Jong man en vrou dood in huis gevind

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Die polisie ondersoek die omstandighede van die dood van ʼn jong man en vrou nadat hul liggame in ʼn huis in George in die Suid-Kaap gevind is.

Die 30-jarige man en 26-jarige vrou se liggame is in ʼn huis in Bergsig gevind nadat ʼn kollega van die vrou onraad vermoed het nadat sy nie vir werk opgedaag het nie.

Volgens sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, is die kollega omstreeks 09:00 Vrydagoggend na die huis waarna sy die nooddienste en polisie ontbied het.

“Polisiebeamptes moes ʼn venster breek om toegang tot die huis te kry. Die man en vrou se liggame is in ʼn kamer gevind en albei het skietwonde opgedoen. ʼn Pistool is ook op die toneel gevind.”

Die polisie ondersoek sake van moord en ʼn geregtelike doodsondersoek is begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Prikkie ·

Saak van moord teen oorlede mense waar die polisie die huis met geweld moet betree?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.