskied nie.

TLU SA het straks die wysigings van die regulasies verduidelikings daarvoor gesoek en ook die wysigings as uiters onverskillig en irrasioneel beskryf.

Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum, sê indien jagters nou toegelaat kan word om in hul eie provinsies vir jagdoeleindes te mag oornag, is dit reeds ʼn ligpunt vir die wildbedryf.

“Dit is ʼn skrale troos. Die wildboere in die onmiddellike provinsie sal voordeel daaruit trek,” sê Kamfer.

“Van die jagters wil steeds graag oor die provinsies beweeg en by sekere wildplase gaan jag. Daardie wildboere word steeds benadeel, want hul gereelde jagters kan nie oudergewoonte daar gaan jag nie. Baie jagters het reeds vooruit vir Augustus bespreek en deposito’s betaal, en die wildboere verloor dit nou,” sê Kamfer.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, het verlede Donderdag gedurende ʼn virtuele mediakonferensie nuwe regulasies vir die toerismesektor aangekondig. Dit sluit onder meer in dat Suid-Afrikaners ewenwel nou weer vir ontspanningsdoeleindes hul huise mag verlaat en by gastehuise en hotelle oorbly mits dit in hul betrokke provinsie gebeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anel ·

Eintlik kan hulle die nuwe regulasies druk waar die son nie skyn nie. My man en seun gaan elke jaar jag en dit laat hulke bietjie wegkom en ontspan, al skiet hulle niks. In ons provinsie is daar nie plek om te jag nie. Wat se vieus hulle kan optel as dit net hulle op daardie plaas is weet nugter. Die gevaar is groter in ‘n taxi. Hierdie regering is so behep om die hele ekonomie te vernietig, virus kan nie meer as enige verskoning gebruik word nue. Slegs hulle komunistiese idioligie.

Grassie ·

Ek hoop die regering gaan nou oorslaap in die Krugerwildtuin ook toelaat, maar ek dink nie so nie.

Anoniem ·

Bespreek slaapplek net buite die wildtuin, doen dagbesoeke, daar is baie plekke wat akkommodasie aanbied. Maak natuurlik net seker jou permit is in orde, jy gaan mos daar naby “werk”.

JohanR ·

Dit kom nou daarvan as 30 percenters reels op dink, en reels op maak….Ebrahim Patel, Lindiwe Zulu, Bheki Cele, NDZ, Cyril Ramaphosa, Fikile Mbalula ens ens en ens. Jy kan ‘n taxi huur met 30 mense in om jou Kruger Wildtuin toe te neem, maar jy kan nie daar oorslaap, en by die tyd dat die taxi jou weer by jou huis aflaai het jy Covid-19. Hoekom nie jou familie saam met wie jy al opgesluit is vir 4 maande in die kar sit, Kruger toe ry en by ‘n gaste huis oornag of oor naweek nie. By Kruger gaan julle nie dom wees….dra ‘n masker, was hande hou distansie. Dit is nou 30 percenters wat voorskryf aan 70 percenters!

Jaco ·

Het iemand al ooit die moed en wilskrag gehad om reguit vir die ANC-regering te sê dat driekwart van hulle inperkingsmaatreëls NIKS met die bekamping van corona te doen het nie, maar eintlik net om wit Suid-Afrikaners vas te vat.

Chris dupreez ·

Waar in Pretoria moet ek nou gaan jag en oorslaap. Tot n 6 jarige kind sal weet dat jy dit nie kan doen nie ,maar ons ministers dink so.

Gato ·

Die reels sê in dieselfde provinsie nie stad nie. Maar ja daar is nie baie wildplase in Gauteng nie.

marius ·

Alles wat malungus doen word geteiken . Die meesters het hulle goed voorgese wat om te doen dat hul gehate teenstanders vanself wegkwyn . Dis die waarheid .

Oomniklaassevriend ·

Is dit vir hulle onmoontlik om eers te dink en dan te doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.