Jiba, Mrwebi moet afgedank word, bevind kommissie

Adv. Nomgcobo Jiba voor die kommissie van ondersoek wat gelei word deur afgetrede regter Yvonne Mokgoro. Foto: Oupa Mokoena/ANA

Twee van die mees omstrede senior lede van die nasionale vervolgingsgesag, wat wyd blameer word vir hul beweerde rol om staatskaping te laat gedy deur die vervolging van korrupte individue te dwarsboom, is waarskynlik uiteindelik hul werk kwyt.

Adv. Nomgcobo Jiba, adjunkdirekteur van nasionale vervolging, en adv. Lawrence Mrwebi, spesiale direkteur van openbare vervolgings, moet albei deur pres. Cyril Ramaphosa uit hul poste ontslaan word, het ʼn kommissie van ondersoek onder voorsitterskap van oudregter Yvonne Mokgoro bevind.

Die kommissie se bevindings, wat aan die begin van vandeesmaand aan Ramaphosa oorhandig is, het vandag op verskeie mediaplatforms uitgelek, met die nuus dat Mokgoro verdoemende bevindings oor albei hooggeplaastes gemaak het.

Sy het bevind dat albei ongeskik is vir hul poste, dat hulle oneerlik is, dat hul integriteit bedenklik is en dat hul werk nie van die nodige vlakke van professionele etiek, deursigtigheid en verantwoordbaarheid getuig nie.

Adv. Lawrence Mrwebi, die geskorste spesiale direkteur van openbare vervolging, voor die Mokgoro-kommissie van ondersoek. Foto: Oupa Mokoena/ANA

In Mrwebi se geval was die kommissie spesifiek striemend oor sy rol in die uiters bedenklike terugtrek van klagte teen die voormalige hoof van misdaadintelligensie in die polisie, Richard Mdluli, wat ʼn voorste kornuit van oudpres. Jacob Zuma was.

Jiba, wat soos Mrwebi wyd beskou is as ʼn deurtrapte Zuma-ondersteuner, is ook deur die kommissie met die grond gelyk gemaak wat haar rol in die Mdluli-saak betref, waarin sy met Mrwebi saamgewerk het, maar ook in haar hantering van die Zuma-spioenasiebandesaak en die jarelange ongegronde vervolging van die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Johan Booysen. Booysen is daardeur verhoed om op te tree teen beweerde omvangryke korrupsie en ander misdadigheid in die provinsie.

Nog een van die Jiba/Mrwebi-duo se slagoffers was een van die land se voorste aanklaers, adv. Glynnis Breytenbach, wat weens hulle jare lank uit die stryd teen misdaad en korrupsie gehou is met eindelose leuenagtige aanklagte, aangevuur deur veral Jiba – aanklagte waarop sy onskuldig bevind is.

Breytenbach, wat nou ʼn DA-LP en die amptelike opposisie se woordvoerder oor justisie is, het die klaarblyklike bevindings oor Jiba en Mrwebi verwelkom as ʼn heuglike dag vir die nasionale vervolgingsgesag, en ʼn onderskrywing van die stryd wat soveel mense teen hul vrot invloed op die land se strafregstelsel gevoer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Tersia ·

ja en vir al die jare wat hulle daardie vet salarisse gekry het en so gelieg het. Al wat oorbly “PAY BACK THE MONEY”

Riaan ·

Ek sou die aanbeveling kon maak maande terug en sonder om miljoene rande belastinggeld te mors!
Maar in die nuwe SA is ons tog so vreeslik bewus van menseregte dat dit mens siek maak.
As hulle wit was, was hulle dadelik sonder die komitee en rompslomp afgedank, maar cr wil darem sy brood albei kante botter!
SA is SIEK!

wraggies ·

Hulle moet krimineel vervolg word itv die onthullings wat deur Agrizzi gemaak is by die Zondo kommissie.

Boerin ·

Ek stem saam..miljoene aan salarisse en miljoene om hulle uittekry!!! Tragies!

Maar dis lekker om te hoor hul doppie is eindelik geklink…hoop nou net dit vat nog maande om uittevoer nie !

Dereck Le Roux ·

Hulle moet afgedank word sonder voordele, nou kan die proses afgehandel word om hulle van die rol geskraap te kry en dan kan hulle hulself gaan inboek in die Sun City gevangenis in Johannesburg en hulle roeping uitleef as volwaardige tronk prokureurs.

Avra ·

Adv. Glynn is, nou is jou kans om te dagvaar vir naamskending. Trek hulle kaal uit. Al daardie miljoene wat hul gekry het.

ne ·

Dit hang van cr af. Hy moet hulle ontslaan. Wonder net of hy nie ook hand om die blaas is met die twee nie.

Cherokee ·

Hester en jy vra dieselfde vraag en dit dui daarop julle dink Ramaphosa is ‘n alleenheersende tipe van Idi Amin. Ramaphosa is ‘n staatsamptenaar en is ondergeskik aan opdragte vanuit die kabinet, al is hy die voorsitter daarvan.

Johan ·

Wat die kommisie bevind en wat eintlik gedoen word verskil hemelsbreed…..daar gaan soos met Zuma niks met hulle gebeur nie……hulle gaan seker as Ramaposa dalk besluit om hulle aftedank….apel aanteken to in 2030

Gert van Wierdapark ·

Nou gaan die 2 swerkaters seker Konstitusionele hof toe hardloop met Dali van die EFF wat dalkies hul saak sal vat – enige iets vir publisiteit. Albei moet aangekla word van regsverydeling, meineed ens ens. ens. “Good riddance” is om dit sagkens te stel!

Grysburger ·

Wonder watter hoogs besoldigde ANC geborgde poste wag vir die tweetjies? Hulle gaan seker nou “adviseurs” van een of ander minister word.

Hanna Hoekom ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid! Ook bekend as regstellende aksie. En dit nou twee advokate… Skandalig! Mag daar tog iets van hierdie saak kom. Ek hou maar nie asem op nie.

Sarel ·

Net na die verkiesing gaan julle bevorder word tot top posissies. So werk dit in die plek.

Jerry ·

Jiba en Mrwebi is verteenwoordigend van revolusionere denke en sal bloot deur twee nuwe revolusionere kaders vervang word. Die revolusioneres wat skuldig bevind word, word as slagoffers en martelaars voorgehou, terwyl hulle hul vervroegde aftredes geniet. Yvonne Mokgorro is duidelik nie deel van hierdie revolusionere faksie nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.