Jong ma, kleuter vermis

Luschka Zeeman Taljaard en haar seuntjie, Daniel, word sedert Donderdag vermis. (Foto: Facebook / Luschka Zeeman)

Die familie van ʼn jong ma en haar vierjarige seun van Hendrina in Mpumalanga is rasend van bekommernis nadat hulle Donderdagoggend spoorloos verdwyn het.

Luschka Taljaard (née Zeeman) se silwer Volkswagen Polo is later die middag verlate buite die KwaZamokuhle-township buite die dorp opgespoor. Dit is sowat ses kilometer van haar en haar man, Coetzee, en hul seuntjie, Daniel, se huis. Taljaard se selfoon is af en haar man en ouers het nog glad nie weer van haar gehoor nie.

Coetzee het Vrydag aan Maroela Media gesê dat sy vrou nog nooit hierdie pad (na die township) gery het nie en dat die township ook nie naby ʼn winkel is waarheen sy dalk sou gaan om inkopies te doen nie.

Hy weet ook nie van enige planne wat Taljaard vir die dag gehad het, of waarheen sy en Daniel op pad was nie.

“Ek haar 09:55 vir die laaste keer op die kameras by ons huis gesien.

Luschka Zeeman Taljaard en haar seuntjie, Daniel, word sedert Donderdag vermis. (Foto: Facebook / Luschka Zeeman)

“Daar was niks planne vir die dag nie. Ek vermoed sy was dalk winkel toe, maar ek weet nie.”

Coetzee sê die saak is reeds by die polisie aangemeld.

“Almal is besig om te soek. Van hier tot by Belfast en oral.

“Ek voel al redelik moedeloos, maar ons hou moed. Ons sal dit maak.”

Coetzee versoek dat enigeen met inligting oor waar sy vrou en kind kan wees hom by 079 713 4673 kontak.

“Ek gee nie om wat hulle soek nie, ek vra net dat iemand iets laat weet. Dis al wat ek vra.”

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gestuur en wag tans op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Koen ·

juls, jy moet beter plekke kry om na te gaan sodat jy nie gestenig word nie. Eijs, arme juls.

Misky ·

Ek glo, bid en vertrou dat hulle veilig gevind sal word. Asb Liewe Vader, hou hulle veilig in U Hand, Amen.

Koen ·

En indien nie, is dit u wil want u pluk die mooiste blomme – mos.

Pampoen ·

Dis duidelik tyd vir choppers en 48-uur reaksie span. Hulle moes al begin het.

Hennie Biebouw ·

Mens voel so half dat sy nie gevind wil word nie…

minniemuis ·

Ek hoor jou…..veral het haar op die huis kameras gesien….ken ook iemand wat heeldag dop gehou word van die werk af deur middel van die kameras

Brakkies ·

Township….. nuwe SA….. jammer om te se ma gaan hul lyke kry…… di nuwe DA goed haat mos ons blankes…… n siek generasie…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.