Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) het die farmaseutiese maatskappygroep Janssen se Johnson & Johnson-entstof geregistreer.
Die Johnson & Johnson-entstof is dus nou vir kommersiële gebruik in Suid-Afrika goedgekeur. Dít nadat die entstof vantevore slegs vir navorsingsdoeleindes goedgekeur is.
Die enkeldosis-entstof mag dus nou aan alle mense bo 18 jaar oud toegedien word vir die voorkoming van Covid-19.
Janssen beoog om sowat 30 miljoen dosisse van sy entstof, waarvan 2,8 miljoen dosisse gedurende die tweede kwartaal, aan Suid-Afrika te verskaf.
Dr. Boitumelo Semete-Makokotlela, uitvoerende hoof van Sahpra, het die registrasie van die entstof as ʼn belangrike stap in die stryd teen die Covid-19-pandemie bestempel.
Semete-Makokotlela het egter gesê die magtiging is onderhewig aan ʼn aantal voorwaardes wat insluit dat die entstof voorsien en toegedien word volgens die departement van gesondheid se entstofplan.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Watter entstof het gie desondheidswerkers dan ontvang.as daar al oor 200.000 gejova is.
Watter entstof word hier vervaardig,Pfeizer of Johnson en Johnson.?Watter een van die twee is die doeltreffenste?