Jong fietsryer sterf ná taxi hom glo tref

(Foto verskaf deur Emer-G-Med)

Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ’n jong fietsryer vandeesweek deur ’n minibustaxi op die N2-Suid naby Durban raakgery is.

Die 26-jarige fietsryer is op die toneel dood verklaar.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Dinsdag omstreeks 16:55 plaasgevind.

Volgens Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, het die minibustaxi die fietsryer glo in die noodbaan naby die EB Cloete-afrit getref.

Die bestuurder van die taxi is blykbaar nie in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Gwala sê die polisie in Sydenham ondersoek nog die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ovelia ·

Ja alweer n taci. Dis beslis moord nie manslag nie. Hoe kan die bestuurder ni inhegtenis geneem word nie? Is dit alweer apartheid of ras….

Jywilwat ·

Nog nie in hegtenis geneem nie?? Hy het ‘n mens doodgemaak. Wanneer gaan hulle ooit iets aan hierdie wetteloses op die paaie doen?

Persheks Adri ·

Dis moord! Hoekom is die taxibestuurder nie in hegtenis geneem nie? Flippen hel man

Rudolf ·

Is daar `n bloedtoets vir alkohol gedoen of is die drywer maar net laat gaan terwyl die polisie “ondersoek” ?

JohanR ·

Rerig…..die bestuurder van die taxi is blykbaar nie in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Soe hy is daar weg nadat die fietsryer dood is, ‘n ander taxi gaan haal en maar net aangegaan? En met die aangaan as nog ‘n ongeluk maak, en NOG mense id dood! Se ook maar net….HEL MAN!

Karlahari ·

As die ongeluk op die N2 gebeur het was dit op n snelweg. As ek korrek onthou word fiets ryers nie op n snelweg toegelaat as gevolg van die spoed en verkeers druk.
Maar….
Slegs nood voertuie word in die nood baan toegelaat. So in die geval het beide die wet oortree.

Wiehan ·

Sover ek weet is daardie gedeelte van die N2 ‘n snelweg. Die wet sê dat geen vote ganger, fietsryer of motorfiets onder 100 cc op ‘n snelweg mag wees nie. Jy mag ook net alleenlik stop wanneer dit ‘n nood geval is. Nou my vraag, wie is nou eitlik skuldig? Ek probeer nie die taxi beskerm nie, maar omdat baie Suid Afrikaners nie die padreëls gehoor saam nie, word enige ongeluk te vinnig veralgemeen. Onthou toe jy nog geleer het vir jou leering lisensie en lisensie. Weereens, kyk wat sê die wet. Verkeersbeamptes moet net die wet toe pas dan sal sulke dinge nie gebeur nie.

Tanniepetoors ·

Hokaai nou almal wat “moord” skree en wil weet hoekom die taxibestuurder nie dadelik in hegtenis geneem is nie. Van hoeveel gevalle van noodlottige ongelukke weet enigeen van julle waar iemand, behalwe as hy/sy ooglopend onder die invloed was, dadelik in hegtenis geneem is?

Vicky ·

Die N2 is ñ HOOFWEG. Dis teen die wet vir fiets ryers en voetgangers om op ñ nationale hoofweg te wees. Dis ñ resep vir ñ tragedie as jy jou kanse en lewe so wil waag. Taxi of nie.

Anoniem ·

Genade maar hul baljaar darem al te lekker, gee nie om hoeveel lewens hul neem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.