Jiba, Mrwebi afgedank

Adv. Nomgcobo Jiba voor die kommissie van ondersoek wat gelei word deur afgetrede regter Yvonne Mokgoro. Foto: Oupa Mokoena/ANA

Die presidensie het Vrydag bevestig dat pres. Cyril Ramaphosa Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi die trekpas gegee het.

Dit kom nadat ʼn kommissie van ondersoek onder voorsitterskap van oudregter Yvonne Mokgoro bevind het dat Jiba, adjunkdirekteur van nasionale vervolging, en Mrwebi, spesiale direkteur van openbare vervolgings, albei deur Ramaphosa uit hul poste ontslaan moet word.

Die kommissie se bevindings, wat aan die begin van vandeesmaand aan Ramaphosa oorhandig is, het die afgelope week op verskeie mediaplatforms uitgelek, met die nuus dat Mokgoro verdoemende bevindings oor albei hooggeplaastes gemaak het.

Sy het bevind dat albei ongeskik is vir hul poste, dat hulle oneerlik is, dat hul integriteit bedenklik is en dat hul werk nie van die nodige vlakke van professionele etiek, deursigtigheid en verantwoordbaarheid getuig nie.

Adv. Lawrence Mrwebi, die geskorste spesiale direkteur van openbare vervolging, voor die Mokgoro-kommissie van ondersoek. Foto: Oupa Mokoena/ANA

In Mrwebi se geval was die kommissie spesifiek striemend oor sy rol in die uiters bedenklike terugtrek van klagte teen die voormalige hoof van misdaadintelligensie in die polisie, Richard Mdluli, wat ʼn voorste kornuit van oudpres. Jacob Zuma was.

Jiba, wat soos Mrwebi wyd beskou is as ʼn deurtrapte Zuma-ondersteuner, is ook deur die kommissie met die grond gelyk gemaak wat haar rol in die Mdluli-saak betref, waarin sy met Mrwebi saamgewerk het.

Sy is ook gekap in haar hantering van die Zuma-spioenasiebandesaak en die jarelange ongegronde vervolging van die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Johan Booysen. Booysen is daardeur verhoed om op te tree teen beweerde omvangryke korrupsie en ander misdadigheid in die provinsie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Phillip ·

Ek wens dit was so Marius maar ons almal weet hulle is afbetaal hier maar daar wag al lankal hoë poste vir hulle iewers.

honourable member ·

Die lot onbekwames sal maar weer op n ander plek aangestel word.

Felix ·

Maar as ek reg verstaan het Cyril tot op die laaste dag gewag van die tydperk waarbinne hy hulle moes afdank. In alle geval is daar nou paddas van die buurman se dam wat ook nou stadig deur Cyril gekook word.

Asmain ·

Cyril het eers opgetree nadat die verslag uitgelek het. As dit nie gebeur het nie sou hulle waarskynlik nooit ontslaan gewees het nie…

Anoniem ·

Wie het hulle in die eerste plek as geskik bevind en aangestel?

Lou ·

Zuma sal hulle seker aanstel daar by Nkandla. Ek vermoed hy kan twee “kreatiewe” advokate voltyds besig hou met al sy hofsake wat voorlê.

ne ·

Hulle moet van die rol geskraap word! More sit ons weer met die 2 in lekker poste vir hulle geskep deur anc.

Martin Dekker ·

Yes dit lekker om te sien dat hulle ook hulle dag kry!! Om gate vir ander te grawe as jy self korrupt is het en sal nooit werk nie!! Dink net aan die ”SALARISSE wat hulle ontvang het, terwyl jy nie die nodige ondervinding en kwalifikasies beskik of kwalifiseer nie!!

Dawn ·

Nope. Die nuutste nuus is die ANC wil Julius terug he. Hulle gaan saam smelt na die 8ste.

lh ·

Lekker man Lekker! Johan Booysen se dag het gekom. . . .
SALUUT Generaal! die wiel het gedraai

Asmain ·

Zuma het hulle aangestel, hulle beskik oor al die kwaliteite wat deur hom nagestreef word: oneerlik, korrup & ongekwalifiseerd vir die pos.

Hanna Hoekom ·

Dankie tog!! HOEKOM is hulle nie reeds aangkla nie? Dit skreeu steeds ten hemele!!!
Kan mos hierdie verslag oorhandig aan die saps en vervolging instel. Waarom moet Afriforum weer die strate skoonmaak?
Afriforum voltooi asb die funksie van bestuur vir ons gewone outjies

Hennie ·

Skuim van die aarde! Hulle verdien eintlik lewenslange tronkstraf!

Duncan Potgieter ·

Daar is mos reeds vir die twee korrupte Zuma kamerade, net soos JZ wat die wereld se mees korrupte president is, oranje overalls en boeie afgelewer. JZ se wiele het lank geneem om af te val, maar dit kry nou weekliks momentum na 9 jaar wat dit hom geneem het met sy korrupte ANC kaders om SA in die afgrond te bestuur. Neem solank JZ se mates vir sy oranje overall – sy dag kom vinnig nader.

Ellisras ·

Die onmoontlike het gebeur. Ek het nie geglo in my leeftyd nie. MAAR wat was die koste om tot hier te kom. Miljoene.

Foxi ·

WOW….WOW…..iets gebeur uiteindelik! Maar nou is daar n ander kwessie en vraag? Waar gaan hulle nou as ministers geplaas word? Kan nie wag om te sien!

Petro ·

Nerens.. Sy het klaar aansoek gedoen en Cyril het gesê nee….

Lee ·

En ons almal sê – …HALLELUJA …

Vat VYF Jacques Pauw !!
Jy het toe al die tyd net die waarheid gepubliseer.

Ek kan nie wag om skelm Ace se boek te begin lees nie ..

Hansie Slim ·

Die rand het 1% versterk. As dit die geval is kan die rand een van die dae 75c teen die US $ wees.

Ha ha ha ·

Ek dink Glynis Breytenbach se tone krul v plesier ! Ha ha lekker man lekker

Avra ·

Glynis, nou is jou kans om hul te dagvaar vir miljoene vir naamskending. Maak hul sakke en bankrekening leeg.

Dries du Toit ·

Hulle gaan n luilekker lewe van hier af vorentoe he. Skelms en korruptes gedy in hierdie land

Andre ·

So ‘n paar vrae: gaan hierdie twee beveel word om die miljoene der miljoene wat as salaris aan hulle betaal is, terug te betaal en gaan hul pensioene verbeurd verklaar word? Gaan hulle aangekla word? Gaan hulle van die rol geskrap word? Gaan die mense wie hulle aangestel het vervolg word? Ek dink die antwoord op al die vrae is ‘n eenvoudige “nee”.

Liezl ·

Cyril is nie pres Cyril nie, want hy is nie ingesweer as ons land se president nie. Hy is net waarnemend. Hy is slegs ANC se president. Is ek nou reg of verkeerd?

Doris Gouws ·

Dit is baie goeie ding dat Jiba die trek pas gekry het want sy het ook gedink die N.V.G. behoort aan haar want sake wat sy aandag aan moes gee is net gesluit.

Bietjie baie ·

Het Jiba gedink oor Johannes Buuysen se toekoms en familie? Nee. Sy het gedink hy is wit… En sy kan maar ander te -ná-kom want sy is n advokaat, untouchable

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.