“Jayde het spunk gehad en was ʼn go-getter. Enigiets wat sy besluit het om te doen, het gebeur,” het Cherise Swanepoel gesê. Volgens Swanepoel was Panayiotou ʼn petite vrou, maar ook baie vurig.
Panayiotou se liggaam is Woensdag omstreeks 10:00 in ʼn “afgeleë gebied” naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind, nadat sy vermoedelik Dinsdag buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park ontvoer is.
Panayiotou sou op 22 November 30 jaar oud geword het. “Moenie my goedheid vir swakheid aansien nie. Ek is gaaf met almal, maar as iemand onvriendelik teenoor my is, dan is swakheid een van die goed wat jy nie van my gaan onthou nie.” Dit was een van vele opmerkings wat Panayiotou op Facebook geplaas het.
Swanepoel het saam met Panayiotou grootgeword, saam met haar studeer en saam met haar klas gegee by Riebeek College Girls’ High School. Die twee vroue het ook weekliks beurte gemaak met saamrygeleenthede.
Swanepoel was Dinsdagoggend op pad om Panayiotou te gaan oplaai en het alarm gemaak toe haar vriendin nie daar was nie.
Panayiotou laat haar man, Christopher, haar ouers, Derick en Michelle Inngs, en suster, Toni, agter. Sy en Christopher het sedert hul universiteitsdae ʼn verhouding gehad en hulle is in Junie 2013 getroud.
Panayiotou het aan die begin van 2008 by Riebeek College begin klasgee. Sy het lewensoriëntering vir gr. 4 tot 7’s gegee en was een van die skool se beraders.
Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.
Almal sê iets – maar haar man niks………??
kry ‘n Lewe Theresa . . . . ! ! !
Theresa – wat wil Jy hê moet Haar Man sê . . . . ? ?
Ek stem saam met Theresa. Die familie/suster het belonings aangebied. Die familie het help soek. Maar nêrens ‘n teken van haar man nie. ‘n Vroee oggend, ‘n stil straat. Haar juwele en alle persoonlike besonderhede is nie gesteel nie. Is dit nie waarvoor hul ook so gegaan het as hul rerig iets van waarde wou gehad het nie. Sy was getroud. Sekerlik moet die aanvallers weet trouringe het waarde? Almal met wie ek praat ruik ‘n rot iewers… Alhoewel my hart uitgaan na haar familie…. En so mooi en so jonk en so onnodig!!!
Haar verloof en trou ring is gesteel….
Dalk is hy n privaat mens Theresa, nie almal hou daarvan om in die kollig te wees nie. Vermoed jy dalk dat hy iets daarmee te doen het met jou stelling? Andre, moenie aanval nie, lees tussen die lyne.
Baie mense dink so maar niemand wil iets se nie