Jong man sterf ná tref-en-trap

Ruan Voges (Foto: Verskaf)

’n Jong man is Saterdag in ʼn hospitaal in Bloemfontein dood nadat hy die vorig aand deur ʼn voertuig in Parys in die Vrystaat raakgery is. Die voertuig het weggery sonder om te stop.

Ruan Voges (24) van Springs in Gauteng het die naweek by sy neef in Parys gekuier. Die twee wou Vrydagaand Breestraat te voet oorsteek, toe ’n vaal, kleinerige bakkie, wat moontlik ’n Bantam of Corsa kon wees, in hul rigting aangejaag gekom het.

“Die bakkie het my neef (Voges) getref en weggejaag,” vertel Salome Myburgh, Voges se niggie.

Voges is in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal in Parys geneem, waar hy eers gestabiliseer is. Hy is omstreeks 04:00 na die hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas.

Die dokters het beplan om later die oggend Voges se masjiene af te skakel. “Sy hart het ’n rukkie daarna ingegee,” vertel sy.

Myburgh sê Voges het ’n hart van goud gehad en het altyd ander mense eerste geplaas. “Hy het die aand van die ongeluk sy eie lewe in gevaar gestel om ons neef te beskerm. Hy het ons neef uit die pad gestamp, en dis tóé dat die bakkie hom tref.”

Voges se broer het Saterdag ’n beloning van R1 000 uitgeloof vir enigiemand wat inligting het oor die bestuurder van die bakkie.

Myburgh vertel ‘n privaat speurder het hulle intussen gekontak en sy dienste gratis aangebied om die skuldige vas te trek. Die saak is ook by die polisie in Parys aangemeld.

Voges se familie het Saterdagoggend versoek dat enigiemand wat die ongeluk gesien het of inligting het oor die bestuurder van die bakkie, die private speurder moet bel by 072 048 4226.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SomeOne ·

ai, so onnodig, sterkte aan almal betrokke
my gebede met julle

hoop die skuldige word gou opgespoor en ordentlik hard gestraf

Plaaskind ·

Sinnelose dood van ‘n pragtige jong man….Sterke aan sy geliefdes.

koos10 ·

Ek was ook al in Parys, as voetganger en bestuurder. Die my laaste keer daar was so ‘n jaar terug en was verstom oor die dorp se swak paaie en infrastruktuur, veral vir voetgangers. Die dorp se struktuur en visie is veral om besoekers en voetgangers te trek, maar voetoorgange en spoedwalle is totaal en al nie daar nie. My hart gaan uit na die jong man maar ook na die bestuurder van die voertuig. Ja, was miskien ‘n dop of wat sterk, maar in die hoofstraat met al die stalletjies, resturante en wikleltjies wat vir voetgangers bedoel is, hoort daar nie karre te ry nie. Baie sterkte aan die betrokkenes, en ek praat nie die bestuurder se optrede goed nie, verstaan my asb reg.

Charmain ·

Stem saam, ons was ook die naweek in Parys en ek het nogal opgemerk dat Breestraat in n wandelbaan omskep moet word – herlei die hoofpad om die dorp uit te sluit.

Agter die skerms..... ·

RIV Ruan, hulle moet die persoon kry wat j ou gestamp het. Jou lewe is weggevat in een sekond. Dis net baie hartseer.

marius ·

Dankie vir die onbaatsugtigheid van die privaat ondersoeker .

Chantel ·

Ai tog, dis bitter hartseer. Sterkte aan sy familie en vriende. Ek wil altyd aan hierdie motoris wat net weg jaag, vra ” hoe leef jy met jouself saam?” mens kan verstaan dat die ingewing van die oomblik jy in vlug-mode is, maar sjoe, daarna besef jy en gaan meld jouself aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.